Die vakante pos is in die skoolhoof bulletin geadverteer: Posnommer: Vol 1 van 2024/187Sluitingsdatum: 19 April 2024

Hokkieproewe
Na afloop van die eerste rondte hokkieproewe, het die volgende leerders na die volgende rondte proewe wat in Gherberha gaan plaasvind, deurgedring: o.14Deirdre Alberts o.16Kate-Lynn KrugerCara NelMienke Janse van RensburgMarlie NelAlicia Louw o.18Jani van der MerweZanri GroenewaldLisa Steynberg Ons hou duimvas! Foto: eerste hokkiespan tydens die eerste rondte proewe

Boogskiet
Soul Point Archery Club Die bussie het vroeg môre op 16 Maart 2023 na Jeffreysbaai vertrek, om betyds by die kompetisie te wees, wat by die Global Leadership Academy gehou is. Met die eerste rondte het die wind reeds baie sterk gewaai. Die vinnige optrede deur al die deelnemers, kon die baan se uitleg omgedraai word, sodat die skuts windaf kon skiet. Uitslae van die kompetisie Hoërskool afdeling: Dogters: Mikha Enslin Silwer 250/300 Seuns: John Read Silwer 272/300 Die tweede kompetisie is noodgedwonge afgelas, as gevolg van reën wat die verrigtinge onderbreek het. Foto’s: Mikha Enslin en Wian Lötter in...

Uithourit
Lehan de Beer (gr 10), het Saterdag 9 Maart 2024 aan die Colesberg Uithourit deelgeneem. Hulle het 06:00 die oggend vanaf die Chargo Merino Inn Hotel vertrek. Lehan het met sy perd, Gnu Gabbi, tweede in die Novice 40 km klaargemaak. Baie min perde het hierdie rit, sonder enige beserings, voltooi. Dit was ‘n baie moeilike roete, maar ten spyte daarvan het hulle dit voltooi en kan hy nou in April 2024 aan sy eerste 80 km uithourit te Oudtshoorn, deelneem. Ons is baie trots op jou, Lehan!

Hokkie
Die afgelope naweek het Hoër Volkskool se eerste hokkiespan aan die Tony Godding en Greg Beling hokkietoernooi te Oos-Londen deelgeneem. Daar was altesaam 40 deelnemende spanne van regoor die land. Die spelers het hard gewerk op die veld en hul deursettingsvermoë is getoets. Die uitslae van die vier wedstryde wat hulle gespeel het: Wen teen Lilyfontein School 6 – 1 Verloor teen Queenstown Girls High 0 – 4 Wen Hoërskool Krugersdorp 9 – 0 Speel gelyk teen Merrifield 1 -1 Foto 1: links na regs: Lua Bouwer, Anishka Luiters, Zanro Groenewald, Mienk Janse van Rensburg, Alicia Louw, Jani van der...

Tennis
Vier van Hoër Volkskool se tennisspelers het die naweek aan die Synergy Cup te Mosselbaai deelgeneem. Chenoa Jeffrey (gr en Pieter Nel (gr 9) het die Oos-Kaap (Elephants) o.15-span by hierdie toernooi verteenwoordig. Hulle span eindig algeheel vierde in die toernooi. Louwen Wolfaardt en Luan Hanekom, albei gr 10-leerders het in die Oos-Kaap (Elephants ) o.19-span gespeel. Hierdie span het baie goed gevaar en algeheel tweede in die kompetisie geëindig. Ongelukkig kon hulle as gevolg van reën, nie die laaste rondte van die kompetisie voltooi nie.

Leerlingraad
Maandag, 18 Maart 2024 het die leerlingraad van Hoër Volkskool, die jaarlikse skakeling met Union High School se leerlingraad, aangebied. Hierdie geleentheid word vir die leiers van die twee skole gereël, om mekaar beter te leer ken. HVS se leiers het UHS se leiers die stryd op die rolbalbaan aangesê. Lede van die Graaff-Reinet Rolbalklub het die jonges oor die spel van rolbal, probeer touwys maak. Jani van der Merwe, hoofmeisie van Volkskool, het genoem dat dit ‘n baie opwindende aand was en dat dit het al hul verwagtinge oortref. Die grootste les wat die leerders geleer het, is dat...

0.16 Hokkie
Die o.16A-hokkiespan van Hoër Volkskool, het die afgelope naweek aan die jaarlikse o.16 toernooi wat deur Hoërskool Pearson te Gqeberha aangebied is, deelgeneem. Die stad, bekend as ‘The Windy City’ het nie teleurgestel nie! Ten spyte van die sterk wind, het ons spelers hul passie en vasberadenheid op die veld gewys en die volgende goeie tellings behaal: Wen teen Westering: 1 – 0 Verloor teen Kingswood College: 0 – 1 Wen teen Hoërskool Nico Malan se o.16B-span: 5 – 0 Verloor teen Pearson se o.16B span: 0 – 3 Wen teen Hoërskool Nico Malan se o.16A span: 1 – 0...

Atletiek
Vincent Pienaar, het na sy indrukwekkende wen van die 100m seuns o.15-uitdun tydens die Oos-Kaap Atletiekbyeenkoms te Queenstown, ‘n silwer medalje in die 100m-finaal verower. Vincent is in die Oos-Kaap Atletiekspan ingesluit wat aan die SA Kampioenskappe vanaf 3 – 6 April in die Paarl gaan deelneem. Baie geluk Vincent.

Saddle Seat Ruiterkuns
Tiaan Fourie het vanaf 28 Februarie tot 2 Maart 2024 aan die Nasionale Ruiterkunsproewe te Riversdal deelgeneem. Die kompetisie het oor vier dae gestrek waar ruiters die eerste twee dae op hulle eie perde en daarna op vreemde perde deelgeneem het. Tiaan is vir die Senior Vyfgang Proteaspan gekies, wat later vanjaar aan die Saddle Seat Wêreldbeker te Parys, Suid-Afrika gaan deelneem. Baie geluk met hierdie puik prestasie, Tiaan.
