Swem Toekennings

Swem Toekennings

Die volgende leerders het toekennings ontvang vir hul bydrae tot die suksesvolle swemseisoen van Hoër Volkskool: Agter: Lara Vosloo, Lua Bouwer, Elné Viljoen, A.W. Lambrechts, Jan-Theo van Tonder, Hannes van der Merwe, Kian Keyser, Ruben van der Ahee en Mark Blom. Voor: Johan Viljoen, Anya Cornelius, Jani van der Merwe, Danel de Koker, Carla van Tonder, Anishka Luiters, Sarah van Eeden, Hestri Pearson en Monique Nell. Afwesig: Frederik de Klerk en Hugo Botha Baie geluk!

Tweekamp

Tweekamp

Hannes van der Merwe, gr 10-leerder van Hoër Volkskool, het die afgelope naweek aan die Suid Afrikaanse Tweekamp Kampioenskappe te Bloemfontein, deelgeneem. Hy het die Oostelike Provinsie in die o.17-afdeling deelgeneem. Die hardloop-afdeling het by die Mangaung-stadion plaasgevind en Hannes het die 800m in ‘n van 2:15 voltooi. Daarna was die swem-afdeling by die Mangaung Stadionswembad aangebied. Sy tyd vir die 100m was 1:10, wat ‘n persoonlike beste vir hom is. Hannes het algeheel 23ste uit 61 atlete in sy ouderdomsgroep geëindig. Baie geluk! Ons is trots op jou!

Hokkie

Hokkie

Vandag was die laaste dag van die jaarlikse Union High School Senior Hokkietoernooi. Hoër Volkskool het die besige naweek afgesluit en teen Victoria Girls gespeel. Ons het op ‘n hoogtepunt geëindig en 3-2 gewen. Doele is deur Zanri Groenewald, Anishka Luiters en Jani van der Merwe aangeteken. Die span het algeheel vyfde uit 17 spanne geëindig. Ons wil baie dankie sê aan Union High School en met die suksesvolle toernooi gelukwens. Dis elke jaar een van die hoogtepunte op ons hokkiekalender. Ons sien uit na volgende jaar!

Rugby

Rugby

Sondagaand het van die spelers wat aan die Klein Karoo Saadproduksierugbyweek by Landbouskool Oakdale, deelgeneem het, tydens ‘n prysuitdeling, vir hul goeie spel erkenning gekry. Zak Wolfaardt van HVS is as die nr. 7 (flank) vir die Klein Karoo Saadproduksie XV-span aangewys. Baie geluk, Zak. Volg die skakel vir meer inligting:

Swem

Swem

Kate-Lynn Kruger, graad 9-swemmer van Hoër Volkskool, het vanaf 21 tot 24 Maart 2024 aan die SA Vlak 3 “Regional Age Group Championships” swemgala deelgeneem. Die gala is by die Joan Harrison Swembad te Oos-Londen aangebied.Sy het medaljes in elkeen van die ses items waaraan sy deelgeneem het, verower. ‘n Uitstekende prestasie! Sy het ’n persoonlike beste in vyf items behaal.Kate-Lynn het die volgende medaljes verower: Baie geluk met hierdie pragtige prestasie, Kate-Lynn. Afrigter: Jp Seyffert van Destiny Swimming Academy.

Hokkie

Hokkie

Hoër Volkskool se eerste hokkiespan het vandag teen Hoërskool Framesby te staan gekom en gelykop 0-0 gespeel. Ons het later teen Langenhoven Gimnasium van Oudtshoorn gespeel en 2-0 gewen. Doele is deur Zanri Groenewald en Anishka Luiters aangeteken. Die span speel Sondagoggend om 09:00 teen Victoria Girls High op Union se veld. Baie geluk aan ons hokkiespan. Foto’s: Elise Steynberg

Hokkie

Hokkie

HVS se eerste hokkiespan neem die naweek aan die Union High Hockey Festival deel. Hul het vanoggend hul eerste wedstryd op Hoër Volkskool se astro hokkieveld teen Hoërskool Burgersdorp gespeel en wen die wedstryd 3-0. Doele is deur Marlie Nel, Shana-Leigh Lange en Deirdré Alberts aangeteken. Hul het hul tweede wedstryd teen DSG gespeel en het 0-1 verloor. Hul het vanmiddag teen Riebeeck Girls gespeel en die wedstryd 4-0 gewen. Die doele is deur Lua Bouwer 2, Deirdre Alberts 1 en Anishka Luiters 1 aangeteken. Ons hou styf duimvas vir more oggend se wedstryd teen Framesby!

Deelname tydens die vakansie

Deelname tydens die vakansie

Leerders wat tydens die vakansie aan sport deelneem: Atletiek: SA Kampioenskappe Vincent Pienaar, 3 – 6 April te Paarl Swem Vlak 3 Kate-Lynn Kruger, 21- 24 Maart te Oos-Londen Swem Vlak 2 Chris de Wet en Charl Conradie, 26 – 28 Maart te Oudtshoorn Tweekamp: SA Kampioenskap Hannes van der Merwe, 29 – 30 Maart te Bloemfontein Rugby: Eerstespan toer na Oakdale Hokkie Eerstespan neem aan die UHS Festival deel Baie sterkte met julle deelname en geniet die vakansie!