Woensdag 17 April het die SANBS Hoër Volkskool besoek en leerders het die geleentheid gehad om bloed te skenk. Altesaam 36 eenhede is geskenk by hierdie belangrike geleentheid.

Verbruikerstudie
Me. Sunet Gildenhuys en die HVS graad 12 Verbruikerstudieleerders, was baie bevoorreg om gister op ‘n uitstappie na Niblitz by Profcon Resort te gaan. Oud-Volksie, mev. Bethmaree Botha het vir hulle verduidelik en gedemonstreer hoe om met gelatien te werk en elke leerder kon help om lekker sjokolade mouse en ‘n kaaskoekie te maak en te versier. Die Graad 12’s het hulle gate uit geniet en elkeen kon met ‘n lekker bederfie huis toe gaan.HVS wil net baie dankie sê vir mev. Botha vir n heerlike oggend van leer en skep en kreatief wees!

HVS vs Westering Uitslae
Saterdagoggend het Hoër Volkskool se sportspanne baie vroeg vertrek vanuit Graaff-Reinet na Westering High te Gerberha. Die weersomstandighede was uitstekend vir goeie sport. Volkskool het baie goed gedoen op die dag. Die uitslae was as volg: Sportuitslae: Netbal 0.14A verloor 6 – 22 0.15A wen 20 -11 0.16A wen 19-10 1ste wen 24-15 Hokkie 0.16B wen 1-0 0.16A gelyk 2-2 1st gelyk 1-1 Rugby 0.14 verloor 7-14 0.15 verloor 3 -8 0.16 wen 18-8 2es wen 12 – 10 1es wen 36-12

Erekleure – Sport
Die volgende leerders het met hul top prestasies in somersporte uitstekend gevaar en hul erekleure verdien. Baie geluk met hierdie besondere prestasie!

Atletiek Spantoekennings
Die volgende atlete het spantoekennings ontvang vir hul deelname aan atletiek die afgelope seisoen: Danesio Matayi 0.15, Curtley Jacobs 0.17, A.W. Lamprechts 0.14, Christiaan Swiegers 0.15, Hannes van der Merwe 0.17, Pieter Nel 0.15, Tristan Lodewyk 0.14. Voor: Veruschka Meshilinie 0.14, Mikha Enslin 0.17, Mienke Janse van Rensburg 0.17,Jani van der Merwe 0.19 en Deidre Alberts 0.14. Afwesig: Daniel Erasmus 0.14, Curwin NIemand 0.17, Ben-Lee Jooste 0.17, Michayle Maarman 0.17 en Alicia Louw 0.15. Baie geluk!

Swem
Chris de Wet en Charl Conradie het aan die Suid-Afrikaanse Vlak 2-swemgala deelgeneem. Die gala is by die N.A. Smit swembad in Oudtshoorn aangebied.Chris het aan sewe items deelgeneem en in ses items ‘n persoonlike beste tyd behaal.Charl het ook aan sewe items deelgeneem en in ses items ‘n persoonlike beste tyd behaal.Charl wen die volgende medaljes:

Krultoekennings – Sport
Die volgende leerders het na afloop van die somerseisoen krul-toekennings ontvang vir hul onderskeie sportsoorte. Baie geluk!

Veldfiets wedren
Erik Swanepoel het die naweek van die 16de Maart 2024, aan die Rover Motorfietsklub se Enduro tweede rondte deelgeneem. Die rondte was baie vinnig, met n mengsel van los klippe, los grond en sand. Op sekere seksies was daar ‘n topspoed van 120-130 km/h gehaal en moes hy teen die hoë spoed met tye ‘n bult uitry en goed weet waar elke draai sit. Erik moes vier rondtes van ‘n 17km baan voltooi en sy vinnigste tyd per rondte was 20 minute en 43 sekondes. Erik het ‘n tweede plek in die hoërskool afdeling van die wedren verower. Baie geluk...

Atletiek
Vincent Pienaar het die afgelope vakansie aan die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe te Paarl deelgeneem. Hy het aan die 100m o.15-item deelgeneem en vyfde in sy uitdun geëindig. Sy tyd was 11:56 sekondes.Baie geluk Vincent!

Akademiese Top 10: Graad 8 – 12
Die volgende leerders het akademies presteer in die eerste kwartaal. Die volgende plekke is behaal: Graad 12 Freddie van der Mescht (nr 7), Stephan Vosloo (nr 9), Adriaan Blignaut (nr 1), Hubert Viljoen (nr 4) en Xander Keyser (nr 2).Voor: Anya Cornelius (nr 5), Deslaine Booysen (nr 3), Emma van Gent (nr 8), Chenique Koopman (nr 10) en Juan Stannard (nr 6). Graad 11 Agter: Layton Meshilinie (nr 10), Rikus Kleyn (nr 4), Michayle Maarman (nr 5), Chris de Wet (nr 2) en Joshua du Toit (nr 3). Voor:Janine Coetzer (nr 6), Roelof Liebenberg (nr 8), Carla van Tonder (nr 9), Saré Viljoen...
