Vroeg Saterdagoggend, 27 April, het Hoër Landbouskool Marlow in Graaff-Reinet aangekom om kragte te meet teen Hoër Volkskool. Die weersomstandighede was perfek en ‘n opgewondenheid het in die lug gehang. Die 0.14s het swaar gekry en verloor met ‘n telling van 5-50. Die 0.15s kon ook nie die mas opkom nie en verloor 3-43. Die 0.16s het aan die kortste ent getrek en verloor ook 3-43. Die tweedes het hul beste gelewer en eindig met ‘n telling van 5-43. Die eerste span het ‘n meer kompeterende wedstryd gespeel en verloor ongelukkig 20-31. Alhoewel dit ‘n moeilike dag was vir Volkskool...

Nederland Hokkie
Vroeër in die kwartaal het Hoër Volkskool se eerste hokkiepsan deelgeneem aand die Greg Beling hokkiefees in Oos-Londen. Tydens die toernooi het Tallies Agency, ‘n besigheid wat belowende hokkiespelers identifiseer, drie van HVS se hokkiespelers aangewys as belowende hokkiespelers. Zandri Groenwald (0.18), Lisa Steynberg (0.18) en Alecia Louw (0.16) is gekies as spelers as deel van ‘n uitnodigingspan wat later die jaar na Nederland vertrek op ‘n hokkietoer. Baie geluk! Foto: Zanri Groenewald, Lisa Steynberg en Alecia Louw.

ATKV Karoo Toneelfees
Hoër Volkskool Graaff-Reinet het 13 April aan die ATKV Karoo Interskole Toneelfees in Victoria-Wes deelgeneem. Die groep is groot lof toegesing deur die uiters bekwame beoordelaars. Verder is ook genoem dat die afronding van die stuk prysenswaardig is. Darion Jooste ontvang die toekenning vir Beste Manlike Akteur. Ons is voorwaar trots op ons skool se toneelgroeppe en vertrou dat daar nog vir jare wat kom, met hulle rekening gehou sal moet word, nie net in die Karoo nie, maar landswyd. Hou die skool se drama dop vir verdere optredes.

Gholf
Johndre Ludick (17), ‘n talentvolle jong gholfspeler van Hoër Volkskool, het onlangs aan twee toernooie deelgeneem. By die 2024 Nomads SA seuns o. 19-slagspel-kampioenskap wat van 25 tot 29 Maart in Benoni gehou is, het hy ‘n vyfde plek behaal. Van 12 – 14 April het hy aan die 2024 First Capital Bank Zimbabwe Junior Ope by die Borrowdale Brooke-gholfklub in Harare deelgeneem. Dit was die eerste keer wat hy aan hierdie kompetisie deelgeneem het, en hy behaal ‘n algehele tweede plek! ‘n Groep van 12 juniors van die GolfRSA National Squad en die Suid-Afrikaanse Gholfontwikkelingsraad (SAGDB) het aan hierdie...

Hoërskool Despatch Uitslae
Die afgelope naweek het Hoër Volkskool kragte gemeet teen Hoërskool Despatch. dit was ‘n lekker dag met gemengde uitslae: Die netbal het bietjie swaar gekry maar dit was ‘n goeie leerskool vir die meisies. die spanne het hul harte uitgespeel en nooit gaan lê nie. Die hokkie het ‘n goeie dag beleef, met die volgende tellings:o.16A wen 7-1die eerste span wen 9-1. Die rugby het ook baie goed gedoen en die volgende tellings behaal:Eerstespan wen 38-10Tweedes verloor 19-380.16 wen 41- 260.15 verloor 17-240.14 wen 48-8

Onderwêreld
‘n Wonderlike geleentheid het ons gr 12’s te beurt geval. Die matrieks het Maandag, 22 April, ‘n opvoering in ons eie skoolsaal gekyk wat handel oor een van hul voorgeskrewe boeke vir die matriekeindeksamen. Die verhoog is betree deur bekende persoonlikhede soos Francois Lensley (hy was lank te sien as Marko van 7e laan, meer onlangs as Dr. Henry in Binnelanders) en Maryke Coetser, beter bekend as Marijke in Getroud met Rugby. Die matrieks glo dat hierdie geleentheid hul gehelp het om beter voor te berei vir die eksamen.



Gholf
Johndre Ludick, ‘n matriek leerder aan Hoër Volkskool, het algeheel vyfde in die 2024 Nomads SA Boys u.19 Stroke Play Championships geëindig. Hierdie kompetisie was in Benoni aangebied. Baie geluk Johndre!

Boogskiet
Op Saterdag 13 April, het Hoër Volkskool se skuts aan twee kompetisies deelgeneem. Die Volkskool Ope en die Graaff-Reinet Ope kompetisie was in die saal by die Botaniese sportgronde aangebied en hoërskool-, laerskool- en volwasse skuts het deelgeneem. Uiteraard was die weer nie ‘n faktor nie. In die Volkskool Ope het John Read 50 behaal. Uitslae van die Volkskool Ope:Hoërskole afdeling:Seuns:Goud: John Read, Hoër Volkskool, 278 AAG (Adult Archery Group)Dames:Goud: Carol Cronje, Hoër Volkskool, 281 Topskuts: Carol Cronje met 281 punte Uitslae van die Graaff-Reinet Ope:Hoërskole afdeling:Dogters:Silwer: Danel de Koker, Hoër Volkskool, 257 9×10Brons: Iva Hendrikse, Hoër Volkskool, 257 7×10Seuns:Goud:...
