Rugby

Rugby

Curtley Jacobs (o.16), Jan-Theo van Tonder (o.18), Hannes van der Merwe, (o.16), AJ de Jager (o.18) en Pieter van der Merwe (o.18), is gekies om aan die finale rondte OP rugbyproewe deel te neem. Die proewe vind by Daniel Pienaar Tegniese Hoërskool te Kariega, as deel van die Meyer Sauerman Toernooi plaas. Baie geluk met jul insluiting tot hier en baie sterkte met julle deelname. Foto: Curtley Jacobs, Jan-Theo van Tonder, mnr. Neil Schreuder, Hannes van der Merwe, AJ de Jager en Pieter van der Merwe

Sportuitslae

Sportuitslae

Die afgelope naweek het Hoër Volkskool hokkie teen Hoërskool Framesby op ons tuisveld gespeel. Die kompetisie was baie straf en ons hokkiepelers het ‘n baie goeie geveg opgesit. Die tellings is nie ‘n weerspieling van die tipe hokkie wat op die dag gespeel is nie. Die o.16B-span verloor 0 – 2, die o.16A span verloor 1 – 2. Die eerstespan se hele wedstryd was die telling 0 -0 en dit is eers in die laaste minute dat Framesby daarin kon slaag om ‘n doel te skiet en die wedstryd 0 – 1 wen. Die rugbyspanne het ook goed gespeel teen...

Bokkieweek

Bokkieweek

Armand Nell, AW Lamprechts, Arno Slabbert en Cobus Viljoen (foto), is verkies tot die AVS Griekwaspan wat aan die jaarlikse Bokkieweek gaan deelneem. Hierdie kranige 0.14 rugbyspelers van Hoër Volkskool, neem deel aan die dertigste vieringe van hierdie toernooi. Die toernooi skop 24 Junie 2024 af en duur tot en met 28 Junie 2024, in Kroonstad. Baie sterkte aan hierdie spelers!

Netbal

Netbal

Jamie-Lee Gerber het deurgedring tot die laaste rondte netbalproewe. Sy is tans deel van die Sarah Baartman span. Die proewe vind die naweek plaas te Hoërskool Hangklip in Queenstown. Baie sterkte vir die laaste rondte en baie geluk met jou prestasie sover!

Bloemfontein Skou

Bloemfontein Skou

Tydens die Suid Afrikaanse Nasionale Saalperd Kampioenskappe by Bloemfontein Skou het 3 van Hoër Volkskool se leerders baie goed presteer. Dit is die grootste Ope Lug skou ter wêreld. Hul uitslae is as volg: Tiaan Fourie eindig 8ste in 3 Gang Natuurlike Maanhare en Stert Ruiters 18 jaar en onder, en 4de in 3 Gang Parkperd Ruiters 18 jaar en onder. Marli Fourie word aangewys as die SA Kampioen 3 Gang Ruiterkuns vir Ruiters 14 jaar en onder, sy behaal ‘n 3de plek in 5 Gang Plesierperd Ruiterkuns vir Ruiters 14 jaar en onder. Sy eindig ook 3de in 3...

Hokkie uitblinkers

Hokkie uitblinkers

In 2024, soos in die verlede, het die Oostelike Provinsie hokkieproewe reeds in Februarie tydens die openingstoernooi begin en opgevolg met streekproewe vir o.16-spelers. Na afloop van die finale rondte proewe op 28 April is Alecia Louw (o.16A) en Deidre Alberts (o.14A) in die OP spanne ingesluit, vir deelname aan die Interprovinsiale Toernooie wat jaarliks in Julie plaasvind. Hoër Volkskool is trost op die besondere prestasie van hierdie twee talenvolle spelers en sien daarna uit om hul vordering in die toekoms met ‘n fyn oog dop te hou. Alle provinsiale spelers is uitgenooi na die prestasie toekenningseremonie wat op 5...

Landsdiensbestuur

Landsdiensbestuur

Landsdiens is ‘n groot baken op Hoër Volkskool se kultuurlys. Ons leerders doen baie goed in landsdiens en ons het al ‘n paar landsdieners gehad wat gekwalifiseer het vir nasionale kampe. Ons tak is baie gesond en ons nuwe bestuur is aangewys:Vlnr: Anya Cornelius, Darion Jooste, Chante Coetzee (onderwyseres), Jaydene Vaaltyn en Jani van der Merwe. Baie geluk! ons glo die jaar gaan weer ‘n siksesvolle jaar wees!

Opedag 13 Mei 2024

Opedag 13 Mei 2024

Maandag, 13 Mei 2024 om 10:00 bied Hoër Volkskool hul jaarlikse OPEDAG vir alle belangstellende graad 7-leerders aan.Ons is uniek, ons is trots Afrikaans en ons is in die platteland! Het u al die GOOGLE vorm voltooi? Volg asseblief die skakel en voltooi die vorm om u teenwoordigheid te bevestig. GOOGLE VORM Ons sien daarna uit om u by die Opedag te verwelkom. Onthou: die sluitingsdatum vir aansoeke om toelating vir 2025, is 30 Augustus 2024. Navrae: Hoër Volkskool Graaff-ReinetTel nr: 049-8910514E-pos: ontvangs@hvsgrt.org.za HVS: by ons is dit LEKKER vir almal! Laer Volkskool Graaff-Reinet

HVS Rugbyweek

HVS Rugbyweek

Die HVS Rugbyweek het skole vanuit verskeie streke die geleentheid gegee om teen mekaar mee te ding.Al die spanne het Woensdag, 1 Mei in Graaff-Reinet gearriveer en die week is afgeskop met ‘n verwelkomingseremonie. Hier is almal welkom geheet en bederf met egte Karoo gasvryheid. Die wedstryde het Donderdagoggend reeds om 8h afgeskop en dit het goed gegaan met Hoër Volkskool se twee spanne wat op die dag deelgeneem het. HVS se 0.16 span het oortuigend gewen teen die 0.16-span van St. Andrews van Bloemfontein. Die telling was 40 – 0. Die eerste span het later die middag uitgedraf teen...

Motorfiets Enduro

Motorfiets Enduro

Erik Swanepoel, graad 10-leerder aan Hoër Volkskool, het gedurende 27-28 April aan “Chasing Giants” te Katberg (naby Fort-Beaufort) deelgeneem. Hierdie was weereens een van daardie byeenkomste waar dit ‘n groot prestasie is om die wedren te voltooi. Erik het in die afdeling deelgeneem waar die roete as die moeilikste roete beskou word. Dit het behels dat deelnemers met ‘n GPS die roetes moet volg en goed navigeer, om dit suksesvol te voltooi. Die kompetisie het oor twee dae gestrek, waarvan dag een se afstand ongeveer 85km en dag twee se afstand 95km was. Die terrein was baie nat, met modderige...