AJ de Jager het die vakansie as lid van die Vrystaat se o.19-rugbyspan, by die Bokkieweek te Kroonstad, gespeel. Hy is as die beste agterspeler in die Vrystaatspan, aangewys.AJ het die naweek as lid van ‘n o.19 Bokkieweek Uitnodigingspan teen ‘n o.21-span gespeel. Hoewel hulle ‘n goeie wedstryd gepeel het, het hulle die wedstryd 37 – 22 verloor.AJ is ook vir die o.19A Bokkiespan, wat tydens die Septembervakansie na Romenië gaan toer, gekies.Baie geluk, AJ.


Graad 12
Die gr 12-leerders het gister hul jaarlikse boogskietkursus voltooi. Die leerders het dit baie geniet! ‘n Paar van die leerders het besef dat boogskiet glad nie vir hulle is nie, terwyl ander weer verskuilde talente ontdek het. Die laaste rondte was vir elkeen ‘n opsionele rondte en tog het elkeen die geleentheid aangegryp om net nog een keer te skiet. “Ons kan nog skiet!” was een van die leerders se reaksie toe hul een rondte klaar geskiet het.Baie dankie aan HVS se boogskietafrigter, mnr. Beyers Cronjé, dat hy sy tyd en kennis met ons klas van 2024 kom deel het....

ATKV
Marlie Nel is as afgevaardigde aangewys, om die ATKV se Kultuurkuier by te woon. Die kuier vind vanaf 9-11 Julie by die ATKV Buffelspoort, Rustenburg, plaas. Sy sal as takverteenwoordiger die kuier bywoon en daar sal hulle aan verskeie werkswinkels, wegbreekgroepe en gespreksessies deelneem.Die doel van die sessies is om planne te beraam, om transformasie binne gemeenskappe ‘n realiteit te maak.Baie sterkte Marlie! Ons kan nie wag om te hoor hoe dit gegaan het nie!

HVS stel nuwe hoof aan
Na ‘n tydperk van baie verwagting en lang afwagting is Hoër Volkskool se nuwe skoolhoof aangestel. Die skool was vir sowat 18 maande sonder ‘n permanente hoof nadat mnr. Theo Dörfling afgetree het.Me. Henriëtte Malan het die afgelope tyd as skoolhoof waargeneem en kan ons vandag met opgewondenheid aangekondig dat sy as HVS se nuwe skoolhoof aangestel is.Me. Malan is nie ‘n vreemdeling aan die skool nie. Sy het in April 1996 by Hoër Volkskool as ‘n jong nuwe juffrou aangesluit. In Julie 2015 is sy as Departementshoof aangestel. Deur die jare het sy bewys dat sy ‘n betroubare en...

Uithourit
Lehan de Beer, ‘n graad 10-leerder aan Hoër Volkskool, het Saterdag 1 Junie aan die Lormar Uithourit, in Middelburgdistrik deelgeneem. Hy het 80 km suksesvol met sy perd, GNU Gabbi, voltooi.Die baan was baie tegnies en het die ruiters en perde se energie en fiksheid getoets. Die uiters koue temperature het ook die voltooiing van die uithourit baie moeilik gemaak. Lehan se perd, het met die beste polsslag, die dag die rit voltooi.Hy moet nou nog een 80 km uithourit voltooi voordat hy kompeterend kan deelneem.Baie geluk, Lehan!

Gevegskuns
Sewe van Hoër Volkskool se leerders het die afgelope naweek aan die ISKA NMA OP Kampioenskappe deelgeneem. Hierdie gemengde gevegskunstoernooi het as provinsiale proewe vir die Nasionale toernooi wat later in die jaar plaasvind, gedien. Leerders het die volgende prestasies behaal:Leshandre Roman1 x silwer (MMA Light Fighting)Renaldo van der Westhuizen1 x goud (Points)1 x goud (Continuous Fighting)1 x silwer (High Kick)1 x brons (Stoei)Philip le Roux1 x brons (Points)Jean v Wyngaard1 x silwer (Stoei)Mikha Enslin1 x goud (Points)1 x silwer (Continuous Fighting)Reaglin Maarman1 x goud (Stoei)1 x silwer (High Kick)Gert Theron1 x silwer (Points)1 x silwer (Continuous Fighting)1 x silwer...

NG Kerk Uitreik
Die graad 12-klas van 2024 het op Dinsdag, 11 Junie hul eerste eksamen vir die jaar afgehandel. Die NG Kerk Graaff-Reinet, het elke graad 12-leerder met ‘n baie oulike kaartjie en ‘n soet dingetjie bederf, om die einde van die akademiese tyd af te sluit.Baie dankie vir hierdie bederf! Die matrieks se oëies het behoorlik geblink toe die pakkies hul verskyning maak!

Debat
Chris de Wet en Ilze Vorster, twee leerders van Hoër Volkskool, het gister na Durbanville vertrek. Hul neem vandag aan die semi-finale rondte van die ATKV Debatkompetisie, teen Hoërskool Outeniqua deel. Baie sterkte!!

Rugby
Na afgeloop van die naweek se Meyer Sauerman Rugbytoernooi wat in Kariega aangebied is, kondig Hoër Volkskool met trots aan dat Jan-Theo van Tonder, in die Oostelike Provinsie se 0.18 Cravenweekspan ingesluit is. Die span neem by Hoërskool Monument in Krugersdorp, vanaf 24 – 29 Junie 2024 deel. Baie geluk, Jan-Theo!
