Hoër Volkskool het op Donderdag 18 Julie, ‘n toneelaand gehou. Dit was ter voorbereiding vir die Logan Fees én die ATKV Tienertoneel, waaraan hulle eersdaags gaan deelneem.Victoria-Wes Gekombineerde Skool het die toneelaand saam met ons kom geniet. Hulle produksie, “Die dood van Marat”, is ook op die planke gebring.Hoër Volkskool se toneelgroep het 3 produksies, naamlik “En Dan”, “Skool in Afrikaans” en “Wag” opgevoer. Die lang ure se oefen kan duidelik gesien word met die Volksies se puik spel.Foto’s:(1) Ilzé Vorster, Mia Prinsloo en Jean van Wyngaard(2) Jean van Wyngaard(3) Temzynne Juries en Darion Jooste(4) Rikus Kleyn(5) Mia PrinslooRegisseur: Hester...

Interskole Rolbal
Die afskop van die 2024-Interskole het goed begin, toe Volkskool en Union High se onderwysers en ondersteuners aan die jaarlikse Interskole Rolbalkompetisie deelgeneem het.Vier spanlede per span het deelgeneem en die kompetisie is goed deur verskeie besighede, wat spanne ingeskryf het, ondersteun. Strawwe kompetisie, baie konsentrasie en ‘n lekker kuier na die wedstryd, het bygedra tot die heerlike interskole-gees, wat geheers het. Die eindtelling was 16 elk.Oud-Volksies Riaan Enslin, Lelani Grobler en hul spanmaats se spandrag het duidelik gewys vir wie hulle ondersteun!Baie dankie aan elke ouer, onderwyser en ondersteuner wat vir VOLKSKOOL deelgeneem het!Foto: Erna Enslin, Lelani Grobler, Riaan...

Sportuitslae
Die afgelope naweek het Hoër Volkskool na Somerset-Oos gereis en aan ‘n baie opwindende sportdag deelgeneem.Die hokkie het Vrydagmiddag gespeel en die uitslae was as volg:HVS o.16A-span speel teen Gill se eerste span en verloor ongelukkig die wedstryd 1 – 2. Die HVS o.16B-span speel teen Gill se tweede span en speel gelyk 0 elk.Saterdag was die netbal se jaarlikse Interskole geleentheid. Ons netbalspanne het baie goed gevaar. HVS was as die algehele wenner van die kompetisie aangewys en kon die skild huis toe bring. Die kompetisie vind sedert 2015 plaas en HVS was sedert die begin nog elke jaar...

Boogskiet
HVS se deelnemers moes Saterdagoggend, 13 Julie 2024 baie vroeg na Despatch vertrek, om betyds te wees vir hulle deelname aan die Kwagga Boogskietklub se kompetisie.Dit was ‘n windstildag en daar was geen weersomstandighede wat die skiet kon belemmer nie. Na ‘n week van stormsterk winde wat veroorsaak het dat die leerders nie kon oefen nie, was dit ‘n plesier om geen wind te beleef nie.Uitslae van kompetisie 1:Hoërskool-afdeling:Dogters:Danel de Koker: Silwer 274/300 (persoonlike beste)Mikha Enslin: Brons 263/300Seuns:Lehan de Beer: Goud 277/300Uitslae van kompetisie 2:Hoërskool-afdeling:Dogters:Danel de Koker: Silwer 274/300Mikha Enslin: Brons 262/300Seuns:John Read: Silwer 283/300 (persoonlike beste)John se telling was...

Toneelaand
Hoër Volkskool se talentvolle dramagroep bied op 18 Julie 2024 ‘n TONEELAAND aan.Kaartjies is by die skoolkantoor beskikbaar.

Sportuitslae
Die afgelope naweek het Volkskool, kragte teen Hoërskool Cradock op ons tuisgronde, gemeet. Hierdie is ‘n jarelange tradisie wat steeds met ‘n goeie gees op en lands die veld, plaasvind.Vrydagmiddag het Cradock se seuns hokkiespan na Graaff-Reinet gereis en ‘n wedstryd teen Volkskool se onderwysers gespeel. Die onderwysers het opgedaag en vir die beste gehoop. Ongelukkig was Cradock se span goed afgerig en het met uitmuntende spel as wenners uit die stryd getree. Die jong en fikse seuns het die wedstryd gemaklik 5 – 1, gewen. Die wedstryd het vir baie pret gesorg. Volkskool se onderwysers daag die Cradock hokkiespan...

Akademiese Top 10
TWEEDE KWARTAAL
Baie geluk aan ons AKADEMIESE TOP 10 presteerders.
Bou voort op julle goeie prestasies van verlede kwartaal.

Rugby
AJ de Jager het die vakansie as lid van die Vrystaat se o.19-rugbyspan, by die Bokkieweek te Kroonstad, gespeel. Hy is as die beste agterspeler in die Vrystaatspan, aangewys.AJ het die naweek as lid van ‘n o.19 Bokkieweek Uitnodigingspan teen ‘n o.21-span gespeel. Hoewel hulle ‘n goeie wedstryd gepeel het, het hulle die wedstryd 37 – 22 verloor.AJ is ook vir die o.19A Bokkiespan, wat tydens die Septembervakansie na Romenië gaan toer, gekies.Baie geluk, AJ.


Graad 12
Die gr 12-leerders het gister hul jaarlikse boogskietkursus voltooi. Die leerders het dit baie geniet! ‘n Paar van die leerders het besef dat boogskiet glad nie vir hulle is nie, terwyl ander weer verskuilde talente ontdek het. Die laaste rondte was vir elkeen ‘n opsionele rondte en tog het elkeen die geleentheid aangegryp om net nog een keer te skiet. “Ons kan nog skiet!” was een van die leerders se reaksie toe hul een rondte klaar geskiet het.Baie dankie aan HVS se boogskietafrigter, mnr. Beyers Cronjé, dat hy sy tyd en kennis met ons klas van 2024 kom deel het....
