HVS seëvier by PodiumPret finaal in Paarl

HVS seëvier by PodiumPret finaal in Paarl

Hoër Volkskool was vanjaar in die bevoorregte posisie om vier sprekers in die landswye PodiumPret finaal te hê wat op Vrydag, 09 Augustus, by La Rochelle Hoër Meisieskool in die Paarl aangebied is. Dié sprekerskompetisie slyp deurlopend aan die sprekers se vaardighede om krities en kreatief hul opinies in Afrikaans te redeneer, motiveer en oor te dra. Die kompetisie het verskeie kategorieë volgens die tipe toespraak wat gelewer word. Na afloop van aanlyn rondtes, is die finaal in kleur en geur in persoon aangebied en het Adriaan Blignaut (Gr.12), Mikha Enslin (Gr.10) en Mia Prinsloo (Gr.9) HVS en die Oos-Kaap...

ATKV Tienertoneel

ATKV Tienertoneel

Hoër Volkskool se twee toneelproduksies, “En Dan” en “Wag” het op 6 Augustus aan die ATKV tienertoneel in Port Elizabeth deelgeneem. Die Toneelstukke het die volgende uitslae behaal: En dan het ‘n Brons gekry.Die stelontwerp het ‘n Brons gekry.Beligting wat deur Jaydene Vaaltyn gedoen is het ‘n Brons gekry.Klank wat deur Anzel Kleynhans gedoen is het ‘n Brons gekry.Ensambele deur Temzynne Juries en Darion kry ‘n Brons.Temzynne Juries en Darion kry elk ‘n Brons.Rikus Kleyn kry ‘n Brons vir verhoogbestuurderHester Prinsloo kry ‘n Brons vir die Regie Die Toneelgroep Wag kry die volgende toekennings:Produksie kry ‘n SilwerVir kostuums kry Ilze...

Boogskiet

Boogskiet

HVS se boogskietspan het vroeg verlede Saterdagoggend vanaf Boknes se Voortrekkerk kampterrein na Bathurst skougronde vertrek, waar die OP Kampioenskappe aangebied is. Dit was die finale stap voor die verkiesing van die OP spanne vir die Nasionale Provinsiale kompetisie.Daar het 112 skuts van regoor die Oos-Kaap deelgeneem. Die eerste rondte was die bullseye rondte, wat in twee vlugte geskiet is en daarna was die 2D-kompetisie in twee vlugte afgehandel.Uitslag in die bullseye kompetisie is as volg:Hoërskole afdeling:John Read Silwer 269/300Die volgende Volkskool skuts is gekies vir die onderskeie OP spanne:Hoërskole A Span: John Read, Conrad Kleyn, Lehan de BeerHoërskole B...

Logan Toneelfees

Logan Toneelfees

Hoër Volkskool se toneelgroep, “Skool in Afrikaans” het op Woensdag 31 Julie, aan die Logan Toneelfees te Fraserburg deelgeneem. Dit was vir die spelers ‘n groot ervaring.Darion Jooste is geprys vir sy vertolking van Fiela se kind.

WOW Spelfees

WOW Spelfees

Die volgende leerlinge van Hoër Volkskool het na die volgende rondte van die Wow-Spelfees deurgedring. Die kompetisie vind op 15 Augustus by Graaff-Reinet Primêr plaas.Baie sterkte aan elkeen van die julle wat aan die spelfees deelneem.Foto:Agter: Veruschka Mesihilinie, Merlize Jaftha, Chandre Mali, Keisha FortuinVoor: Venique Meyer, Jaymee Barnard, Vochenique Meyer, Chaendre DamonsAfwesig: Janeske Bester en Hestri Pearson

Boogskiet

Boogskiet

Baie sterkte aan Hoër Volkskool se leerders wat vandag op Bathurst aan die OP Boogskietkampioenskap deelneem. Foto’s van Mikha Enslin en John Read tydens verlede week se oefening by HVS.

Sportuitslae – HVS vs DF Malherbe

Sportuitslae – HVS vs DF Malherbe

Die afgelope naweek het HVS se sportspanne vroeg Saterdagoggend na Gqerberha vertrek om teen DF Malherbe aan netbal, hokkie en rugby deel te neem. Die kompetisie was sterk, maar goeie sportmangees tussen die skole, was opmerklik sigbaar.Die uitslae is as volg:HokkieEerste span wen 2 – 0o.16A speel gelyk 0 – 0o.16B verloor 0 – 3 teen DF se o.14A span.Netbalo.14 verloor 11 – 17o.15 verloor 9 -21o.16B wen 12 – 9o.16A verloor 10 – 13Weens baie beserings en baie spelers nie kon deelneem nie, het die spanlede van die eerste span tot die einde van die wedstryd moedig bly veg...

WOW-Spelfees

WOW-Spelfees

Hoër Volkskool-leerlinge het Donderdag, 25 Julie 2024, aan die WOW-Spelfees se Kringkompetisie deelgeneem.Hierdie leerders het elkeen ‘n medalje ontvang. Foto vlnr: Graad 9: Janéske Bester, derde plekGraad 8: Hestri Pearson, derde plekGraad 10: Venique Meyer, tweede plek Baie geluk!