Laer Volkskool Graaff-ReinetHier is die geleentheid vir ‘n dinamies en toegewyde individu om deel te word van ‘n top Afrikaanse, plattelandse laerskool in Graaff-Reinet.Navrae: Laer VolkskoolE-pos: hoof@laervolkskool.org

Huis Cronje
Elke projek wat aangepak en voltooi word, bring sy eie trots mee. Onlangs was Huis Cronjé aan die beurt en spog die koshuis met pragtige nuwe badkamers.Dit is alom bekend dat Volkskool se koshuise goeie verblyf gedurende die week bied en dat die leerders gelukkig is en die koshuislewe baie geniet.Die koshuiskomitee se voorsitter, Hendrik Wolfaardt is self ‘n oud-Volksie en oud-inwoner van Huis Cronjé. Hy noem dat dat die koshuis jaarliks ‘n projek aanpak en elke projek wat suksesvol afgehandel word, is beslis groei in die regtig rigting.As jy op soek is na die beste Afrikaans-medium skool en koshuis...

Skaak
Michayle Maarman het die afgelope naweek in Queenstown aan die OP se skaakproewe deelgeneem. Hy het Hoër Volkskool, asook die Sarah Baartman distrik verteenwoordig.Michayle het baie goed gevaar en baie van sy wedstryde gewen, maar het ongelukkig nie die OP-span gehaal nie. Dit is al reeds ‘n baie groot prestasie om tot by hierdie rondte te vorder.Baie geluk Michayle!

Camdeboo Eisteddfod Uitslae
Musiek Drie van Hoër Volkskool se musiekante het aan die Camdeboo Eisteddfod deelgeneem. Ons leerder het hul uitstekend van hul taak gekwyt!Uitslae is as volg:Alice du Toit doen twee stukke in die senior klavieruitvoeringafdeling. Vir Moment Musical deur Schubert (romanties), behaal sy ‘n goue toekenning en vir Velocity deur F. Burgmuller (klassiek), behaal sy cum laude.Rikus Kleyn neem ook aan die senior klavieruitvoeringafdeling deel en behaal ‘n cum laude toekenning vir sy stuk, Sonatina in G (Sonata). Hy het ook die beoordelaars met sy stem betower en sing die bekende lied van Appel, Kom lê my neer. Hiervoor behaal hy...

Wow Spelfees
Jaymee Barnard het tydens die WOW-spelfees se distrikskompetisie ‘n tweede plek in die graad 9-afdeling verower. Baie geluk, Jaymee!Die volgende leerlinge het na die OP-rondte wat op 31 Augustus 2024 te Gerberqha plaasvind, deurgedring. Hulle is:Agter: Jaymee Barnard, Chandre Mali, Merlise Japhta en Veruschka Meshiline.Voor: Vochenique Meyer, Chaendre Damons en Venique Meyer.Baie sterkte aan elkeen van julle!

GRT Superbal 30&31 Augustus
Op 30 & 31 Augustus bied ons die jaarlikse GRT SUPERBAL aan. Onthou om in te skryf vir die Superbal voor Saterdag 24 Augustus. Boek jou span https://docs.google.com/…/1FAIpQLSeczc0…/viewform Bring die kinders saam vir ‘n lekker fliek-aand Vrydag 30 Augustus. Kontak Hester vir enige navrae: Selnr. 0724659494. Besprekings:: https://forms.gle/P2BgEjpDr3g1sV5b9 Besoek gerus ons amptelike SUPERBAL facebookblad:


Graaff-Reinet Readers’ Choice Awards
Die afgelope vier maande het lesers van die Graaff-Reinet Advertiser die geleentheid gehad om vir die “2024 Best of Graaff-Reinet Readers’ Choice Awards” te stem.Hoër Volkskool is as die wenner van die kategorie beste hoërskool en Laer Volkskool Graaff-Reinet is as die kategoriewenner vir die beste laerskool in Graaff-Reinet aangewys. Weppie Preppie het die toekenning as die beste kleuterskool ontvang. Dit is hoe Volkskool beskryf word: In die hart van die Karoo, sal jy die volgende vind: Hoër Volkskool bied onder andere: Baie dankie aan die gemeenskap wat op hierdie manier aan Laer en Hoër Volkskool erkenning gee. Ons sal...


ATKV Beroepsaand
Op 15 Augustus het die ATKV-tak Spandaukop ‘n baie suksesvolle beroepsaand by Hoër Volkskool aangebied. Klaskamers is as stalletjies ingerig en dit is waar verskillende beroepsrigtings voorgestel is.Van die uitstallers het van ver af gekom om ons leerders in die Karoo te kom bedien. Hulle het ook baie moeite gedoen met hul stalletjies om die beroepe aantreklik voor te stel. HVS se eie mnr. Pieter Pienaar het ‘n praatjie oor onderwys as beroep gelewer.Die skool se ATKV Jeugtak, die Volksmond, was ook by die aand betrokke. Na afloop van die verrigtinge het die uitstallers en belangstellendes gesellig in die Volksie...
