Vyf van Hoër Volkskool se skuts is in die OP Boogskietspan opgeneem wat vanaf 25 tot 28 September 2024 aan die Nasionale Interprovinsiale Boogskietkompetisie te Kimberley deelneem.Baie sterkte met julle deelname!

Matriekafskeid
Matriekafskeid is ‘n hoogtepunt in elke matrikulant se skooljaar. Donderdagaand was geen uitsondering vir die matriekklas van 2024 nie.Die glansgeleentheid met die tema THE MET GALA was by Profcon aangebied. Paartjies met pragtige aandrokke en stylvolle pakke het deur die tuin op ‘n rooitapyt verby gestap, sodat toeskouers en ouers kon deel in hul spesiale dag.Geniet julle vakansie!Fotograaf: Matty van Rensburg Photography

Swem
Kate-Lynn Kruger het die afgelope naweek aan die derde A-liga swemgala te Port Elizabeth deelgeneem.Sy het persoonlike beste tye in 5 van die 6 items waaraan sy deelgeneem het, behaal.Kate-Lynn het die volgende plekke behaal:EERSTE50m rugslag,100m en 200m borsslagTWEEDE100m vryslag200m individuele wisselslagDERDE100m rugslagBaie geluk met hierdie goeie prestasies, Kate-Lynn.


Leerlingraad
Na afloop van die leerlingraadsverkiesing verlede week, het die nuwe senior leerlingraadslede ‘n leiers- en beplanningskamp bygewoon. Hierdie kamp het te Skietfontein, Somerset-Oos plaasgevind. Hul het vier dae in die vars karoolug spandeer en ‘n hele paar uitdagings as ‘n span voltooi en vrese oorwin! Die span het goeie herinneringe gemaak en baie van hulself en hul spanmaats geleer.

ATKV Uitreik
‘n Groep van Hoër Volkskool se ATKV-leerders het op 21 Augustus 2024 na GRAWS uitgereik en hondekos en kombersies geneem om ‘n helpende hand na ons nabye gemeenskap uit te strek. Dit was ‘n baie goeie ervaring vir almal en sommige leerders wil graag weer in die toekoms by GRAWS gaan hand by sit.

Wasserman Toernooi
Hoër Volkskool se tennisspelers het op 23 en 24 Augustus 2024 aan die Wasserman Toernooi te Middelburg deelgeneem. Twee spelers moes ongelukkig op kort kennisgewing weens erge griepsimptome onttrek, met die gevolg dat sommige spelers heelwat meer wedstryde moes speel.Beide Volkskool-spanne het in dubbelspel en gemengde dubbelspel wedstryde teen De Aar, Kingswood, Cradock, Middelburg en uiteindelik ook HVS A teen HVS B, deelgeneem.Die goeie sportmangees van Hoër Volkskool was opmerklik. Goeie houe en punte is met groot glimlagte en selfs ‘n danspassie of twee op die baan gevier. Ondersteuning en aanmoediging na ‘n onsuksesvolle terugspeelpoging is ook keer op keer...

Gevegkuns
Op 24 Augustus 2024 het die Raptors Martial Arts Klub in Graaff-Reinet hul jaarlikse gradering gehou.Die volgende deelnemers het gradeer na die volgende belt:Jean Ernest van Wyngaard – Oranje 2Mikha Enslin – Groen 1Reaglin Maarman – Groen 2Gert Theron – Oranje 2Leshandre – Roman Oranje 1Renaldo van der Westhuizen – Groen 1Phillip le Roux – Groen 1Baie geluk aan almal!FOTO: Leshandre Roman, Jean van Wyngaard, Mikha Enslin, Renaldo van der Westhuizen, Reaglin Maarman, Gert Theron en Phillip le Roux

Volkskool Duiwewedvlug Veiling
Op Vrydag 6 September 2024, bied die Oudskoliere en Vriende van Volkskool ‘n heerlike KUIER AAND met ‘n duiwewedvlug veiling aan.🪽Hoe werk die Volkskool Veiling?

Marilie Moolman Tennistoernooi
Hoër Volkskool het weereens die uitnodiging aanvaar om van 14 – 17 Augusuts 2024 in Cradock aan die hoogaangeskrewe Marilie Moolman Tennistoernooi deel te neem. Hierdie toernooi lok jaarliks die top skole van regoor die land. Hoër Volkskool het nie teruggestaan nie en die uitdaging aanvaar om hul beste tydens elke wedstryd te gee.Die loting het bepaal dat Volkskool in die eerste rondte teen Jim Fouche, Grey High School en Menlopark te staan kom. Twee van hierdie spanne wat uiteindelik die wenner en naaswenner.Dit is veral die goeie vertonings van ons twee top spelers, Louwen Wolfaardt en Rudolph-Hein van Eeden,...
