Raptors Martial Arts

Raptors Martial Arts

26 September het Raptors Martial Arts klub in Graaff-Reinet hul jaarlikse gradering gehou. Die volgende deelnemers het gradeer na die volgende belt: Renaldo van der Westhuizen – Geel Jean van Wyngaardt – Geel 2 Gert Theron – Geel 2 Reaglin Maarman – Oranje Mikha Enslin – Oranje. Reaglin en Mikha het van geel na oranje gespring omdat hul albei bo-gemiddeld goed presteer het. Baie geluk aan hulle! Foto: Voor: Reaglin Maarman, Jean van Wyngaardt, Mikha enslin. Agter: Renaldo van der Westhuizen en Gert Theron

A-Liga Swemgala

A-Liga Swemgala

Die naweek van 21 September het Chris de Wet en Kate-Lynn Kruger deelgeneem aan die A-Liga swemgala te Gqeberha. Albei het podiumplekke behaal en ‘n paar van hul persoonlike beste tye verbeter. Chris het gekwalifiseer vir die Suid-Afrikaanse Vlak 2 Swemgala 2024 en Kate-Lynn vir die Suid-Afrikaanse Vlak 3 Swemgala in 2024.

Eksamen wense

Eksamen wense

Die graad 12-leerders was na afloop van hulle eksamen gister, elkeen met ‘n heerlike kolwyntjie en ‘n spesiale eksamenboodskappie bederf. Tannie Ingrid Boshoff het namens NG Graaff-Reinet die kolwyntjies kom uitdeel. Baie dankie aan die NG Gemeente vir julle omgee en aanmoediging.

Dans

Dans

Kate-Lynn Kruger, ‘n graad 8-leerling aan Hoër Volkskool, het vanaf 21 tot 26 Augustus 2023 aan die Nelson Mandela Bay Dance Festival deelgeneem. Sy is ook lid van die Chinelle School of Dancing, te Graaff-Reinet. Hierdie jaar was dit die 42ste weergawe van die Nelson Mandela Bay Dance Festival en vir die afgelope 30 jaar was Chinelle School of Dance bevoorreg om daaraan deel te neem. Daar was meer as 1319 optredes van 23 dans ateljees uit die Oos-Kaap sowel as die Wes-Kaap. Die dansers was hierdie jaar deur die internasionale dans choreograaf, Desiree Green-Demianenko, beoordeel. Desiree het ‘n indrukwekkende...

Swem

Swem

Chris de Wet, ‘n graad 10-leerling van Hoër Volkskool, het die afgelope naweek aan die tweede A-Liga swemgala te Gqerberha deelgeneem. Hy het baie goed evaar en behaal drie podium-plekke. Derde plekke in die 50m en die 100m borsslag Tweede plek in die 200m borsslag. Chris eindig in die top 5 vir die volgende items: 50m en 100m vryslag asook die 200m individuele wisselslag. Chris het ook sy persoonlike beste tye in die 50m en 100m borsslag, die 100m vryslag en die 200m individuele wisselslag verbeter. Baie geluk! Ons is baie trots op jou! Afrigter: Jp Seyffert

7’s Rugby

7’s Rugby

Hoër Volkskool se rugbyspelers, Caleb Jantjies, Requelme Afrika en Curtley Jacobs, is na die laaste rondte proewe in die o.15 Sarah Baartman 7’s-rugbyspan ingesluit. Hulle gaan aan die ‘District Summer Games Championships’ 7’s-toernooi deelneem. Die toernooi vind op 9 September 2023 te Makhanda plaas. Baie sterkte aan julle! Foto vlnr: Caleb Jantjies, Requelme Afrika, Curtley Jacobs

7’s Rugby uitslae

7’s Rugby uitslae

Caleb Jantjies, Requelme Afrika en Curtley Jacobs is na die laaste rondte proewe in die 0.15 Sarah Baartman-span ingesluit vir 7’s rugby. Hul gaan aan die ‘District Summer Games Championships’ toernooi deelneem wat 9 September 2023 te Makhanda aangebied word. Baie sterkte aan julle!Foto vlnr: Caleb Jantjies, Requelme Afrika, Curtley Jacobs

Boogskiet

Boogskiet

Mathys Oberholzer, ‘n matriekleerling van Hoër Volkskool in Graaff-Reinet, het op 28 en 29 Julie uitstekend in die 2023 Afrika Genesis Boogskiet Wêreldkampioenskappe by die reservaat, Camp Discovery in Limpopo, gevaar. Mathys het in die junior afdeling vir die ouderdomsgroep 13 tot 18 jaar deelgeneem. Hy het in die driedimensionele teikenskietafdeling ‘n goue medalje en in die Bulls-Eye-afdeling ‘n silwer medalje verower. Om te kwalifiseer vir die Wêreldkampioenskap moes hy in die Nasionale Boogskietkompetisie ‘n podiumplek behaal. Suid-Afrika het ‘n algehele tweede plek behaal. Ander lande wat deel was van die kompetisie was Kanada, Botswana, Namibië en Zimbabwe. Kanada het...

Mej. Volkskool

Mej. Volkskool

Mej. Volkskool wenners, Sanet Grobler (Mej HVS), Temzynne Juries (1e prinses) en Jani van der Merwe (2e prinses) het as deel van hul prys, ‘n ete saam by die immergewilde Coldstream Restaurant gekry. Daar is vir elkeen ‘n ete geborg deur Hestie van der Mescht, eienaar van The Coldstream Restaurant. Die meisies het veral die steak met pannekoek baie geniet, maar die pasta was ook ‘n wenner. Nogmaals dankie vir hierdie borgskap, ons waardeer dit baie! Foto: Jani van der Merwe, Sanet Grobler en Temzynne Juries by Coldstream.