Karli van Rooyen, graad 8-leerling), gaan as lid van die Oos-Kaap Boogskietspan, gedurende die komende vakansie in Gauteng aan die Nasionale Kompetisie deelneem. Baie sterkte, Karli!

Camdeboo Eisteddfod
Heelwat van ons leerders het aan die Camdeboo Eisteddfod deelgeneem. Die Eisteddfod is die afgelope week deur ons buurskool, Union High School, aangebied.Baie geluk aan elke leerder wat deelgeneem het. Dit is nie altyd maklik om op die verhoog te gaan en voor mense op te tree nie, maar elkeen, hetsy met drama, dans, sang of voor die klavier, het jul uitstekend van jul taak gekwyt. Baie dankie aan elke afrigter vir die tyd en moeite wat aan elkeen van hierdie leerders bestee is om hul talente te kan ontgin en uit te leef. Ons waardeer julle!Die foto’s van ons...

Wasserman Tennistoernooi
Foto’s:Eerste span: Voor; Zanri Groenewald, Alecia Louw, Jani van der Merwe, Anya CorneliusAgter: Kian Keyser, Jan-Theo van Tonder, Rudolph-Hein van Eeden, Louwen Wolfaardt. Hoër Volkskool is deur twee spanne by die gewilde Wasserman Tennistoernooi wat deur Hoërskool Middelburg aangebied is, verteenwoordig. Spanne bestaan uit vier seuns en vier dogters wat in dubbelspel en gemengde dubbelspel wedstryde van agt potte elk, meeding.In albei afdelings eindig Volkskool derde. A-afdeling B-Afdeling

WOW – spelfees
Ses van Hoër Volkskool se leerlinge het Donderdag, 24 Augustus 2023 aan die Sanlam WOW-Spelfees deelgeneem. Dié kompetisie was die tweede rondte en het by Graaff-Reinet Primêr plaasgevind. Ons leerders het baie goed gevaar. Op die foto is die volgende leerlinge: Michayle Maarman (Algeheel eerste in die gr 10 afdeling) Chaendré Damons (deelname gr , Nahzira Hoogbaard (algeheel derde in gr , Keisia Holster (algeheel vierde in gr , Ilze Vorster (algeheel vierde in gr 9) en Emily-May Gradwell (algeheel vyfde in gr . Die volgende rondte vind te Gqeberha plaas. Ons wens hierdie leerders baie geluk met hierdie goeie...


Gimnastiek
Leoné Lategan het aan die Karoo Gimnastiek Winter Uitnodigingskompetisie wat by Laer Volkskool aangebied is, deelgeneem. Sy het ‘n algehele eerste plek in twee afdelings, naamlik die Vloerafdeling en die Vault-afdeling behaal. Sy behaal ‘n finale punt van 8.8 en het ‘n goue medalje vir hierdie prestasie by die kompetisie ontvang. Baie geluk, Leoné.

Marilie Moolman Toernooi
Op Donderdag 17 Augustus 2023, het Hoër Volkskool se top 6 seuns na Cradock vertrek om aan die gesogte Marilie Moolman Tennistoernooi deel te neem. Die dorp het behoorlik gewemel van talentvolle besoekers uit die uithoeke van die land – Pretoria, Kimberley, Bloemfontein, Stellenbosch en talle Oos-Kaapse skole. Hoër Volkskool was by verre die kleinste deelnemende skool, wat aantal seuns betref, maar het met die hart van ‘n leeu geveg vir elke punt. Die talle derde stel valbylpotte, getuig hiervan. Uitslae is as volg: Eerste rondte: Paarl Gimnasium 3/25 Pearson 2/25 Drostdy 18/9 Tweede rondte: Selborn 11/18 Stirling 16/11 Cradock...

Skeppende kuns
By HVS het die graad 8’s en 9’s vanoggend vir groot opgewondenheid gesorg. Hulle het vir Skeppende Kuns ‘n modeparade gehou. Elke groep moes ‘n onderneming uitbeeld deur herwinbare of afbreekbare materiale te gebruik. Aan talent en oorspronklikheid was daar geen gebrek nie.

Boogskiet
Die laaste boogskiet vir die jaar teen die ander skole en klubs van Oos-Kaap het op Saterdag 12 Augustus op die velde van Daniël Pienaar te Uitenhage plaasgevind.‘n Totaal van 82 skuts het in die Oos-Kaap Kampioenskappe vir ‘n plek in die Oos-Kaap span deelgeneem. Daar is in Bull’s Eye (BE) en 2D gekompeteer. Dit was nogal ‘n nuutjie om van 3D na 2D te verander, maar ook hier het die skuts bewys dat hulle hulle nie sommer so van stryk sou laat bring deur verandering nie. Medaljes vir die dag as volg:2D Laerskole meisies: Layla de Beer (brons)Laerskole seuns:...

Akademie Top 10 2de kwartaal
Baie geluk aan die leerders wat in die tweede kwartaal se TOP 10 vir akademie is. Bou voort op hierdie goeie prestasies.
