HVS se leerders wat studente van Raptors Martial Arts-klub is, het verlede naweek aan die O.P. Classic Kampioenskappe in Despatch deel geneem. 163 Studente van 8 verskillende klubs regoor die Oos-Kaap het hieraan deelgeneem. Hierdie leerders het groot sukses behaal en hulle harte uit baklei vir hierdie medaljes! Reaglin Maarman (5 Medaljes) * 2 silwer medaljes vir MMA light en Points fighting. * 3 goue medaljes vir continous fighting, grappeling en high kick met n hoogte van 2.2 m! Gert Theron * 2 silwer medaljes vir points fighting en MMA Light Jean van Wyngaard * 3 sliwer medaljes vir points...

Perdry
Twee van HVS se leerders het aan die SA Saalperd Kampioenskappe te Bloemfontein deelgeneem. Gaby Hall: 4de – 3gang kinderryperd vir junior ruiters 3de – SA Groot Kampioen 3gang kinderryperd vir junior ruiters Tiaan Fourie: 6de – Parkperd ruiters o.16 4de – 3gang ruiterkuns o.18 Tiaan het deurgedring tot die finale rondte van die 5gang Kampioen van Kampioene en vyfde geëindig. Hierdie is uitstekende prestasies wat hulle tydens die nasionale skou behaal het.

Rugby
Baie geluk, Jan Theo van Tonder met jou insluiting in die OP Akademiespan as agsteman. Jan Theo is ook as onderkaptein van die span aangewys.

Skaak
UHS was die gasheer van ‘n ligawedstryd waaraan Hoër Volkskool deelgeneem het. Sewe van HVS se eerste skaakspan, Jean Pierre Theron, Michaele Maarman, Layton Meshilinie, Bianca Swart, Michyle Mostert, Jeandre Theron en Lara Vosloo is in HVS se ligaspan ingesluit. Een van die kenmerke van ‘n goeie skaakspeler is goeie konsentrasie en genoeg geduld. Elke moontlike skuif moet goed beplan word en spelers moet strategies dink oor elke volgende skuif. UHS het die ligawedstryd 5 – 2 gewen. Sterkte met die volgende ligawedstryd!

Netbal
Hoër Volkskool het op Donderdag 25 Mei, hul eerste netbalwedstryd in die aand teen Spandau Sekondêre Skool gespeel.Dit was ‘n heerlike atmosfeer onder die ligte en die gees onder die spelers en ondersteuners was aansteeklik!Ons opregte dank aan elke ondersteuner! Ons sien uit daarna om nog vele aandwedstryde onder die ligte te speel!

Volkskool Springbokjag
Die jaarlikse springbokjag ten bate van Huis Cronjé, het verlede Vrydag plaasgevind. Terwyl mis op ‘n ‘n koel herfsoggend teen Spandaukop afrol, kon jagters met ‘n stomende koppie koffie in die hand hul beurt afwag om die plaas waar hulle gaan jag, te trek. Vier manne per span moet elk met twee bokke terug kom. Punte word volgens die skootplasings toegeken en daar is groot pryse op die spel. Ouers van Huis Cronjé het deurlopend gesorg dat heerlike etes bedien word en dat besoekers egte karoo gasvryheid kan beleef. Die sukses van so ‘n dag word grootliks bepaal deur borge...

“Amazing Race”
Die VCSV kom elke Woensdag om 18:00 bymekaar. Hulle het onlangs ‘n “amazing race” gehou waaraan die leerders deelgeneem het. Elke span moes ‘n naam kies en soveel as moontlik van die uitdagings binne ‘n uur suksesvol voltooi. Foto’s van elke uitdaging moes deurlopend aan me. Coetzee gestuur word en almal moes teen 18:55 by die skoolterrein terug wees. Uitdagings het onder andere die volgende ingesluit: • Vra ‘n winkeleienaar of jy hul vloer kan uitvee. • Stop ‘n voetganger in die dorp en vra of jy vir hom/haar kan bid. • Die hele span stap na UHS, kniel en...

Fotografieklub
Me. Hester Prinsloo, betrokke by HVS se kultuurafdeling en Matty van Rensburg Photography het kragte saamgespan en ‘n fotografieklub vir Volkskoolleerders begin. Matty bied weekliks ‘n leervolle les aan en leerders word stap vir stap die fyn kuns van fotografie geleer. Hulle het hul eerste foto’s tydens die opedag uitgestal. Ons is opgewonde om hul vordering dop te hou!

Volksmond
Srinivas Mishra het die wyse woorde eens gedeel:” As die omgewing gelukkig is, sal die gemeenskap meer vreugde ervaar en hulle bekommernisse sal ver voel.” Die ATKV-jeugtak, Volksmond, het 3 Mei die rommel langs die dam gaan optel om by te dra tot ons omgewing en gemeenskap se geluk. Dankie HVS Volksmondlede, vir julle omgee!

Hokkie
HVS vs Hoërskool Framesby Hoër Volkskool se eerste hokkiespan het verlede week teen Hoërskool Framesby deelgeneem en die wedstryd se eindtelling was twee elk. HVS se doele is deur Mienke Janse van Rensburg en Lua Bouwer aangeteken. Spelers van die wedstryd is Lynette Truter en Carla van Tonder. So trots op julle! Foto vlnr: Lua Bouwer, Tyneal Botha, Saré Viljoen, Alecia Louw, Anishka Luiters, Kieran Bruinders, Elaine van Rensburg, Mienke Janse van Rensburg, Lynette Truter, Jani van der Merwe, Carla van Tonder, Zanri Groenewald (kaptein), Lisa Steynberg
