HVS Golf

HVS Golf

Ons is baie trots op Hoër Volkskool se Johndre Ludick, wat tans agste op GolfRSA se o.17-ranglys is. Baie geluk, Johndre. Meer inligting: https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=6244759495599758&id=537908499618248&sfnsn=scwspwa&mibextid=VhDh1V

Akademie Top 10

Akademie Top 10

Akademie is een van die belangrikste boustene by Hoër Volkskool en word leerders aangemoedig om goed te presteer. Kwartaalliks word daar aan die Top 10 in elke klas erkenning gegee. Baie geluk aan die Top 10-leerders vir die eerste kwartaal van 2023.

Borge – Mnr & Mej Volkskool 2023

Borge – Mnr & Mej Volkskool 2023

Baie dankie aan ons borge vir Mnr. en Mej. Volkskool 2023! Sonder julle sou ons glad nie so ‘n glansgeleentheid kon aanbied nie. Ons borge het geskenke en geskenkbewyse as pryse vir die geleentheid gegee. Ons wil graag die volgende borge hartlik bedank: • La Amour de La Beauty • Schoonhuid • The Windmill Junction • Alchemy Skin and Beauty • Africology Spa • Elsona • Waterkrans • Skietfontein • Topside Meat • Annique velsorgprodukte • Avroy Shlain velsorgprodukte geskenkpak • Victorian Square Gastehuis • The Pilgrim’s Home Café • KFC geskenkbewyse • Maria’s Koffie • Graaff Reinet Hardeware •...

Sportprestasies

Sportprestasies

Die eerste kwartaal van 2023 was gekenmerk deur goeie prestasies op die sportveld. Leerders het erkenning gekry vir hul prestasies in atletiek, swem en tennis. Baie dankie vir julle toewyding aan Volkskool en baie geluk met die toekennings wat julle ontvang het!

Hokkie

Hokkie

Verlede jaar het die Hanekom-gesin vanaf Ceres na Graaff-Reinet verhuis en het Luan Hanekom sy skoolloopbaan by Hoër Volkskool begin. Luan is ‘n goeie hokkiespeler en het in Ceres hokkie gespeel. Hy het besluit om daarmee voort te gaan en is tans lid van die Karoo Hokkieklub. Luan het tydens die Aprilvakansie, as deel van ‘n gekombineerde span aan die ECHS-toernooi in Bloem deelgeneem en is gekies om in Oktober in Holland te gaan hokkie speel. Baie geluk, Luan en sterkte met jou voorbereiding vir die toer.

Opedag 15 Mei 2023

Opedag 15 Mei 2023

Dit het alles begin meer as ‘n eeu gelede…Sedert 1922 is Hoër Volkskool ‘n skool waar die omgewing geskep word vir Afrikaanssprekende leerders, ondersteun deur sterk Christelike lewenswaardes, om tot hulle volle potensiaal te ontwikkel.Kom kyk waarheen ons op pad is!Hiermee, word u dan hartlik uitgenooi om by ons te kom kuier op 15 Mei en sodoende ons die geleentheid te verskaf om u die gerusstelling te gee, dat jy ons met jou én óns kosbaarste besitting kan toevertrou, ons jeug. MAANDAG,  15  MEI  2023 Ons begin stiptelik om 12:00 RSVP teen 5 Mei Navrae:  volksies@hvsgrt.org.za / 0662447769 BYWONINGSVORM VIR RSVP Ons groot geheim...

Swem – SA Vlak 3

Swem – SA Vlak 3

Volkskool het nie teleurgestel by dié jaar se Vlak 3 swemkampioenskap in Kaapstad nie. Die dogters het 3 medaljes huis toe gebring en pragtige persoonlike beste tye opgestel. Hulle het na 12 finale deurgedring en die finale uitslae was as volg: Marlien Crewe-Brown 1ste – 100m borsslag 2de – 50m borsslag 4de – 200 IM 5de – 200m borsslag 5de – 50m vlinderslag 6de – 50m vryslag Zenicke van Schalkwyk 2de – 200m wisselslag 4de – 100m rugslag 4de – 200m rugslag 4de – 100m vryslag 5de – 200m vryslag 6de – 50m rugslag Beide swemmers word afgerig deur JP...

Rugby

Rugby

Dit was ‘n heerlike week in Riversdal waar ons eerste rugbyspan aan die Oakdale Sportweek deelgeneem het. Hoër Volkskool se span het baie goed gevaar. Vandag se wedstryd se telling: HVS 24 – 29 Bredasdorp. Baie dankie aan ons afrigters vir alles wat julle vir die span beteken. Ons ondersteuners en fotograaf Mia Van Eeden wat ver gery het om ons span te ondersteun, ons waardeer julle!

Mnr & Mej Volkskool

Mnr & Mej Volkskool

Tydens ‘n spoggeleentheid wat by Botanies aangebied was, het die finaliste die laaste geleentheid gehad om die beoordelaars te beïndruk. Die finale keuse van die beoordelaars was as volg: Mej. Volkskool: Sanet Grobler, Mnr Volkskool: Juan Stannard Eerste prinses: Temzynne Jurries Eerste prins: Jan-Theo van Tonder Tweede prinses: Jani van der Merwe Tweede prins: AJ de Jager Baie dankie aan elke finalis wat bygedra het tot die spoggeleentheid! Groepfoto: Jani van der Merwe, Temzynne Juries, Sanet Grobler, Juan Stannard, Jan-Theo van Tonder, AJ de Jager

Hokkie en Rugby

Hokkie en Rugby

Tydens die Union Sportweek het Hoër Volkskool se eerste hokkiespan vandag teen Langenhoven Gim gespeel en HVS het die wedstryd gewen. Alecia Louw het die doel aangeteken en Sare Viljoen is as speler van die wedstryd aangewys. Hoër Volkskool se eerste rugbyspan het vanoggend in Riversdal ‘n wedstryd teen Montagu gespeel. HVS het die wedstryd 25 – 13 gewen. Baie trots op beide spanne! Foto’s van die hokkiewedstryde geneem deur Xander Keyser is op hierdie skakel beskikbaar: https://photos.app.goo.gl/iweNXiDW2dE7eat17