Hokkie – OP hokkieproewe

Hokkie – OP hokkieproewe

Hoër Volkskool se hokkiespelers het aan OP hokkieproewe deelgeneem en die volgende spelers is gekies om aan die volgende rondte deel te neem: o.18: Zanri Groenewald o.16: Sare Viljoen en Cara Nel o.14: Alecia Louw Baie sterkte met julle voorbereidings vir die volgende proewe! FOTO: Sare, Zanri, Cara en Alecia

Boogskiet

Boogskiet

“Bull’s eye” afdeling Die bus met 14 skuts en ons afrigters het Saterdagoggend om 6:00 vertrek om in Jeffreysbaai by GLS (Global Leadership Academy) aan twee kompetisies, Soulpoint Ope en GLA ope deel te neem. In beide kompetisies is daar net in die “Bull’s Eye”-afdeling meegeding. Skuts van Alexandria, Despatch, Uitenhage, Jeffreysbaai en Graaff-Reinet was daar om die dag teen mekaar mee te ding. Volkskool se skuts het ons weer op en langs baan so trots gemaak met hulle gedrag, dissipline en prestasies. Die volgende medaljes is verower: Soulpoint Ope: Mikha Enslin (3e plek) Freddie van der Mescht (3e plek)...

Tennis – 0.15 IPT deelname

Tennis – 0.15 IPT deelname

Hoër Volkskool se talentvolle o.15 tennisspelers, Alecia Louw en Louwen Wolfaardt, bevind hulle tans in Pretoria waar hulle as lede van die Oos-Kaap 0.15 tennisspan aan die Nasionale Interprovinsiale Toernooi deelneem. Die toernooi het vroeg Sondagoggend 26 Maart 2023, afgeskop met die Oos-Kaap Tennisspan wat sommer met die eerste wedstryd van die toernooi hul stempel afgedruk het deur Gauteng Oos met ‘n oorwinning van 60 – 0 van die baan te vee! Teen 13:00 was hulle weer op die baan om ook vir Noord-Wes ‘n tennisles of twee te leer, hierdie keer met ‘n 50 – 10 oorwinning. Vanoggend is...

Mnr en Mej Volkskool 2023

Mnr en Mej Volkskool 2023

Baie geluk aan die Top 10-finaliste wat vir Mnr. & Mej. Volkskool 2023 gekies is. Kaartjies vir die spoggeleentheid is by Hoër Volkskool se kantoor te koop. Tema: Informele “Island Style” Datum: 30 Maart 2023 Plek: Hoër Volkskool Tyd: 18:00 vir 18:30

Aanlyn Jagveiling

Aanlyn Jagveiling

Die baie gewilde Volkskool Graaff-Reinet AANLYN JAGVEILING in samewerking met die Volkskool Oudskoliere en Volkskool se ondersteuningsgroep as gesamentlike fondsinsamelingsprojek vir Laer Volkskool Graaff-Reinet en Hoër Volkskool Graaff-Reinet, skop binne 10 dae af. Registreer by www.insamel.co.za en hou Volkskool Jagveiling 2023 se blad dop vir meer inligting oor die uitsonderlike pakkette wat opgeveil word. Navrae: Volkskool Oudskolierekantoor Tel nr.: 066 244 7769

Genade dade uitdaging

Genade dade uitdaging

Hoër Volkskool wil die fokus skuif van ‘n generasie wat die wêreld wil verander sodat elke individu gelukkiger kan wees, na ‘n generasie wat elke dag daarop ingestel is om geleenthede te soek waar ons ‘n positiewe verskil in die lewe van ons naaste kan maak en so kan een individu op ‘n slag ‘n groot verskil in die wêreld maak.Ons moedig ons leerders aan om na geleenthede te soek om goeie dade te doen.Ons daag hiermee ons medeskoliere in die gemeenskap en ander skole in ons land uit om saam met ons tot aksie oor te gaan. Hoe gaan...

Hokkie

Hokkie

Hoër Volkskool se eerste hokkiespan het die afgelope naweek aan die Greg Belling hokkietoernooi te Oos Londen deelgeneem. Hulle eerste wedstryd was teen Queenstown Girls High en HVS het die wedstryd 2 – 1 gewen. Alecia Louw het albei doele aangeteken en sy en Tyneal Botha is as spelers van die wedstryd aangewys. Saterdag het ons op Merrifield se pragtige blou astrobaan gespeel. Die dag het vroeg begin en hoewel HVS se span baie goed gespeel het was die groot skole se teenstanders net te sterk. HVS het teen Hudson Park, 7 – 1 verloor asook teen Cambridge 8 –...

Netbal

Netbal

Hoër Volkskool se eerste netbalspan, tesame met me. Henriette Malan en me. Estene Coetzee, het die voorreg gehad om op Dinsdag 21 Maart, ‘n afrigtingskliniek te Port Elizabeth by te woon. Daar is gefokus op vaardighede op die netbalbaan, verskeie oefeninge asook raad hoe om beserings te voorkom. Ons vertrou dat dit ‘n leersame kursus was en dat 2023 ‘n goeie netbalseisoen gaan wees.

Netbal

Netbal

Junielle Goliath het die afgelope naweek aan die Sarah Baartman netbalproewe te Nico Malan in Humansdorp, deelgeneem. Sy is gekies vir die Sarah Baartman netbalspan wat aan die Oos-Kaap proewe te Oos Londen gaan deelneem. Baie geluk met jou insluiting in die span en sterkte met die Oos-Kaap proewe.

Drama

Drama

Maandag met saalopening het ons met die 2023 dramaprogram afgeskop. ‘n Humoristiese stuk vol grappe, Romeo en Juliet in die hernamaals, is opgevoer. Karakters: Romeo: Darion Jooste Juliet: Temzynne Juries Vanjaar gaan die skool en Graaff-Reinet baie van ons dramagroep hoor en sien. Ons oefen hard aan ‘n groot produksie, SKUILPLAAS, onder leiding van me. Hester Prinsloo. Artikel: Darion Jooste