Daar is niks so lekker om ‘n skooldag bietjie kleur te gee soos sport of kultuur nie. Verlede Vrydag het die Volksmond (ATKV-jeugtak) dit goed gedink om Moedertaaldag met niks anders as ‘n danskompetisie te vier nie. Die Afrikaanse liedjies het beslis elke skolier se litte los gekry en verskeie skoliere het hulle danspassies ten toon gestel. Hannes en Jani van der Merwe was die vasdans-wenners, terwyl Curtley Jacobs koning onder die losdansers gekraai het.

Akademiese toekennings
Die volgende leerders ontvang erekleure vir hul harde werk en uitstekende prestasies behaal vir akademie tydens 2022: Jana Neethling (gr 11) Zenke Enslin (gr 11) Carli Kritzinger (gr 11) Xander Keyser (gr 10) Sophia Louw (gr 11) Anya Cornelius (gr 10) Baie geluk aan elkeen van julle. Mag julle in 2023 op hierdie goeie prestasies voortbou. Baie dankie aan HVS se onderwysers vir julle toewyding wat dit vir leerders makliker maak om so goed te presteer! Die volgende leerders behaal akademiese krultoekennings vir hul harde werk tydens 2022 se akademiese jaar: Chequin Koopman (gr 11) Cara Jansen (gr 11) Adriaan...

HVS Drieëdruk-aand
Die 2023-rugbyseisoen het gister op ‘n hoë noot afgeskop toe die o.14-, o.15- en o.16-rugbyspanne teen spanne van Asherville, Spandau en Union High School te staan gekom het. HVS se eerstespan het teen bogenoemde spanne asook Hoërskool Middelburg en Muir te staan gekom. Opwindende rugby was gespeel en nou is die ys gebreek vir die seisoen wat voorlê. Nie eers ‘n baie warm somersdag kon ‘n demper op die seuns se geesdrif plaas nie. Foto’s verskaf deur Xander Keyser Skakel na foto’s: https://volkskoolgraaff-reinet.pixieset.com/xandersefotos/ Pin: 3657 Pin: 4052

HVS Tennis
Verlede naweek het die eerste seunstennisspan, Hoër Volkskool by die Tjaart Vorster tennistoernooi in Cradock gaan verteenwoordig. Ons span het teen die spanne van groot skole soos Paul Roos, Bethlehem Voortrekkers en Stirling High School gespeel. HVS wen teen Hoër Landbouskool Oakdale en teen Hoërskool Cradock en het algeheel ‘n elfde plek in die toernooi behaal. Fotos van die toernooi is op die skakel beskikbaar: https://photos.app.goo.gl/WFjxEMpsqwBJnbst5 Foto vlnr: Luhan Hanekom, Kian Keyser, A.J. de Jager, Rudolph-Hein van Eeden, Pieter van der Merwe en Louwen Wolfaardt

Tennistoernooi
Hoër Volkskool se eerste meisies- en tweede seuns tennisspanne het aan die “Tennis-4-Jesus” Toernooi in Bredasdorp deelgeneem. HVS se spanne het teen groot skole soos Paarl Vallei, Dirkie Uys, Durbanville en Charlie Hofmeyer gespeel. Elke speler het hul beste gegee en op die einde was sportmansgees die wenner van die dag! Met sulke blootstelling doen spelers waardevolle ondervinding op. FOTO Agter: Pieter Nel, Xander Keyser, Victor Dercksen, Joshua du Toit en Zak Wolfaardt.Voor: Anya Cornelius, Alicia Louw, Zanri Groenewald, Lynette Truter en Jani van der Merwe

Karoo Swemgala Uitslae
Hoër Volkskool se swemmers het weereens tydens gister se Karoo swemgala uitgeblink en vir groot opwinding in baie van die items, veral die aflosse, gesorg. Uitslae van die punte is as volg: Laerskool Cradock: 18 Tuisskool: 49 Gill Kollege: 157 Laer Volkskool: 335 Union High School: 457 Victor Ludorm: Mateo Schoeman Victrix Ludorum: Taylor Jacobs Hoërskool Seuns: Hoërskool Cradock: 2 Gill Kollege: 28 Union High School: 94 Hoër Landbouskool Marlow: 96 Hoër Volkskool: 152 Hoërskool dogters: Gill Kollege: 38 Hoërskool Cradock: 68 Union High School 101 Hoër Volkskool: 160 Victrix Ludorum: Kate-Lynn Kruger (HVS) Victor Ludorum: Hennie Snyman (Marlow) Baie...

Sarah Baartman Netbalproewe
HVS se netbalspelers het verlede week aan die Beyers Naude Netbalproewe deelgeneem en die volgende spelers is gekies om aan die Sarah Baartman proewe deel te neem: Netbal o.14: Elné Viljoen en Izanne Pienaar Netbal o.15: Zenobia Homveld, Ilze Vorster, Elzahn Dinjana en Nicole Jacobs Netbal o.18: Junielle Goliath, o.17: Sanet Grobler, o.16: Jamie-Lee Gerber en o.18: Rominichia Stoffels Baie sterkte met julle voorbereiding vir die proewe wat eersdaags gehou word!

Die Volksie Mandjie-dans
Daar is geen beter manier om ‘n werksweek af te sluit as ‘n heerlike kuier by DIE VOLKSIE nie! Alle ouers, vriende en ondersteuners is welkom om saam te kuier. Kry nou jou kaartjie by Hoër Volkskool se kantoor vir slegs R10.00, pak vir jou ‘n lekker piekniekmandjie en kom kuier saam! As die inhoud van jou mandjie ‘n braaipak insluit, is jy ook welkom. Onthou jou gemaklike skoene want dans gaan ons dans! Datum: Vrydag, 3 Maart 2023 Tyd: 18:30 Ondersteun asseblief ons kontantkroeg.

HVS Tennisspelers in Provinsiale Spanne
Die volgende tennisspelers van Hoër Volkskool is in Oos-Kaap spanne opgeneem en gaan aan interprovinsiale toernooie deelneem: Zanri Groenewald: o.18 B-span Rudolph-Hein van Eeden o.15 B-span Louwen Wolfaardt: o.15 A-span Alicia Louw: o.15A-span Die A-spanne gaan in Pretoria meeding, terwyl die B-spanne in Grahamstad gaan speel. Ons wens jul baie sterkte toe!

Sarah Baartman Atletiekbyeenkoms
Sarah Baartman Atletiekbyeenkoms: Die volgende atlete het by die Sarah Baartman atletiekbyeenkoms in Port Elizabeth deelgeneem en het baie goed gevaar: Foto agter: Chanto Baartman: eerste: 800m seuns o.15 Ethan Japhta: derde: 400m seuns o.17 Jan-Theo van Tonder: tweede: hoogspring seuns o.17 Hannes van der Merwe: eerste: gewigstoot seuns o.15 en vierde: 200m seuns o.15 Curtley Jacobs: tweede: hoogspring seuns o.15 en eerste: spiesgooi seuns o.15 Foto Voor: Requelme Afrika: derde: 1 500m seuns o.15 Mikha Enslin: derde: verspring dogters o.15 Aidan Thiart: tweede: spiesgooi seuns o.15 Malandri Lombard: eerste: 100m en 200m dogters o.19 Zenke Enslin: derde: gewigstoot en...
