Verlede week was die graad 10-leerders op ‘n Lewensoriëntering uitstappie en het die Camdeboo Opvoedkundige Sentrum besoek. Hulle het van die verskillende Sanparke in Suid Afrika geleer. Die leerders is ook herinner dat ons na ons ekologie moet kyk om dit vir ons nageslag te bewaar. Baie dankie aan Camdeboo Nasionale Park vir die interessante lesing.

Universiteit van Stellenbosch besoek HVS
Oud-volksie Anthonie de Beer (matriek 2014) het vanoggend saam met ‘n groep nagraadse fisika studente van Stellenbosch Universteit Hoër Volkskool besoek. Hulle bied ‘n skooluitreikprogram gedurende die week van 5 September aan. Die groep word gesteun deur die professionele wetenskaplike liggame van Optica, SPIE en NITheCS om skole te besoek met die doel om belangstelling in die wetenskaplike STEM velde (Science, Technology, Engineering and Mathematics) te bevorder. Die uitreik word aangebied in die vorm van interaktiewe en prettige demonstrasies wat toepaslik is op die Fisiese Wetenskap skoolkurrikulum. Die demonstrasies is op graad 10 – 12 wetenskapsklasse gemik en dek verskeie...

Nommerpas Volksie 7’s Rugbytoernooi
Op Saterdag, 10 September bied Hoër Volkskool die NOMMERPAS Volksie 7’s Rugbytoernooi aan. Hierdie jaarlikse #TrotsVolkskool 7’s-toernooi word met trots geborg deur NOMMERPAS Graaff-Reinet. Ons verwelkom Saterdag die volgende skole: Asherville Secondary School Hoër Landbouskool Marlow Hoërskool Bergsig Hoërskool Grens Hoërskool Burgersdorp Aliwal Noord Hoërskool Spandau Secondary School Kom ondersteun Karoo-rugby op sy BESTE! Vir meer inligting kontak Jaco van Schalkwyk by 082 823 2431

Spanbou op Skietfontein
Uithou en aanhou terwyl ons leerlingraad moet kruip, klouter, klim en krete uitdink is deel van spanbou op Skietfontein. Tussen al die aktiwiteite deur moet hulle ook lesings bywoon. Die doel van die kamp is om HVS se leerlingraad toe te rus om as ‘n span saam te werk en oplossings vir probleme te vind. Hulle word toegerus om hul leierskap verder te ontwikkel ten einde suksesvolle jong leiers te wees. Baie sterkte met vandag se aktiwiteite!

Hoffman Voltameter
In dr. Paula Zandberg se Fisiese Wetenskapklas het Hoër Volkskool se graad 10-leerders vandag met ‘n Hoffman Voltameter kennis gemaak. Hulle het ‘n eksperiment gedoen om uit te vind hoe water in suurstof en waterstof geskei kan word. Hoër Volkskool – hier wil jy wees!

Nasionale Boomplantdag
Hoër Volkskool se Senior Leerlingraad het vandag, op Nasionale Boomplantdag, ‘n olyfboom geplant. Een van hulle projekte is die aanplant van ‘n Tuin van herinnering en die boom is in hierdie tuin geplant. Wanneer jy ‘n boom plant, plant jy dit vir ‘n volgende generasie. Net soos Lentedag ‘n nuwe groeiseisoen aankondig, betree Volkskool ‘n nuwe eeu, vol belofte van voorspoed, groei en volhoubaarheid!

Lewensoriëntering
Lewensoriëntering as vak is gemik op die ontwikkeling van leerders om hul te bemagtig om ‘n positiewe bydrae in die samelewing te kan lewer. Hier by Hoër Volkskool word die graad 12-leerders aan talle uitdagings blootgestel. Hulle het verlede week vir spanbou én Lewensoriënteringprakties ‘n 5 kilometer wedloop voltooi. Hulle het gedurende die vakansie ‘n 5 kilometer oefenprogram gekry en kon hulself goed voorberei. Die eerste atleet wat klaargemaak het, is G.P. Borcherds met ‘n tyd van 20 minute 55 sekondes. Die matrieks het dit baie geniet, veral die dele waar hul mekaar moes ondersteun om deur te druk en...

Noodhulp
Relay EMS (Relay Emergency Services) het verlede Vrydag ‘n inleidende noodhulpkursus vir al die graad 11-leerders as deel van hul Lewensoriëntering prakties aangebied. Die lesing het gehandel oor kardiopulmonêre resussitasie (CPR) en leerders is ook gewys wat om te doen om erge bloeding te stop. Daar was ook ‘n demonstrasie om te wys wat gedoen moet word wanneer hulle in ‘n situasie is as iemand ‘n fraktuur sou opdoen. Die span het van die leerders uitgedaag om “CPR” vir 5 siklusse aan te durf omdat dit ‘n veeleisende tegniek is. Na afloop van die kursus het nooddienste-personeel vir die leerders...

Martial Arts Klub
Drie van Hoër Volkskool se leerders is lede van die Raptors Martial Arts Klub in Graaff-Reinet. Mikha Enslin, Reagon Rhode en Jean van Wyngaardt het verlede naweek gegradeer na Geel 1. Baie geluk!

WOW-Spelfees
Die Afrikaanse WOW-spelfees het afgeskop. Die volgende leerlinge het deurgedring na die volgende rondte wat in Port-Elizabeth aangebied sal word: Ilze Vorster: algeheel vierde in graad 8 Luke Karelse: algeheel vierde in graad 10 Michayle Maarman: algeheel eerste in graad 9 Emma van Gent: algeheel eerste in graad 10. Baie geluk en sterkte met julle voorbereiding vir die volgende rondte!!
