HVS se leerder, Johndre Ludick is tans in Italië waar hy eersdaags aan ‘n Internasionale o.16 toernooi deelneem. Baie sterkte met jou voorbereiding en ook vir volgende week se deelname, Johndre. https://fb.watch/feLf9oiedX/

HVS besoek GRAWSE
Dankie juffrou Karin van Wyk dat jy ons weer herinner het om vir die natuur en gemeenskap om te gee. Wat ‘n voorreg om die mildelike skenkings van HVS se leerders en personeel aan GRAWS te kon oorhandig. Die behoeftes van hierdie organisasie word deur hierdie gebaar slegs tydelik aangespreek en daarom vra ons die gemeenskap om die voorbeeld te volg. Daar is ook baie diere wat ‘n “forever home” nodig het. Watter beter vriend kan jy voor vra as ‘n lojale troeteldier wat net liefde het om te gee? Op die foto ontvang me. Carlin Raath die donasie namens...

Leerlingraad 2023
Baie geluk aan die nuut verkose leerlingraad vir 2023 wat vandag aangekondig is: Graad 11 seuns: Chequin Koopman, Albrecht de Jager, Victor Dercksen, Hennie Barnard en Remé Vorster Graad 11 dogters: Cara Jansen, Elaine van Rensburg, Melandré Kombani, Zenke Enslin en Malandri Lombard Graad 10: Zanri Groenewald, Xander Keyser, Jan-Theo van Tonder, Juan Stannard, Temzynne Juries en Jani van der Merwe Graad 8 en 9 Junior Leerlingraad: Agter: Kian Keyser, Hannes van der Merwe, Chris de Wet en Joshua du Toit Voor: Alice du Toit, Saré Viljoen en Carla van Tonder. Afwesig: Cara Nel

Vakante posisies by HVS
Hoër Volkskool benodig die kundigheid van ‘n dinamiese, en toegewyde Engelse Onderwyser. Aansoeke moet ‘n volledige CV, aansoekbrief en gepaste dokumente insluit en gestuur word aan: Die Skoolhoof Hoër Volkskool Posbus 21 Graaff-Reinet 6280 e-pos: ontvangs@hvsgrt.org.za Aansoeke word ingewag vir ‘n beheerliggaampos as Terreinbestuurder wat verantwoordelik sal wees vir die algehele instandhouding van die terrein en geboue van Hoër Volkskool en Huis Cronje (koshuis). Stuur CV met bewyse van kwalifikasies en ondervinding na: Die Skoolhoof Hoër Volkskool Posbus 21 Graaff-Reinet 6280 e-pos: ontvangs@hvsgrt.org.za

HVS neem afskeid
Dit het ons Hemelse Vader behaag om vir Karin van Wyk, onderwyseres by Hoër Volkskool, in die fleur van haar lewe uit ons midde weg te neem. Karen was een van daardie vroue wat in Spreuke besing word as die deugsame vrou wie se waarde hoër is as dié van edelstene. Sy was ‘n sagte, vriendelike en hulpvaardige mens met ‘n passie vir onderwys en kultuur en nou betrokke by die ATKV. Sy was iemand wat eerder gegee het as om te neem en het nooit iets leliks oor ‘n medemens gesê nie. Vir bykans drie jaar was sy deel...

Volkskool Eerste Rugbyspan
Na ‘n baie suksesvolle jaar het die rugbyspan, eerste hokkie- en netbalspan, asook afrigters en ouers die jaar behoorlik met ‘n ‘capping’ seremonie afgesluit. Vir meer foto’s van Interskole, Saterdag se gebeure en aksiefoto’s, volg asseblief hierdie skakel: https://karoovolksiesfotos.pixieset.com/interskolespanru…/

Volkskool gee om
Een van ons boustene hier by HVS is om leerders aan te moedig om betrokke te raak en ‘n verskil te maak in die gemeenskap. Met beurtkrag wat meestal saans plaasvind, het HVS verneem dat daar ‘n behoefte aan lig by Huis van der Graaff bestaan. Met ons laaste “civvie” dag kon die skool genoeg fondse insamel om twee en twintig gloeilampies aan te koop en aan Huis van der Graaff te skenk. Baie dankie aan die leerders wat hierdie insameling ondersteun het. Foto: Ruan Deysel oorhandig die gloeilampies aan me. Antoinette Oosthuizen, wat by Huis van der Graaff werksaam...

In die klaskamer
As deel van die sillabus het HVS se graad 10 Lewenswetenskapklas vandag die HART behandel. Hulle het die geleentheid gehad om aan ‘n hart te vat en selfs al die hartkamers te ondersoek. Die praktiese klas was baie interesant en die leerders het dit as ‘n aangename ondervinding beskryf.

Samesyn
Dis so klein woordjie maar die betekenis agter dit alles is asemrowend groot. Sport dien as ‘n platform vir mense om bymekaar te kom en hul land te ondersteun. Saam met nasionale trots gaan stadstrots, in on geval “dorpstrots”. Daar is ‘n sekere samesyn of kameraderie wat tussen vreemdelinge ontstaan bloot omdat hulle in dieselfde dorp woon en dieselfde span of skool ondersteun. Solank as wat kinders en volwassenes by sportaktiwiteite betrokke is, is hulle deel van die proses om die beste weergawe van hulself te wees. Sport maak ‘n mens nie net liggamlik sterk nie; dit maak ook jou...

Landsdiens
HVS se leerders het ‘n landsdienskamp vanaf 27 Junie tot 1 Julie bygewoon. Dit was ‘n streekskamp waarvoor die landsdieners moes kwalifiseer om by te woon. Hul het aan baie aktiwiteite deelgeneem soos modderbane, hindernisbane en ‘n nagmars. Hulle het geleer om papier te maak en elkeen het ‘n leer belt gemaak. Vier van HVS se leerders is by hierdie kamp gekies vir deelname aan die nasionale kamp wat in Desember in Kaapstad aangebied word. Baie geluk aan Adriaan Blignaut, Anishka Luiters, Tiaan Fourie en Haley Read wat die nasionale kamp gaan bywoon. (Volgorde op foto)
