Interprovinsiale Netbaltoernooi

Interprovinsiale Netbaltoernooi

Tydens die Junie-vakansie het Lykita Koeberg, die kaptein van Hoër Volkskool se eerste netbalspan, aan die Interprovinsiale Netbaltoernooi te Boksburg deelgeneem. Sy is gekies vir die Oos-Kaap 0.18A span en was ook onder-kaptein van die span. Tydens hul wedstryd teen Limpopo-provinsie is sy aangewys as die speler van die wedstryd. Na afloop van die toernooi, is sy ook gekies vir die top 35 spelers van die toernooi, wat genooi is vir die 0.21 Suid-Afrikaanse span-proewe. Hierdie proewe het die afgelope naweek plaasgevind  te Johannesburg. Hier is sy verkies tot die 0.21 Ontwikkelingsspan.

HVS Gimnaste

HVS Gimnaste

Drie gimnaste van Hoër Volkskool het aan die jaarlikse ‘South Zone’ Kompetisie in Uitenhage deelgeneem tydens die Junie-vakansie.  Hierdie graad 8 leerlinge het hul Distrikkleure ontvang, en het die Sarah Baartman (Cacadu-distrik) verteenwoordig. Deelnemers van die Oos-Kaap, Westelike Provinsie, Boland, Noord-Kaap en Suid-Kaap het aan hierdie kompetisie deelgeneem. Jana Neethling,  Sophia Louw en  Zoe Hattingh het elkeen ‘n silwer medalje verower as vlak 1 gimnaste.  Baie geluk!

100 Hokkie

100 Hokkie

HVS se onderhoofdogter en hokkiekaptein, Inge van Rooyen, het haar honderdste wedstryd vir HVS gespeel. Haar ouers, Dawie en Wilna van Rooyen, beide oudskoliere van HVS was langs die baan om hierdie mylpaal saam met haar te vier. Baie geluk, Inge, met hierdie wonderlike prestasie.   Op die foto is Inge saam met haar ma, Wilna van Rooyen

Netbal

Netbal

Zelmiri Louw, ‘n leerder aan Hoër Volkskool, is gekies vir die Sarah Baartman 0.19 Netbalspan. Hul speel tydens die Junie vakansie by ‘n Nasionale Toernooi in Kaapstad. Sy is die sesde lid van Hoër Volkskool se eerste netbalspan wat provinsiale kleure verwerf het.

OP Rugby

OP Rugby

Ruben van der Merwe is ook gekies vir die 0.19 OP Plattelandspan wat aan die SA Platteland toernooi gaan deelneem in Reitz, Vrystaat.  

Rugby

Rugby

Vier van Hoër Volkskool se rugbymanne gaan tydens die vakansie op die rugbyveld draf met hul OP Platteland truie aan. Elrico Prins, ‘n gr 8 leerling, is gekies vir die 0.13 OP A-span wat die vakansie aan die Cravenweek gaan deelneem te Wit Rivier in Mpumalanga. Jaydee Jooste is gekies vir die OP Platteland 0.18 span wat aan die SA Platteland toernooi in Bloemfontein gaan deelneem. Hy is ook aangewys as die 0.18 OP rugby onderkaptein. Chris van Heerden is gekies vir die 0.19 OP Plattelandspan wat ook aan die SA Platteland toernooi gaan deelneem in Reitz, Vrysstaat. Jan-Hendrik Gouws...

Muurbal

Muurbal

Boetie en sussie doen dit weer! Llewellyn Crewe-Brown en Marlien Crewe- Brown, albei leerlinge van Hoër Volkskool, het hulself weer as kranige muurbalspelers bewys. Marlien is gekies vir die OP 0.16A span terwyl Llewellyn as reserwe vir die 0.19A span gekies is. Hierdie is ‘n groot prestasie aangesien Llewellyn eintlik nog 0.17 is. Hul gaan OP verteenwoordig by die Interprovinsiale toernooi te Bloemfontein gedurende die Junie-vakansie. Baie sterkte!

Netbal

Netbal

Hoër Volkskool se Netbalspeelsters het omtrent stof opgeskop hierdie jaar met 5 van ons speelsters wat gekies is vir die Oos-Kaap 0.18 span. Hierdie speelsters gaan tydens die Junie-vakansie aan die Interprovinsiale toernooi te Boksburg deelneem. Ons wens hul alle sterkte toe!

OP Hokkie

OP Hokkie

Van ons skool se hokkiespelers het deelgeneem aan die Oostelike Provinsie hokkieproewe te Port-Elizabeth. Cara Leonard (links) en Logan Ludick het uitgestaan en is in die onderskeie spanne opgeneem. Cara is gekies vir die 0.18B span. Hul gaan tydens die Junie-vakansie aan die Interprovinsiale Toernooi te Durban deelneem. Logan is gekies vir die 0.16B span en gaan ook tydens die Junie-vakansie aan die Interprovinsiale toernooi in Pietermaritzburg deelneem.

Skaak

Skaak

Een van Hoër Volkskool se skaakspelers het deelgeneem aan die Middelburg Ope Skaaktoernooi wat aangebied is te Primêre Skool Karel Theron te Middelburg. Die doel van die toernooi was om deel uit te maak van die keuring vir die Suid-Afrikaanse Junior Skaak-kampioenskappe. Jeffson Arends, ‘n 0.16 speler, het algeheel eerste in sy ouderdomsgroep geeïndig.  Baie geluk!