Junior Leerlingraad 2019

Junior Leerlingraad 2019

Die Junior Leerlingraad is ook aangewys vir die jaar 2019: Agter: Ruan Deysel, Jean-Louis du Plessis, Lliam van Heerden en Chloe Stannard. Voor: Robyn Koetaan, Mia du Plessis, Logan Ludick en Edmund Japhta

Swem

Swem

Rianco Vermeulen,’n graad 11 leerling aan Hoër Volkskool, is aangewys as die top OP Swemmer van die Jaar in die 16 jaar ouderdomsgroep vir seuns by A groep gala’s. Hierdie toekenning is gemaak by die NMBA jaarlikse prysuitdeling in Port-Elizabeth.

WOW Spelfees

WOW Spelfees

Tien leerlinge van Hoër Volkskool het op 1 September 2018 deelgeneem aan die Wow-spelfees se semi-finale in Port-Elizabeth. Annika Fitzgerald het haar uitstekend van haar taak gekwyt en eindig in die derde posisie van al die graad 9’s. Op 20 Oktober neem sy aan die finale rondte deel in Stellenbosch.

Intermatriek

Intermatriek

Elke jaar bied Hoër Volkskool ‘n Intermatriektoernooi aan waar die gr 12 leerlinge in spanne teen mekaar meeding op die hokkie-, rugby- en sokkerveld, asook op die netbalbaan. Hierdie toernooi vind plaas oor ‘n tydperk van 4 weke waar spanne kans kry om hul staal op verskillende gebiede te wys. Hierdie jaar is die trotse wenners van die gesogte beker die “Incredibles”. Agter: Chloe Gerber, Gideon Muller,  Gary Junies en Irene Kiewiets. Voor: Stephan Lategan,  Danita van der Merwe, Jana Lategan en Jamie Webster.

Boogskiet

Boogskiet

Die volgende leerlinge van Hoër Volkskool het gekwalifiseer vir OP kleure in boogskiet: Juryna Fourie Jaco van Loggerenberg Annelou van der Mescht

ATKV – Jeugtak Volksmond bederf hul onnies tydens ‘n Onniedoor

ATKV – Jeugtak Volksmond bederf hul onnies tydens ‘n Onniedoor

Op 25 Julie 2018 het die leerders van Hoër Volkskool, Graaff – Reinet, se ATKV – Jeugtak Volksmond die onderwysers uitgedaag om ‘n kookkompetisie te hou.  Goeie gees het onder die spanne geheers.  Die voorstitter, Annelou van der Mescht, ondervoorsitter, Justin Gafoor, oudonderwyseres, Mev. Mariëtte Olivier en Gertjan Holtzhausen, streeksbestuurder van Bloemfontein het die moeilike taak gehad om die wenspan aan te wys.  Die wenspan was Paula Zandberg, Suliza van Wyk, Wynand Volschenk en Louis van der Walt.  Na die kompetisie het die personeel heerlik gesmul aan die geregte.  Ook die ATKV – lede het terwyl hulle die kookmanewales van...

Landsdiens – KAREEDOUW HIER KOM ONS!

Landsdiens – KAREEDOUW HIER KOM ONS!

‘n Opgewonde groep van 14 Hoër Volkskool Landsdienslede het op 25 Junie 2018 vertrek na Kareedouw vir die jaarlikse provinsiale kamp.  Daar gekom is die deelnemers in groepe verdeel en is daar op ‘n prettige manier kennis gemaak met mede spanlede. Daar is verskeie uitstappies onderneem.  Die Tsitsikamma Crystal Water aanleg is besoek, ‘n reuse protea uitvoer plaas en by Birds of Eden is die mooiste voëls gesien.  Tydens die terugtog is aangedoen by die Bloukransbrug – net betyds om die laaste rekspringer vir die dag in aksie te sien en vrese vir hoogtes oorkom deur oor die Stormrivierbrug te...

HVS vs Gill College

HVS vs Gill College

Die afgelope naweek het Hoër Volkskool se netbal hul jaarlikse interskole teen Gill College gehad. Hierdie geleentheid word vir die afgelope vyf jaar aangebied. Daar is twee bekers op die spel, naamlik die algehele wenners van die dag, en die eerste span wisseltrofee. Hoër Volkskool het as verdedigende kampioene vir Gill die stryd aangesê. Die tellings wat bepaal het wie die span beker kry, is as volg: 0.14A: 16 – 20 0.14B:9-7 0.16A: 26 – 7 0.16 B: 17 – 7 en die tweedes wen 20 – 4. Die eerste span het met hoë verwagting van die skare op die...

OP Hokkie

OP Hokkie

Marlien Crewe-Brown het tydens die Junie-vakansie OP se 0.14B span verteenwoordig by die IPT hokkie-toernooi te Bloemfontein. Daar het altesaam 15 spanne deelgeneem,waarvan 11 A-spanne was en 4 B-spanne.  Die OP 0.14B span het algeheel vyfde geeindig, en was eerste van die B-spanne.

Tennis

Tennis

Gedurende die Julie-vakansie het Dieter Bertram deelgeneem aan die Interprovinsiale Tennistoernooi in George. Drie provinsies, nl. Oos-Kaap, Noord-Kaap en SWD het deelgeneem. Elke speler het enkel-, dubbel-, en gemengde dubbel-wedstryde gespeel. Dieter het OP 0.16 verteenwoordig en het uitsonderlik goed gevaar. Hy het al sy wedstryde gewen en OP het aan die einde van die dag met die wenbeker van die toernooi weggestap.