Tydens die vakansie het Alecia Louw met trots deelgeneem as lid van die o.16 OP-hokkiespan wat aan die provinsiale toernooi in Pietermaritzburg, by St Anne’s Diocesan College, deelgeneem het.Die span het silwer medaljes verower na ‘n gespanne eindstryd teen “KZN Coastals”, met ‘n telling van 2 – 4. Hierdie teenstanders het deur die hele toernooi...
Kategorie: Nuusberigte
Provinsiale Trots
Uné Groenewald het tydens die vakansie haar plek vol gestaan in die o.14 OP-hokkiespan, wat van 3 – 5 Julie in die Paarl aan ’n provinsiale toernooi deelgeneem het. Hulle is in ’n sterk pool geplaas en het vyfde algeheel geëindig – ’n puik prestasie teen uitmuntende kompetisie! Uné, om jou provinsie te verteenwoordig is...
Internasionale Sukses
Tiaan Fourie, ‘n matriekleerder van Hoër Volkskool, het tydens die vakansie aan die Internasionale Saalperdkompetisie in New Orleans, VSA deelgeneem. Hy was die kaptein van die “5-gaited” span – en onder sy leiding het hulle GOUD huis toe gebring. Tiaan, ons is ongelooflik trots op jou prestasie en die manier waarop jy nie net jou...
Top 10 Akademiese Presteerders – Tweede kwartaal
Baie geluk aan ons top 10 akademiese leerders vir die tweede kwartaal! Julle deursettingsvermoë, toewyding en harde werk word raakgesien en waardeer. Ons is trots op elkeen van julle! Hou aan mik na uitnemendheid.
Welkom by Hoër Volkskool Mev Cecilia Pienaar
Ons is trots om Mev. Cecilia Pienaar as deel van die Hoër Volkskool-span te verwelkom! Sy gaan Wiskunde vir Graad 10 en 11 aanbied. Met ’n B.Ed in Senior en VOO-fase, gespesialiseer in Wiskunde en IGO aan die NWU, bring sy nie net akademiese kundigheid nie, maar ook ’n opregte passie vir onderwys en ’n...
Trots op Volkskool Swemmers
Chris de Wet en Kate-Lynn Kruger is onlangs uitgenooi na die “NMBA End-of-Season” Prysuitdeling, wat op 18 Julie by die German Club in Gqeberha gehou is – en hulle het groot indruk gemaak! Chris de Wet is aangewys as die Toppresteerder vir Seuns in die 17 jaar-ouderdomsgroep – ‘n fantastiese prestasie! Kate-Lynn Kruger het die...
Sportboogskiet in aksie
Ons matrieks het hierdie week hul praktiese sessie van die inleidingskursus tot sportboogskiet voltooi – ’n jaarlikse hoogtepunt in die LO-kurrikulum! Die kursus is met kundigheid aangebied deur mnr. Cronjé, ‘n gesertifiseerde afrigter wat oom onder ander BAI-afrigters (Basic Archery Instructors) oplei. Die leerders het nie net hul mik- en fokusvaardighede geslyp nie, maar ook...
Volksie op Internasional verhoog
Johndré Ludick, matriekklas van 2024, verteenwoordig tans Suid-Afrika by die gesogte 2025 “Toyota Junior Golf Word Cup” in Japan! Die toernooi vind plaas van 24 tot 27 Junie by die Chukyo Golf Club – ’n wêreldklas geleentheid waar Johndré sy talent wys teen van die wêreld se beste jong gholfspelers. Ons is ongelooflik trots op...
Landsdienskamp 2025
Karoo Volksies stap vorentoe! Van 30 Junie tot 4 Julie het 190 leerders en personeel ’n onvergeetlike week in Burgersdorp deurgebring as deel van die Landsdiens Provinsiale Kamp. Hoogtepunte van die week: – Murder Mystery – Handvaardigheid – Selfverdediging – Staproetes Daguitstappie na Gariep: – Ferry-rit – Toer deur die damwal en hidrokragstasie Kinders het...
Interskole Aandfunksie
Ons begin die slapies (of dalk skapies🐑) tel!Nog net 56 dae voor ons jaarlikse Interskole teen Union, Graaff-Reinet – en soos tradisie dit vereis, skop ons dié spesiale naweek af met ’n aandfunksie op die Vrydagaand! 🎉 Ouers en vriende van Laer- en Hoër Volksool, Weppie Preppie en reüniegroepe word hartlik uitgenooi om saam te...









