Het jy al opgelet na die nommers op ons hokkie-meisies se skouers? Elke een van daardie nommers is meer as net ‘n identifikasie — dit is ’n getuienis van die spelers wat voor hulle gekom het. Die skouernommer is dieselfde as dié op hul trui, maar elke keer as hulle die veld betree, dra hulle...
Kategorie: Nuusberigte
IGO besoek tegnologiese besighede in Gqeberha
Ons leerders het onlangs twee opwindende besighede in Gqeberha besoek as deel van hul tegnologie-ondersoek. By die eerste besigheid het hulle gesien hoe tegnologiese toerusting ontwerp en beplan word – van konsep tot rekenaarmodellering. By die tweede besigheid het hulle beleef hoe hierdie toerusting vervaardig en in mekaar gesit word. Die leerders kon sien hoe...
Want ons is lief vir mense
Die ATKV-tak van Hoër Volkskool het die kwartaal op ‘n hoogtepunt afgesluit met ‘n besoek aan Huis Van de Graaff. Ons het die dag spesiaal begin deur ‘n paar liedere vir die inwoners te sing, wat hulle harte warm gemaak het. Die hoogtepunt van die dag was egter toe ons saam met hulle ‘n vrolike...
Hoër Volkskool bring hul kant tydens ATKV Redenaars semi-finaal
Dit is ‘n bepaalde voorreg dat HVS vanjaar 4 sprekers in die ATKV Redenaars semi-finaal kon hê en elkeen het hul fantasties van hul taak gekwyt. Die kompetisie wat straf teen skole regoor die Oos-Kaap, George en so vêr as Riversdal met top skole wat deelgeneem het. Vanuit die streek spog Pieter Fourie (gr.😎 met...
Hokkie – trotse hoofborg
Dankie, Suzuki – ons trotse hoofborg! Ons wil graag ’n spesiale woord van dank rig aan Suzuki Graaff-Reinet , wat as hoofborg van ons hokkie ’n groot rol speel in die ontwikkeling van ons spelers en sportprogram. Suzuki het vandag ook hul teenwoordigheid gewys tydens ons sportdag – dankie dat julle saam met ons hierdie...
Handgemaakte herinneringe
Handgemaakte herinneringe – saam met Elsona Mnr. en Mej. Volkskool se geskenke stroom steeds in, en ons harte is vol dankbaarheid! Toe dit nog die Top 20 finaliste was, het Elsona ons verwelkom vir ‘n spesiale oggend waar elke leerder hul eie keramiekbakkie kon verf. Elkeen het ’n unieke, skoon bakkie ontvang en kon self...
Boomsticks ondersteun Hokkie
Boomsticks ondersteun Volkskool se hokkiedogters met nuwe opwarmingshemde! Gister het die hokkiedogters van Volkskool met trots hul nuwe opwarmingshemde ontvang, geborg deur Boomsticks Graaff Reinet. Ons sê ‘n opregte dankie vir hierdie waardevolle bydrae tot ons sportprogram. Julle ondersteuning is nie net sigbaar nie, maar ook deurlopend – en ons beskou dit as ‘n groot...
Karoo Ford ondersteun Volkskool
Karoo Ford ondersteun Volkskool – op en langs die veld! Ons sê ’n opregte dankie aan KAROO FORD, een van ons groot borge by die jaarlikse Koedoejag, wat vandag ook hul teenwoordigheid langs die rugbyveld gewys het. Hulle het nie net hul voertuie uitgestal nie, maar ook hul betrokkenheid en ondersteuning van Volkskool se sport...
Netbal Eerste Span Kry Nuwe Klere!
Ons is ongelooflik opgewonde om aan te kondig dat ons eerste netbalspan verlede week hul splinternuwe klere ontvang het! Die span lyk nie net fantasties nie, maar voel ook trots. Ons wil graag ‘n groot dankie sê aan ons hoofborg, Tyremart Graaff-Reinet , vir hul ruim bydrae en ondersteuning. Julle maak ‘n groot verskil in...
Hokkie-naweek teen Hoërskool Outeniqua
Hierdie naweek het Volkskool se hokkiespanne die veld betree teen Hoërskool Outeniqua. Hoewel die uitslae nie in ons guns getel het nie, het ons spanne dapper gespeel teen ’n sterk en ervare teenstander wat duidelik op ’n hoë vlak vuur maak.🏑 Die wedstryde het ons nie net uitdagings gebied nie, maar ook waardevolle ervaring en...









