Kategorie: Nuusberigte

Home / Nuusberigte
Volkskool leerders maak ‘n verskil!
Artikel

Volkskool leerders maak ‘n verskil!

Ons is ongelooflik trots op die 58 dapper Volkskool-leerders wat hul moue opgerol en bloed geskenk het by die South African National Blood Service. Elke sakkie bloed het die potensiaal om tot drie lewens te red – dis nie net ’n daad van moed nie, maar ook van liefde en hoop. Dankie dat julle wys...

Baie dankie aan ons ruim borge
Artikel

Baie dankie aan ons ruim borge

Ons Mnr. en Mej. Volkskool wenners is behoorlik bederf – en dis alles te danke aan julle, ons lojale en vrygewige borge. Elke geskenk, elke bydrae en elke mooi gebaar het hierdie ervaring ekstra spesiaal gemaak vir ons leerders.Ons as Volkskool wil opreg dankie sê vir die hand van ondersteuning wat julle na ons uitgesteek...

Kultuur vs Hoër Landbouskool Marlow
Artikel

Kultuur vs Hoër Landbouskool Marlow

Vandag het ons kultuurleerders die naweek se aktiwiteite afgeskop met skitterende prestasies in redenaars – en Volkskool het behoorlik skoonskip gemaak! Junior afdeling: 1ste – Pieter Fourie 2de – Hestri Pearson Senior afdeling: 1ste – Mikha Enslin 2de – Mia Prinsloo Baie geluk aan elke spreker wat met selfvertroue en styl opgetree het. Julle maak...

Mnr en Mej Volkskool – ALCHEMY
Artikel

Mnr en Mej Volkskool – ALCHEMY

Vanoggend het die Mnr. en Mej. Volkskool-wenners ’n draai gemaak by Alchemy Skin & Body, een van ons hoofborge vir die jaar.’n Spesiale dankie aan Mia du Plessis, een van Alchemy se terapeute én ’n voormalige hoofmeisie van Hoër Volkskool, wat ook die aand bygewoon het en gehelp het met die oorhandiging. Dit is altyd...

Boogskietklub
Artikel

Boogskietklub

Die Hoër Volkskool Boogskietklub het Saterdag, 26 Mei, ’n baie suksesvolle kompetisie aangebied – en ons eie skuts het behoorlik gewys wat in hulle steek! Hier’s hoe hulle gevaar het: Laerskool Meisies: Helen Grobbelaar vat twee goud! Sy skiet ’n persoonlike beste van 283 – tweede hoogste telling van die dag! Net een skut was...

HVS blink uit by Bloemskou 2025
Artikel

HVS blink uit by Bloemskou 2025

Die Bloemskou, gasheer van die grootste buitelug-saalperdskou ter wêreld, het vanjaar bykans 1000 perde verwelkom – insluitend internasionale deelnemers uit die VSA.Hoër Volkskool het met trots vier talentvolle leerders gehad wat aan hierdie prestigegeleentheid deelgeneem het, met uitstekende uitslae:Tiaan Fourie:5de – 3-Gang Plesierperd Ruiters 18 jaar en onderPhilip Ehlers:4de – 5-Gang Kinderryperd Ruiters 14 jaar...

Kate-Lynn derde vinnigste in Suid-Afrika
Artikel

Kate-Lynn derde vinnigste in Suid-Afrika

SA National Junior Age Group Championships – UWC Swembad, Kaapstad | 25 – 29 April 2025 Kate-Lynn Kruger het aan 8 items deelgeneem en daarin geslaag om 5 persoonlike beste tye te swem. Sy het in 4 finale gekwalifiseer en haar ongelooflike talent ten toon gestel. Kate-Lynn is tans die derde vinnigste 200m borsslagswemmer in...

Atletiek-krulle
Artikel

Atletiek-krulle

Baie geluk aan die volgende leerders wat aan die Oos-Kaapbyeenkoms deelgeneem het en ‘n krultoekenning vir hul puik prestasies verdien het:Tristan Lodewyk – 400mJarrod Gerber – 800m én 1500mVincent Pienaar (afwesig op die dag) – 100mOns is trots op julle almal! Hou aan hard werk – julle maak ons trots!

ATKV Redenaars
Artikel

ATKV Redenaars

Hierdie 7 raakpraters het Hoër Volkskool met trots verteenwoordig by die eerste rondte van die ATKV Redenaarskompetisie by Hoërskool Nico Malan in Humansdorp!Elke spreker het hul staal gewys en die beoordelaars het net goeie dinge gehad om te sê. Nou hou ons almal ons asem op vir die volgende 8 werksdae – dis wanneer ons...

Tarkastad Perdry
Artikel

Tarkastad Perdry

GROOT geluk aan Gaby Hall wat aan die Tarkastad Skou deelgeneem het en ALGEHEEL EERSTE gekom het in die 3-gang Kinderryperdklas! Hier is sy op haar pragtige perd, Gifted Looks – wat ’n span! Ons is so trots op jou, Gaby!