Kategorie: Nuusberigte

Home / Nuusberigte
Top 10 Akademie
Artikel

Top 10 Akademie

Baie geluk aan al ons leerders wat hul plek op die Top 10 verwerf het! Jou harde werk en toewyding word altyd beloon. Hou aan om te streef na uitnemendheid!

Hokkie
Artikel

Hokkie

OPSOMMING VAN UNION HIGH SCHOOL SE JAARLIKSE SENIOR RUGBY- EN HOKKIEFEES Dit was ‘n wonderlike ervaring om soveel wedstryde te speel en waardevolle ondervinding op ons tuisdorp op te doen!

OP Hokkie
Artikel

OP Hokkie

Alecia Louw (graad 10) is gekies as lid van die Oostelike Provinsie o.16A hokkiespan. Uné Groenewald is gekies as lid van die Oostelike Provinsie o.14B hokkiespan. Baie geluk Alecia en Uné. Ons is trots op julle!

Oakdale Rugbytoer
Artikel

Oakdale Rugbytoer

Ons rugbyspan vertrek vandag na Riversdal, om deel te neem aan die Oakdale Rugbyweek. ’n Spesiale dankie aan:NUTRITECH vir julle ruim borgskap!Vleispaleis vir die span se toksakke! Sterkte, manne! Weet dat die hele skool agter julle staan. Gee julle alles op die veld!

Greg Beling Hockey Festival
Artikel

Greg Beling Hockey Festival

Hoër Volkskool se eerste hokkiespan het die naweek deelgeneem aan die Greg Beling Hockey Festival. Ons het die Karoo se hitte en weer saamgeneem, wat die toernooi nóg meer uitdagend gemaak het. Tog het die span elke dag gegroei en ontwikkel, en hul deursettingsvermoë was duidelik sigbaar op die veld. Baie dankie aan ons borge...

Tweekamp
Artikel

Tweekamp

Rudolph-Hein het die afgelope naweek deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Tweekamp Kampioenskappe in Oudtshoorn. Hierdie prestige geleentheid het 910 atlete van 14 provinsies en sub-provinsies byeen gebring. In die seuns o.19-kategorie, waarin 57 deelnemers meegeding het, het Rudolph-Hein sterk vertoon. Alhoewel hy nie sy persoonlike beste tye kon verbeter nie, het hy steeds goed gevaar en...

Hokkie
Artikel

Hokkie

Hoër Volkskool teen Duineveld Hoër Volkskool het vandag op tuisveld teen Duineveld gespeel. Na ‘n warm Karoo-dag het die dogters uitstekende hokkie gelewer. Die eindtelling was 4 – 1 in Duineveld se guns, maar beide spanne het waardevolle ervaring opgedoen. Beide hierdie spanne vertrek môre na die Greg Beling Festival te Oos – London. Veilige...

Hokkie – ‘Open Weekend’ Toernooi
Artikel

Hokkie – ‘Open Weekend’ Toernooi

Die eerste hokkiespan het deelgeneem aan die ‘Open Weekend’-toernooi in Gqeberha. Hulle het goed vertoon, veral as mens in ag neem dat dit hul eerste wedstryde van die seisoen was.Met ‘n jong span (insluitend ses o.16-spelers) was die begin van die toernooi uitdagend, maar namate hulle meer wedstryde gespeel het, het hulle pragtige hokkie begin...