Net so erg soos dit vir ‘n nuwe graad 1-leerder is, wat “groot skool” toe gaan, is dit vir ‘n graad 8-leerder om by ‘n hoërskool te begin. Die doel van die eerste twee weke se oriëntering is om die proses te vergemaklik om nuwe klasmaats, asook leerders van die ander grade te leer ken....
Kategorie: Nuusberigte
Gevegskuns
Die Raptors Martial Arts klub het Saterdag, 25 Januarie, ‘n grondwerkgradering gehad. Dit sluit jiu-jitsu en grappeling in. Die volgende leerders het na n wit “sleeve” gradeer, wat op hulle gevegskuns belt aangebring word en aandui op watter vlak van grondwerk die deelnemer is.Leshandre RomanRenaldo van der WesthuizenPhillip le Roux Die volgende leerders het na...
ATKV
Op Vrydagaand 24 Januarie, het die ATKV Bestuur vir n spanbousessie in die skool oorgeslaap. Daar is lekker gebraai en nadat hulle heerlik geëet het, het hulle koppe bymekaar gesit en oor almal se idees en planne vir 2025 gesels. Die nag het verder met bitter min slaap verloop, omdat die sewe jong dames, die...
Tweekamp
Carla van Tonder en Rudolph-Hein van Eeden het op 19 Januarie 2025 aan die OP Tweekamp se vyfde Liga-byeenkoms te Gerberha deelgeneem. Die vakansie se harde werk en oefening is met goeie tye beloon.Carla het haar hardlooptyd met 5 sekondes verbeter.Rudolph-Hein het sy persoonlike beste hardloop- en swemtye aangeteken en sy vorige tye met 4...
Swem
Die afgelope Desembervakansie het Chris de Wet en Kate-Lynn Kruger aan die NBA Champs te Gerberha deelgeneem. Klubs van regoor Suid-Afrika het aan hierdie gala deelgeneem. Beide swemmers het baie goed gevaar.Chris het aan 8 items deelgeneem en in elke item ‘n persoonlike beste tyd geswem.Kate-Lynn het ook aan 8 items deelgeneem en in 7...
Swem
Op Vrydag, 17 Januarie 2025 was daar ‘n Swim-a-thon by Union High School se swembad aangebied. Drie van Hoër Volkskool se swemmers het deelgeneem en gehelp om geld vir die Kinderkankerorganisasie, CHOC (Childhood Cancer Foundation of South Africa), in te samel.Lara Vosloo het ‘n totaal van 30 lengtes, Kate-Lynn Kruger het 50 lengtes en Jamie...
HVS Top 10
Adriaan Blignaut het ses onderskeidings tydens die finale eksamen behaal en is as die Dux leerling van 2024 aangewys. Baie geluk met hierdie uitsonderlike prestasie, Adriaan.Sterkte aan elkeen van julle met julle toekomsplanne. Gryp elke geleentheid met beide hande aan!
Perdry
Suid-Afrika is die gasheer vir die “Saddle Seat” Wêreldbeker wat eerskomende Donderdag en Vrydag te Parys, Vrystaat aangebied word. HVS se leerder, Tiaan Fourie, is ingesluit in die SA Saddle Seat Vyfgangruiterkunsspan wat aan die kompetisie deelneem. Tiaan se afrigter, Sumeri Botha, is die afrigter van die Nasionale Ruiterkunsspan vir die kompetisie. Skakel na die...









