Vyf van Hoër Volkskool se leerders het die afgelope naweek húl geloofsbelydenis in die pragtige NG Kerk Graaff-Reinet afgelê. Dit was ‘n baie spesiale geleentheid vir hierdie nuwe lidmate.Baie geluk. FotoVoor: Micayla Williamson, ds. Johan Ekkerd, Casper BekkerAgter: Tiaan Fourie, Malan Meyer, Jean-Pierre Theron en Jayden Odendaal (UHS)
Kategorie: Nuusberigte
Weppie Preppie Konsert
Weppie Preppie bied binnekort ‘n konsert aan. Die voorbereidings het ‘n ekstra hupstoot gekry, danksy ‘n oud-Weppie Preppie-leerder wat help met die konsert.Temzynne Juries se skooldae het jare gelede in Weppie Preppie begin. Sy hou baie van toneelopvoerings en het tydens haar skoolloopbaan aan talle Eisteddfodd kompetisies deelgeneem. Tussen die studies vir haar eindeksamen en...
Vakature – Bemarker
Volkskool Graaff-Reinet benodig die kundigheid van ‘n dinamiese en toegewysde BEMARKER. Hier is jou kans om deel te word van dié top Afrikaanse, plattelandse skole in Graaff-Reinet:
Graaff-Reinet Camdeboo Uithourit
Lehan De Beer, ‘n graad 10-leerder van Hoër Volkskool, het verlede naweek aan die uithourit wat in die Camdeboo SANParks in Graaff-Reinet gehou is, deelgeneem. Al die roetes is in die park, tussen die wild, gery.Daar was verskeie afstande, vanaf 26 km tot 120 km. Lehan moes 40 km onderskeidelik op Vrydag en Saterdag, op...
Perdry
Drie ruiters van Hoër Volkskool het die afgelope naweek aan die Vrystaat Saalperd Streekskou wat te Philippolis aangebied is, deelgeneem.Die ruiters het teen die Vrystaat Subuniespan aan ‘n Saddle Seat ruiterkunskompetisie deelgeneem.Uitslae is as volg:Driegang:
Jaarafsluiting Rugby
2024 se rugbyseisoen het op ‘n hoogtepunt geëindig, toe die eerste rugbyspan verlede week tydens ‘n heerlike kuieraand by The Coldstream Restaurant, die jaar kon afsluit. Vanjaar se eerste rugbyspan het van die staanspoor af gewys wat dit is om as ‘n SPAN te speel. Spanlede het mekaar vertrou, mekaar ondersteun en bo alles as...
Hokkie
Op 11 – 12 Oktober het Hoër Volkskool se o.16 hokkiespan na Burgersdorp gereis en aan hul 6-aan-‘n-kant hokkietoernooi deelgeneem. Die toernooi was vir eerste hokkiespanne. Ons o.16’s het nie een oomblik vir die ouer spanne terug gestaan nie en het hul pad tot in die semi-finale oop gespeel. In die semi-finale rondte het hulle...
HVS Prysuitdeling 2024
Hoër Volkskool se jaarlikse, spoggerige prysuitdeling is onlangs aangebied. Tydens hierdie geleentheid is ons leerlinge wat goeie en top prestasies gedurende die jaar, beloon vir hul opoffering, harde werk en toewyding. Baie geluk aan elkee wat pryse ontvang het, en ook top pryse gewen het. Ons is trots op elkeen se prestasies.
Kankerbewusmaking
Oktober is Kankerbewusmakingsmaand. Hoër Volkskool het hierdie jaar weer baie moeite gedoen om mense in en om ons gemeenskap meer bewus te maak van die siekte. Die leerders kon gedurende die maand pienk linte en haarrekkies by hul skoolklere dra. Die seuns kon hul swart skoeneveters met pienk veters vervang en hul was meer as...
Ruiterkuns
Tiaan en Marli Fourie, albei leerlinge van Hoër Volkskool, het aan die Somerset-Oos Landbouskou deelgeneem. Hulle het hulself uitstekend van hul taak gekwyt. Hul behaal die volgende prestasies: Tiaan Fourie 1ste SASH kinder Parkperd Ruiter 18 jaar en onder2de SASH kinder Parkperd Kampioenskap Marli Fourie 1ste in 5 gang Ruiterkuns Ruiters 14 jaar en onder.Baie...









