Kategorie: Nuusberigte

Home / Nuusberigte
Wêreldbiddag vir vroue
Artikel

Wêreldbiddag vir vroue

Op Vrydag 1 Maart 2024, het Hoër Volkskool se leerlingraad ‘n Wêreldbiddag vir Vroue geleentheid aangebied. Ruth Maya, van Migdalor Ministries in Graaff-Reinet, het ‘n baie treffende boodskap aan die meisies gebring. Die seuns is bedien deur pastoor Phillip Jonker, van die plaaslike AGS Kerk. Dit was ook ‘n baie positiewe boodskap. Temzynne Juries, lid...

Manne-Aand
Artikel

Manne-Aand

Kom kuier saam met rugbylegendes, Andrew Paterson en De Wet Barry! Op Vrydag, 5 April 2024 bied Volkskool Rugby ‘n MANNE-AAND by Hoër Volkskool aan. ‘n Gesellige kuier rondom die vuur, goeie geselskap en ‘n heerlike ete is by die kaartjie ingesluit. Jy gaan beslis baat vind by Andrew se inspirerende praatjie en De Wet...

Peak 2 Peak “Hard Enduro” Motorfiets
Artikel

Peak 2 Peak “Hard Enduro” Motorfiets

Erik Swanepoel, ‘n graad 10-leerder aan Hoër Volkskool, het aan die PEAK 2 PEAK ‘Hard Enduro’, wat die motorfietsryers self op GPS moet navigeer, deelgeneem. Die kompetisie het in Barkley-Oos plaasgevind, reg onder die Drakensberge, wat bekend is vir sy hoë berge en mooi uitsig. Die roetes is verseker uitdagend met baie klippe en rotsbanke...

Karoo Swemgala reuse sukses!
Artikel

Karoo Swemgala reuse sukses!

Die Karoogala het op Woensdag, 21 Februarie by Hoër Volkskool se binneshuise swembad plaasgevind. Die atmosfeer was elektries van opgewondenheid. Volkskool se swemmers het hul talent en vasberadenheid ten toon gestel en merkwaardige prestasies gelewer wat ons almal werklik beïndruk het. Van begin tot einde was die standaard van swem besonder hoog, wat die toewyding...

Uithourit
Artikel

Uithourit

‘n Opwindende begin vir Lehan de Beer se uithourit-deelname en loopbaan, het in Hofmeyr in die Oos-Kaap begin. Hy was een van 70 ruiters wat aan die Waterlea Perde Uithourit deelgeneem het. Hy het sy eerste 40km beginnersfase in n tyd van 2 ure 40 sekondes voltooi en kwalifiseer om om sy volgende 40 km...

Tennis
Artikel

Tennis

Die eerste seuns en meisies tennisspanne van Hoër Volkskool het Donderdag 15 Februarie, na Bredasdorp vertrek waar hul aan dié Overbergse dorp se jaarlikse skole tennistoernooi deelgeneem het. Hulle is deur afrigter, Tiaan Mostert, vergesel. Die kompetisie beloof elke jaar ‘n uitdagende toernooi te wees wat elke speler se talent en senuwees op die toets...

HVS, gasheer by distrikbyeenkoms atletiek
Artikel

HVS, gasheer by distrikbyeenkoms atletiek

Op Saterdag 10 Februarie, was Hoër Volkskool die gasheer vir die jaarlikse Collie Koeberg Graaff-Reinet atletiekbyeenkoms. Altesaam 40 van HVS se top atlete het aan die byeenkoms deelgeneem en het HVS altesaam 29 eerste plekke, 17 tweede plekke en 11 derde plekke behaal. Hierdie besonderse prestasies is die vrugte van harde werk, toewyding en deursettingsvermoë....

HVS Krieket vs UHS
Artikel

HVS Krieket vs UHS

Op 15 Februarie 2024 het die HVS o.15 krieketspan teen UHS op hulle krieketveld gespeel. HVS het die toss verloor en was ingestuur om eerste te kolf. AW Lambrechts en Jano Jevan het blitsig begin kolf en die Union manne moes die bal oral oor die veld rondjaag. Jano het ‘n blitsige 28 lopies met...

Rugby – DRIEëDRUKAAND
Artikel

Rugby – DRIEëDRUKAAND

Vrydag, 23 Februarie 2024, moet jy beslis by Hoër Volkskool ‘n draai maak, want ons het ‘n drieëdrukaand. Daar is wedstryde vir o.14, o.15, o.16 en eerste spanne. Volksie kuieraand na afloop van die wedstryde. Daar is NACHOS op die spyskaart. R250.00 vir 4 persone. Bespreek asseblief teen 20 Februarie by 0662447769. Sien jou daar!

ATKV Volksmond
Artikel

ATKV Volksmond

Die ATKV-bestuur, het saam met me. Clarissa Faber en oom André, op 19 Januarie 2024 na Swanepoelskraal, buite Jansenville vertrek. Die naweek was gevul met onvergeetlike avonture soos waterballongevegte, deurnag om ‘n kampvuur, springhase jag en ontbyt in die veld. Die bestuurslede het tussen al die aktiwiteite in die modder, tyd gehad om mekaar beter...