Kategorie: Nuusberigte

Home / Nuusberigte
Graad 8 verwelkomingsseremonie
Artikel

Graad 8 verwelkomingsseremonie

By die afgelope saalbyeenkoms, is die graad 8’s offisieël welkom geheet by Hoër Volkskool, met ‘n tradisionele verwelkomingsseremonie. Die gr 8’s mag tot dusver nie hul baadjies skool toe aangetrek het nie. By die seremonie moes hul opstaan en ‘n eed van getrouheid aflê.  Daarna het elke gr 8 se matriekvoog hul baadjies vir hul...

Vuurdoop vir boogskieters
Artikel

Vuurdoop vir boogskieters

NASP – VOLKSKOOL het Saterdag 26 Januarie hul eerste kompetisie (NASP KWAGGA OPE) van die nuwe seisoen geskiet. 70 skuts sover as Oos-Londen en Victoria-wes het deelgeneem. Uit die 14 VOLKSKOOL skuts was daar 4 skuts wat hul eerste kompetisie ooit geskiet het. Met die intrapslag het hulle aan die 3D afdeling van die kompetisie...

OP Platteland Tennis
Artikel

OP Platteland Tennis

Die volgende tennisspelers van Hoër Volkskool is ingesluit by die OP Platteland tennisspanne. Petri van der Merwe het ‘n uitsonderlike prestasie beriek deur ook ingesluit te word by die OP-span. Hy gaan die Oostelike Provinsie by die SA Skole-toernooi verteenwoordig. Alwyn van der Agter: Merwe( 0.16), Dieter Bertram (0.19), Victor Dercksen (0.14), Marco  Jooste (0.16),...

Graad 8 Leerlingraad
Artikel

Graad 8 Leerlingraad

Die gr 8 leerlingrraad vir  die termyn 2019 is aangekondig. Hul is van links na regs: Lynette Truter, Melandri Lombard, Danah Nel en Hennie Barnard. Om Volksies se leierskap te ontwikkel is vir ons ‘n groot prioriteit.  Baie sterkte aan hierdie vier leerlinge!

Akademiese Top 10
Artikel

Akademiese Top 10

Hoër Volkskool gee aan die einde van elke kwartaal akademiese erkenning aan ons leerders wat hard gewerk het nadat die eksamen afgelê is. Die top 10 kandidate van elke graad word in ‘n amptelike saalbyeenkoms aangewys. Na die afgelope November eksamen, is die volgende leerlinge aangewys as die toppresteerders in hul graad: Mia du Plessis...

Akademiese Erekleure
Artikel

Akademiese Erekleure

Die volgende leerlinge het met baie harde werk en geduld ‘n baie goeie prestasie behaal. ‘n Leerling moet ‘n gemiddelde A behaal vir die Junie eksamen, asook ‘n gemiddelde A handhaaf tydens die November eksamen om te kan kwalifiseer vir erekleure in Akademie.  Elkeen van hierdie leerlinge het erekleure vir akademie behaal met hierdie vereistes....

Krieket
Artikel

Krieket

Hoër Volkskool het die afgelope naweek kragte teen Gill College op die krieketveld gemeet. Dit was bloedig warm maar die spelers het steeds hul beste gegee. Hoër Volkskool het eerste gekolf en is almal uitgehaal vir 99 lopies. Daarna het Gill opgestap. Die Volksies was egter net te goed vir Gill en haal hulle almal...

OP Tweekamp
Artikel

OP Tweekamp

Die volgende leerlinge van Hoër Volkskool is verkies tot die OP Tweekamp-spanne wat die 2de Februarie aan ‘n interprovinsiale tweekamp byeenkoms in Oudtshoorn gaan deelneem. Dit sluit die dissiplines swem en hardloop in. Marlien Crewe- Brown, 0.15 B  span, Llewellyn Crewe-Brown, 0.17 A span en Danè Thiart 0.15 Ontwikkelingspan. Baie geluk en baie sterkte!