Kategorie: Nuusberigte

Home / Nuusberigte
Bloemfontein Atletiek
Artikel

Bloemfontein Atletiek

Tien atlete van Hoër Volkskool het aan die Jim Fouché Uitnodigingsbyeenkoms in Bloemfontein deelgeneem.  ‘n Sterk wind het die prestasies van die atlete beïnvloed.  Deelname by hierdie byeenkoms is in die 2019 ouderdomsgroepe. Marni van der Merwe het die 100m en 200m in die dogters o.16 afdeling gewen.  Haar tye was onderskeidelik 13,24 sekonde en...

Volkskool vs Union Atletiek
Artikel

Volkskool vs Union Atletiek

Ideale weer en sterk kompetisie het vir opwindende atletiek by die Volkskool vs Union Byeenkoms gesorg. Twaalf byeenkomsrekords het in die slag gebly en ekstra kleur aan die byeenkoms verleen.   Die byeenkomsrekords is soos volg verbeter: Shirwan van Staden  (Volkskool) – 100m, S o.19 – 10,78 sek I Ndamane (Union)  –  800m, S o./19...

Adelaars Toernooi
Artikel

Adelaars Toernooi

Vrydagmiddag het Hoër Volkskool die jaarlikse Adelaars toernooi aangebied op Union High se Astro. Pret en plesier het die dag geseëvier. Spanne van verskillende ouderdomme en vaardigheidsvlakke het deelgeneem wat bygedra het tot die pret. Op die einde het Grootfontein se eerstespan as wenners van die dag uitgetree,met sterk kompetisie van die span wat tweede...

Boogskiet Kampioenskappe
Artikel

Boogskiet Kampioenskappe

Die interprovinsiale en nasionale kampioenskappe het van 3 tot 5 Oktober in Rustenburg in Noordwes  plaasgevind. Sewe kinders is gekies om die Oos-Kaap span van 32 tydens die Nasionale Kompetisie te verteenwoordig – Juryna Fourie, Annelou van der Mescht en Jaco van Loggerenberg van HVS, Daniel McNaughton en Matthew McNaughton van UHS was in die...

Hokkietoernooi in Holland
Artikel

Hokkietoernooi in Holland

Twee van Hoër Volkskool se belowendste hokkiespelers het tydens die vakansie deelgeneem aan ‘n toernooi in Holland. Chloè Stannard (links) en Anje Smith het hier hul hokkievaardighede verbeter deur twee klinieke by te woon wat aangebied is deur Internasionale hokkiespelers van regoor die wêreld. Hul het vier wedstryde gespeel. Hul verloor teen Oranjerood Klub, en...

Pienk Bome vir Pauline
Artikel

Pienk Bome vir Pauline

Hoër Volkskool het met baie werk en lag ‘n vlot bymekaar gesit vir die Pink Trees for Pauline-veldtog. Saterdagoggend het ons deelgeneem aan die pretstap en optog en het’n derde plek behaal vir ons vlot! Dankie aan almal wat saamgewerk het om hierdie projek soveel pret én suksesvol te maak.

Atletiek – Top 10 Byeenkoms
Artikel

Atletiek – Top 10 Byeenkoms

Die atlete van Hoër Volkskool het baie goed presteer by die Top Tien Byeenkoms op Cradock.   Die volgende prestasies is behaal: Shirwan van Staden                        :           2de – 100m, S o.19 – 10,89 sek :           3de – 200m, S o.19 – 22,60 sek  ...

Prysuitdeling
Artikel

Prysuitdeling

Hoër Volkskool het Maandagaand weer ons jaarlikse prysuitdeling gehad. Hier is baie van ons leerlinge beloon vir hul harde werk op akademiese, sport en kultuurgebiede.  Dit was weereens ‘n spoggeleentheid wat seepglad verloop het.  Ons wil ook aan al ons pryswenners weer geluk wens met hul uitstaande prestasies.  

Sewe’s Rugby
Artikel

Sewe’s Rugby

Baie geluk aan die HVS Sewe’s rugbyspan wat die Plaat kompetisie gewen het tydens die Sewe’s rugbytoernooi op Burgersdorp. Hul eerste wedstryd het hulle verloor met 12 – 7 teen Burgersdorp.  Daarna het hulle Landboudal gewen met 33 – 0 en ook hul derde wedstryd teen Dordrecht gewen met 26 – 7. Foto; Agter: Ruben...

Senior Leerlingraad 2019
Artikel

Senior Leerlingraad 2019

Die senior leerlingraad vir die jaar 2019 is aangewys. Baie geluk aan die volgende leerlinge: Agter: Jaydee Jooste, Llewellyn Crewe-Brown, Chris Burger, Marichen Piek, Jaco Gouws, Dieter Bertram, Ashley Arnolds en Emile Bosch. Voor: Inge van Rooyen, Casey Du Toit, Caryn Swartz, Megan Nel, Devenito Grootboom, Caitlin du Preez, Liezel Nel en Labre Oosthuizen.