Tydens die Julie-vakansie het ‘n paar van ons leerders aan provinsiale toernooie deelgeneem en sodoende gekwalifiseer vir hul erekleure in hul onderskeie kodes. Agter: Lykita Koeberg verteenwoordig OP in die 0.17B span by die Nasionale Netbaltoernooi wat in Boksburg aangebied is. Maryna Nell verteenwoordig ook vir OP in die 0.17B span by die Nasionale Netbaltoernooi....
Kategorie: Nuusberigte
Akademiese Top 10
Na afloop van die Junie-eksamen, is Hoër Volkskool se top akademiese presteerders aangewys. Die stryd was taai en in sommige grade is die verskil tussen die eerste vyf posisies net 1 of 2 persent. Die volgende leerlinge is aangewys as die nommer een in hul graad: Engeri Fourie (gr12), haar sussie, Juryna Fourie in Gr...
ATKV – Jeugtak Volksmond
Die afgelope week het Annelou van der Mescht, voorsitter van Hoër Volkskool se ATKV-Jeugtak, Die die Volksmond, die ATKV se Algemene Jaarvergadering wat gehou is by Klein Kariba bygewoon. Die tema was hierdie jaar Innovasie en Opleiding. Hier het die Volksmond – tak twee toekennings ontvang vir: ‘n Tak met ‘n baie hoë graad van...
IMSSU wêreld skiet, NASP en EPMSSU “Classic”
Anke van der Westhuizen is gekies vir die Junior Protea span om aan die IMSSU wêreld skiet deel te neem. WILDCRETE UITDAAGSKIET 23 Junie te HTS Daniel Pienaar Uitenhage Met die 3D span kompetisie het die HVS span (Juryna Fourie, Jaco van Loggerenberg, Iwan van Loggerenberg, Petrone Fourie, Annelou van der Mescht; Xander Mostert; De...
‘n Liefde vir jou medemens
Hoër Volkskool se Landsdienslede het saam met ander vrywillige leerders die strate van Graaff-Reinet ingevaar om fondse vir Huis van der Graaff in te samel. Gewapen met plakkate en blikke het hierdie opgewonde vrywilligers die straathoeke rondom die NG Kerk beman en verbygangers bewus gemaak, gesmeek en oortuig om ‘n finansiële bydrae te maak. Kers...
Tennis
Dieter Bertram gaan tydens die Junie-vakansie deelneem aan ‘n Interprovinsiale Tennistoernooi te George. Drie provinsies, OP, SWD en Noord-Kaap sal aan hierdie kompetisie deelneem. Hy is gekies om die OP in die 0.16 span te verteenwoordig. Baie sterkte!
Pantoffeldag
Terwyl die res van die land pantoffeldag vroeer in die jaar gevier het, het Hoër Volkskool gewag dat die weer saamspeel en sodoende snoesig kan eksamen skryf! Ons bied hierdie pantoffeldag aan ten bate van kinders met lewensbedreigde siektes. Foto: Lara du Plessis, Lynette Ittershagen-Strauss, Danita van der Merwe, Nadene Kuhne en Annelou van der Mescht...
HVS Rugbymanne
Die volgende Hoër Volkskool rugbyspelers is verkies om tydens die Junie-vakansie verskillende provinsiale en nie-provinsiale spanne te verteenwoordig. Vanl links na regs: Cullen August, is verkies tot die 0.19 OP Plattelandspan wat aan die VKB Landbou toernooi gaan deelneem in Reitz, Jan-Hendrik Gouws, OP 0.15 wat in Vereeniging gaan deelneem, Devan Nel wat verkies is...
Redenaars
Justin Gafoor , Celine Kirstein en Linda Lötter het op 1 Junie 2018 deelgeneem aan die ATKV Redenaars semifinaal: Suid – en – Oos – Kaap te Hoërskool Outeniqua in George. Justin en Linda het deelgeneem aan die onvoorbereide toesprake vir Afrikaans Huistaal (gr10 – 12). Justin was onder die top tien in die agtste...
Huis Cronjé
Ses jaar gelede is daar ‘n nuwe koshuiskomitee verkies vir Huis Cronje. Mev. Christelle Nel was die voorsitter vir twee termyne (ses jaar). Van die eerste dag af, was die komitee se hoofdoel om die koshuis se geriewe op te gradeer. Vandag kan terug gekyk word met trots en groot dankbaarheid. Die hele koshuis is...









