Kategorie: Nuusberigte

Home / Nuusberigte
Hoër Volkskool gaan G(ma)roen!!
Artikel

Hoër Volkskool gaan G(ma)roen!!

Hoër Volkskool is nou offisieël ‘n groen skool.  Hoër Volkskool herwin al vir ‘n geruime tyd, maar nou gaan ons dit op grootskaal begin doen.  Hierdie projek maak deel uit van die gr 10’s se lewensoriëntering projek. Hulle maak die dromme self skoon en gaan help ook om die trokke te laai. Op die foto...

Ruiterkuns
Artikel

Ruiterkuns

Drie leerlinge van Hoër Volkskool het deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Saalperd Kampioenskappe by die Bloemskou 24 – 28 April 2018. Weereens druk Hoer Volkskool hul stempel af op Ruiterkuns in SUid-Afrika. Die ruiters neem deel aan uitdunne vir die kampioen van Kampioene, wat ‘n glansgeleentheid is waar die top 8 ruiters 18 jaar en jonger...

Hokkie
Artikel

Hokkie

‘n Hokkiespeelster van Hoër Volkskool, Chloe Stannard, is tydens die afgelope hokkietoernooi in Bloemfontein, ingesluit by o.14 die Elsie Coetzerhokkiegroep. Hierdie groep gaan tydens die Septembervakansie Holland toe toer om daar aan ‘n hokkietoernooi deel te neem. Ons is baie trots op Chloe!

Ooskaap Netbal
Artikel

Ooskaap Netbal

Maryna Nel, Marichen Piek, Lara du Plessis en Lykita Koeberg is na afloop van die afgelope rondtes netbalproewe gekies om die Oos-Kaap te verteenwoordig. Hul is gekies vir die 0.18 span wat tydens die Junie-vakansie aan ‘n interprovinsiale toernooi te Boksburg gaan deelneem. Dit is ‘n dubbele eer vir ons skool, nadat Lara en Lykita...

Redenaars
Artikel

Redenaars

Hoër Volkskool het ons interne redenaarskompetisie aangebied. Na ‘n baie taai stryd tussen die sprekers het Astrid Langeveldt tweede geëindig in die juniors afdeling terwyl Carlin Jansen tweede geëinndig het in die senior afdeling. Die wenners was Justin Gafoor (Seniors) en Annelie Pieterse (Juniors)

Swem
Artikel

Swem

Hoër Volkskool het die swemseisoen op ‘n baie hoë noot afgesluit. Ons top swemmers het deelgeneem aan die top 8 gala, vlak 1, 2 en 3 gala’s. Die top 8 swemmers Swemmers wat aan die top 8 gala deelneem, moes aan B-groep gala’s gedurende die seisoen deelneem, waar die top 8 swemmers dan gekies word...

Erekleure
Artikel

Erekleure

Die volgende leerlinge het na afloop van die somersportseisoen gekwalifiseer vir erekleure in hul verskillende dissiplines: Zileke de Jager (Ruiterkuns), Zankie Botha (Ruiterkuns), Llewellyn Crewe-Brown (Swem) Sherwin van Staaden (Atletiek) en Alwyn van der Merwe (Tennis) afwesig: Rianco vermeulen (Swem).

Akademie – Top klasposisies
Artikel

Akademie – Top klasposisies

Na afloop van die afgelope kwartaal se toetsreeks, is die volgende leerlinge aangewys as die nommer 1 in hul graad vir akademie: Annika Fitzgerald  (Gr9), Chloe Stannard (Gr8), Pierre van der Merwe (gr11), Juryna Fourie ( gr10) en Engeri Fourie (gr12).

SA Atletiek-kampioenskappe
Artikel

SA Atletiek-kampioenskappe

Shirwan van Staden het hierdie jaar ‘n besondere prestasie behaal deur aan twee Suid Afrikaanse Kampioenskapsbyeenkomste deel te neem.  Hierdie uitstaande Hoër Volkskool atleet het goed presteer teen die beste atlete in ons land. Shirwan het deelgeneem aan die Suid Afrikaanse Junior Kampioenskappe (5 – 7 April 2018) in die Paarl.  Hy het in die...

DBV Uitreik
Artikel

DBV Uitreik

Hoër Volkskool het die kwartaal goed afgesluit. Van ons leerlingraadslede het elkeen ‘n leiband saamgeneem na die DBV en met die honde daar gaan stap en bietjie met hulle gespeel. Die leerlinge kon nie uitgepraat raak oor hoe opgewonde die honde was oor die aandag wat hul gekry het nie! Graag doen ons dan ‘n...