Na afloop van die afgelope kwartaal se toetsreeks, is die volgende leerlinge aangewys as die nommer 1 in hul graad vir akademie: Annika Fitzgerald (Gr9), Chloe Stannard (Gr8), Pierre van der Merwe (gr11), Juryna Fourie ( gr10) en Engeri Fourie (gr12).
Author: admin
SA Atletiek-kampioenskappe
Shirwan van Staden het hierdie jaar ‘n besondere prestasie behaal deur aan twee Suid Afrikaanse Kampioenskapsbyeenkomste deel te neem. Hierdie uitstaande Hoër Volkskool atleet het goed presteer teen die beste atlete in ons land. Shirwan het deelgeneem aan die Suid Afrikaanse Junior Kampioenskappe (5 – 7 April 2018) in die Paarl. Hy het in die...
DBV Uitreik
Hoër Volkskool het die kwartaal goed afgesluit. Van ons leerlingraadslede het elkeen ‘n leiband saamgeneem na die DBV en met die honde daar gaan stap en bietjie met hulle gespeel. Die leerlinge kon nie uitgepraat raak oor hoe opgewonde die honde was oor die aandag wat hul gekry het nie! Graag doen ons dan ‘n...
HVS Oscar-aand
Verlede week het Hoer Volkskool die twee-jaarlikse Oscar-aand aangebied. Die aand is ‘n hoogtepunt op ons skool se kalender waar leerlinge pryse wen vir onder andere die meisie met die mooiste bene, die trouman in die skool en ook glanspaartjies wat verseker gaan trou! Die hoogtepunt van die aand is wanneer die onderwysers hul verskyning...
Vlak 1 en Top 8 Gala
Sewe van Hoer Volkskool se swemmers het aan die Vlak 1 gala en die uitnodigingsgala, die Top 8 gala in Port-Elizabeth deelgeneem. Almal het baie goed gevaar en goeie tye geswem. By die vlak 1 gala het Emile Blignaut, Nico Coetzee, PJ de Goede, Dane Thiart en Owen Thiart deelgeneem. Emile Blignaut het ‘n algehele...
NASP-Interskole boogskiet
Saterdag 17 Maart 2018 Uitstekende weer, uitstekende gees, uitstekende kompetisie. 43 Kinders van die westelike deel van die Oos-Kaap het aan die NASP-Interskole boogskiet kom deelneem. Die kompetisie was straf en die die punte toon dat hierdie kinders hard werk om goeie resultate te behaal. In die individuele items is die volgende behaal: 3D JUN...
Besigheidstudies-klas besoek Montego
Die Graad 11 Besigheidstudies klas het laas week Donderdag vir Montego besoek. Die klas het meer geleer oor die Sekondêre sektor en bestuur van die besigheid. Die leerders was veral beïndruk met hoe so groot maatskappy familie waardes inkorporeer. Die klas bedank vir oom Wilfred van der Merwe vir sy uitstekende toer en les oor...
Debatfees tydens Woordfees te Stellenbosch
12 leerders van Hoër Volskool het op 10 Maart 2018 deelgeneem aan die Debatfees tydens die Woordfees op Stellenbosch. Die vier spanne van drie leerders elk is ingedeel in die Harde Koejawels en Ou Hande – kategorieë. Hoër Volkskool het teen spanne van Hoër Meisieskool Paarl, Hoërskool Belville, Paul Roos, Paarl Gim, Jan van Riebeeck,...
Oos-Kaap Hoërskole Atletiek
Die room van Oos Kaap se Hoërskool atlete het van 6 tot 9 Maart 2018 op NMU se baan in Port Elizabeth meegeding. Baie goeie prestasies is gelewer wat goeie uitslae vir die provinsie voorspel by die SA Hoërskole Kampioenskappe in Potchefstroom. Shirwen van Staden, spogatleet van Hoër Volkskool, was een van die uitblinkers van...
Landsdiens is lekker!
Vrydag 2 Maart 2018 het ‘n vrolike groep Hoër Volkskool Landsdieners na Skietfontein vertrek op die jaarlikse takkamp. Landsdiens staan stewig op vier pilare, nl. Liefde vir God, medemens, arbeid en die natuur. Tydens kampe word tyd ingeruim vir aktiwiteite rondom elk van hierdie pilare. Gewapen met grawe, pikke en ‘n koevoet of twee is...









