Verlede week het Hoër Volkskool die jaarlikse Karoogala aangebied by ons swembad. Die opkoms was baie groot, mense het gery van so ver as Fort Beaufort om aan hierdie gala deel te neem. Skole wat meegeding het om die trofee was Union Schools, Volkskole, Cradock Hoër en Laerskool, Gill Primary en Gill College, Hoër Landbouskool...
Author: admin
Sarah Baartman Atletiek
Die beste Hoërskoolatlete van die Sarah Baartman Mega Distrik het op die Westbourne Ovaal kragte gemeet. Mooi weer het in die middag plek gemaak vir ‘n donderstorm wat die byeenkoms vir ‘n halfuur tot stilstand gebring het. Twintig atlete van Hoër Volkskool het deelgeneem en die volgende mooi prestasies behaal: Annelie Viljoen 1ste diskus D/14...
Interskole swem
Verlede week het Union Schools die jaarlikse Interskole tussen die Volkskole en Union aangebied by Hoër Volkskool se binnenshuise swembad. Die gala is baie goed ondersteun deur groot getalle deelname, baie ouers en ander ondersteuners wat bygedra het tot diè suksesvolle byeenkoms. Marlien Crewe-Brown en haar boetie, Llewellyn, albei swemmers van Hoër Volkskool, het twee...
Tennistoernooi – Bredasdorp
Hoër Volkskool se tennisspelers het weer hierdie jaar aan die Tennis-vir-Jesus toernooi te Bredasdorp deelgeneem. Die eerste rondte het hul wedstryde in hul groep gespeel, waar hul vir Hoerskool Dirkie Uys 23 -22 gewen het, en vir Auxburg Landbouskool 35-10 gewen het. Met al die punte wat hul bymekaar gemaak het, het hul eerste in...
Danseksamen
Linda Lötter het deelgeneem aan die Association of International Dance Teachers se danseksamen en voltooi haar “Preliminary Junior Modern Exam’ met Lof. Linda is ‘n Graad 11 leerling aan Hoër Volkskool.
Rivermile
Die afgelope naweek het Hoër Volkskool weer aan die Rivermile te Cannonville deelgeneem. Hierdie jaar het twee onderwysers van die skool ook ingespring. Almal het baie goed gevaar, en weggestap met ‘n medalje. Llewellyn Crewe-Brown het egter baie goed gedoen. Hy het die myl in 22 minute voltooi, minder as 2 minute na die wenner....
Boogskiet
Skole van Oos-Londen, Port Alfred, Port Elizabeth en Graaff-Reinet het in die bullseye en 3D kompetisies meegeding by Port Alfred Hoërskool. In die BULLSEYE kompetisie het Volkskool ‘n 1ste span posisie behaal met ‘n totaal van 2954 en die tweede plek is deur PAHS ingeneem met 2626. Met 3D kompetisie was daar nie genoeg span...
Karoo Hoërskole Atletiek
Atlete van Graaff- Reinet, Aberdeen, Willowmore, Steytlerville, Jansenville, Somerset Oos, en Pearston het aan die byeenkoms deelgeneem. Die atlete van Hoër Volkskool het een en dertig eerste plekke, soos volg, behaal: Shirwan van Staden 100m S/19 10.84sek 200m S/19 22.63sek Lafras van Rooyen diskus S/19 34.60m Elandré Fourie spiesgooi S/19 27.97m Roshaan Jaftha verspring D/19...
HVS Kleuregala
Hoër Volkskool het verlede week ons jaarlikse kleuregala aangebied en dit was weereens ‘n baie groot sukses. ‘n Hele paar rekords is verbeter. Llewellyn Crewe-Brown en sy jonger sussie, Marlien Crewe-Brown het met die titels as Victor en Victrix Ludorum van die dag weggestap. Llewelyn het aan sewe items deelgeneem en al sewe se rekords...
ATKV Volksmond Jeugtak
Die nuwe bestuur vir 2018 verskyn hier saam met mnr. Gertjan Holtzhausen van Bloemfontein, ATKV Streeksbestuurder. Op die foto verskyn Annelou van der Mescht (Voorsitter), Megan Nel (Fotograaf), Justin Gafoor (Ondervoorsitter), Annelize van Gent (sekretaris), Renier Kemp (addisionele lid), Caitlin du Preez (tesourier), Gideon Muller (Klankman) en mnr. Gertjan Holtzhausen. Baie geluk en voorspoed aan...









