Ons jaarlikse koedoejag is weer om die draai! Hierdie is ons tweede jaar wat ons die geleentheid aanbied, en van die begin af was KAROO FORD ons trotse hoofborg. Dankie dat julle saam met ons hierdie tradisie help bou – ons waardeer die ondersteuning op elke myl van die pad!

Nou Praat Jy
Hoër Volkskool maak opskudding in die Kaap. Ons klein, maar trotse skool het op Woensdag, 25 Junie, aan die Nou Praat Jy – redenaarskompetisie in Durbanville deelgeneem. Hierdie kompetisie vorm deel van Curro Durbanville se Kultura-fees waar top skole regoor die land deelgeneem het. Vanjaar se onderwerp was “Afrikaans, ‘n Taal van kleur en klank”. Die formaat vereis dat 2 sprekers gesamenlik ‘n toespraak lewer. Hoër Volkskool sprekers, Mikha Enslin (gr.11) en Mia Prinsloo (gr.10) het die Kaap oorrompel met hul visie vir Afrikaans en die waardes van ons skool op ‘n kleurvolle wyse oorgedra. Met Hoërskool Stellenbosch wat as...

Nasionale Kongres
Drukke week vir Hoër Volkskool! Ons is ongelooflik trots om aan te kondig dat Juffrou Malan, Juffrou Gildenhuys en Meneer Prinsloo van 24–26 Junie 2025 die voorreg het om die Solidariteit SOS Nasionalekongres in Midrand, Johannesburg, by te woon. Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) fokus op die bemagtiging van Afrikaanse onderwysers en skole, via leierskapontwikkeling, netwerkgeleenthede en kwaliteit sprekers. Tydens die drie dae sal hulle onder meer leer van: -Stefan Joubert, Daan Potgieter, Johan Koornhof, Margite Meyer‑Rödenbeck, Anthony Noble en nog vele meer. – Onderwerpe soos Leierskap volgens Jesus, jou dryfkrag is nie vanselfsprekend nie en ander insiggewende temas. Die kongres...

Landbou in aksie
Op 24 Junie 2025 het die Graad 10 Landbouwetenskapklas ’n praktiese uitstappie onderneem na House of Fibre en BKB se wolstoor in Gqeberha. By House of Fibre is ons deur elke stap van die sybokhaarproses geneem – van ontvangs en weeg tot verwerking en bemarking. Leerders het ook ’n oorsigvideo gesien van hoekom hierdie stoor ’n sleutelrol speel in die sybokhaarbedryf. By BKB het die klas waardevolle insig gekry in die ontvangs, sortering en toetsing van wol, met die geleentheid om self aan die verskillende bins te voel en leer hoe wol op fynheid en skoonopbrengs getoets word. Spesiale dank...

Interskole Redenaarspan
Hoër Volkskool se Interskole redenaarspan het heerlik gesmul en saam gekuier vir ‘n beplanning- en opleidingsaand om van Interskole 2025 se Kultuuraand ‘n aand van gehalte te maak. Die samewerking en kameraadskap is wat van plattelandse skole ‘n suksesverhaal maak. Hoër Volkskool word vanjaar verteenwoordig deur Lisa du Toit (gr., Hestri Pearson (gr.9), Mikha Enslin (gr.11) en Anna-May Hayes (gr.12). Ons wens julle alle voorspoed toe met jul voorbereiding. Dankie Union High School, Graaff-Reinet

Landbou-leer buite die handboek
Op Maandag, 23 Junie 2025 het Dr. Mackey Hobson, veearts van Graaff-Reinet, met ons Graad 12 Landbouwetenskapklas kom gesels en waardevolle praktiese insig gedeel. Hy het gefokus op: Hoe om siek diere betyds op te spoor en behoorlik te behandel Die doel en proses van ’n nadoodse ondersoek. Wanneer en hoe om diere te doseer En waaroor ons waaksaam moet wees om te verseker dat ons met gesonde diere boer. Baie dankie aan Dr. Hobson vir ‘n leersame en relevante aanbieding – dit was ‘n klas wat beslis bly lê!

MASA Nasionale Kampioenskappe
Op 14 en 15 Junie het lede van “Raptors Martial Arts” aan die MASA (“Martial Arts South Africa”) Nasionale Kampioenskappe in Pretoria deelgeneem as deel van die Oos-Provinsie span. Hierdie span het onder die vaandel van KOSA (“Kickboxing Organization of South Africa”) meegeding. Met 629 atlete van 23 verskillende Martial Arts-organisasies was dit ‘n groot en uitdagende kampioenskap – fisies én emosioneel. Tog het elke deelnemer met alles wat hulle het geveg, vasberade om hul plek op die podium te verdien. Ons is ongelooflik trots op die volgende Hoër Volkskool leerders wat medaljes verower het: Reaglin Maarman – Goud: No-Gi...

Internasionale Saalperd-kompetisie
Ons wil graag vir Tiaan Fourie een van ons matriekleerders, alle sterkte toewens met sy vertrek vandag na New Orleans, VSA. Hy gaan Suid-Afrika verteenwoordig by ’n Internasionale Saalperd-kompetisie. Tiaan is nie net ’n deelnemer nie, maar ook die kaptein van die 5-gang span – ’n besonderse prestasie waarop ons ongelooflik trots is! ’n Spesiale woord van waardering ook aan Sumeri Botha, die afrigter van die span. Hierdie kwartaal het sy boonop ook ingespring as Wiskunde-onderwyseres by Hoër Volkskool – ’n ware voorbeeld van toewyding en veelsydigheid. Voorspoed Tiaan en Sumeri – ons staan agter julle! Eastern Province Saddlehorse Sub...

Teatro Arti Eisteddfod
Volkskool se eie ster skyn helder! Rikus Kleyn het onlangs aan die Teatro Arti Eisteddfod deelgeneem en ‘n A+++ (97%) verwerf vir sy pragtige vertolking van Ivan Roux se “Vier Seisoene Kind“. Teatro Arti is die grootste kompetisie geregistreer by die “National Arts Association of South Africa” en word landwyd deur meer as 40 skole en 20 privaat instellings erken. Met slegs geakkrediteerde beoordelaars en ‘n inskrywing van ongeveer 4200 deelnemers, is hierdie prestasie werklik uitsonderlik! Ons is trots op Rikus se talent, toewyding en die manier waarop hy Volkskool se naam landwyd uitdra.

Jeugdag 2025
Vandag staan ons stil by die krag, potensiaal en verantwoordelikheid van die jeug. Ons leef in ‘n wêreld vol moontlikhede – geleenthede om te leer, te lei, en ‘n verskil te maak. Saam met daardie voorreg kom ‘n plig: om betrokke te wees, om op te staan vir geregtigheid, en om ons wêreled beter te maak vir almal. By Volkskool verstaan ons dat hierdie verantwoordelikheid nie ligtelik opgeneem kan word nie. Ons glo dat elke jong mens ‘n rol het om te speel in die bou van ‘n meer hoopvolle en regverdige toekoms. Mag ons nie net droom nie, maar...
