Hokkie SA o.16 span

Hokkie SA o.16 span

Tydens die vakansie het Alecia Louw met trots deelgeneem as lid van die o.16 OP-hokkiespan wat aan die provinsiale toernooi in Pietermaritzburg, by St Anne’s Diocesan College, deelgeneem het.Die span het silwer medaljes verower na ‘n gespanne eindstryd teen “KZN Coastals”, met ‘n telling van 2 – 4. Hierdie teenstanders het deur die hele toernooi onoorwonne gebly – wat die OP-span se prestasie nóg meer merkwaardig maak.🎉 Alecia se harde werk en talent is beloon toe sy ook verkies is tot die Suid-Afrikaanse o.16 span – ’n ongelooflike prestasie! Baie geluk, Alecia! Volksool is trots op jou! 🌟

Provinsiale Trots

Provinsiale Trots

Uné Groenewald het tydens die vakansie haar plek vol gestaan in die o.14 OP-hokkiespan, wat van 3 – 5 Julie in die Paarl aan ’n provinsiale toernooi deelgeneem het. Hulle is in ’n sterk pool geplaas en het vyfde algeheel geëindig – ’n puik prestasie teen uitmuntende kompetisie! Uné, om jou provinsie te verteenwoordig is ‘n besondere eer – en ons as Volkskool is ongelooflik trots op jou!

Internasionale Sukses

Internasionale Sukses

Tiaan Fourie, ‘n matriekleerder van Hoër Volkskool, het tydens die vakansie aan die Internasionale Saalperdkompetisie in New Orleans, VSA deelgeneem. Hy was die kaptein van die “5-gaited” span – en onder sy leiding het hulle GOUD huis toe gebring. Tiaan, ons is ongelooflik trots op jou prestasie en die manier waarop jy nie net jou span nie, maar ook jou skool en land verteenwoordig het! Baie geluk ook aan Sumeri Botha, afrigter van hierdie wen-span! Sumeri het gedurende die tweede kwartaal ook by ons ingeval as Wiskunde-onderwyser – en haar passie en toewyding maak ons só trots!

Welkom by Hoër Volkskool Mev Cecilia Pienaar

Welkom by Hoër Volkskool Mev Cecilia Pienaar

Ons is trots om Mev. Cecilia Pienaar as deel van die Hoër Volkskool-span te verwelkom! Sy gaan Wiskunde vir Graad 10 en 11 aanbied. Met ’n B.Ed in Senior en VOO-fase, gespesialiseer in Wiskunde en IGO aan die NWU, bring sy nie net akademiese kundigheid nie, maar ook ’n opregte passie vir onderwys en ’n hart vir elke leerder. Haar gunsteling aanhaling is: “Doen jou bes en God doen die res.” As kind het sy gedroom om ’n veearts te word, maar haar roeping het haar na die klaskamer gelei – tot ons groot voordeel! Sy sien veral daarna uit...

Trots op Volkskool Swemmers

Trots op Volkskool Swemmers

Chris de Wet en Kate-Lynn Kruger is onlangs uitgenooi na die “NMBA End-of-Season” Prysuitdeling, wat op 18 Julie by die German Club in Gqeberha gehou is – en hulle het groot indruk gemaak! Chris de Wet is aangewys as die Toppresteerder vir Seuns in die 17 jaar-ouderdomsgroep – ‘n fantastiese prestasie! Kate-Lynn Kruger het die “Joy Kennelly” Trofee ontvang as Beste Vroue 200m Borsslagswemmer tydens die Oos-Kaap Kampioenskappe. Baie geluk aan hierdie twee uitblinkers – Volkskool is ongelooflik trots op julle!

Sportboogskiet in aksie

Sportboogskiet in aksie

Ons matrieks het hierdie week hul praktiese sessie van die inleidingskursus tot sportboogskiet voltooi – ’n jaarlikse hoogtepunt in die LO-kurrikulum! Die kursus is met kundigheid aangebied deur mnr. Cronjé, ‘n gesertifiseerde afrigter wat oom onder ander BAI-afrigters (Basic Archery Instructors) oplei. Die leerders het nie net hul mik- en fokusvaardighede geslyp nie, maar ook iets nuuts en opwindends geleer – ’n ervaring wat beslis bybly!

Volksie op Internasional verhoog

Volksie op Internasional verhoog

Johndré Ludick, matriekklas van 2024, verteenwoordig tans Suid-Afrika by die gesogte 2025 “Toyota Junior Golf Word Cup” in Japan! Die toernooi vind plaas van 24 tot 27 Junie by die Chukyo Golf Club – ’n wêreldklas geleentheid waar Johndré sy talent wys teen van die wêreld se beste jong gholfspelers. Ons is ongelooflik trots op Johndré se prestasie en sien uit na sy verdere sukses op die internasionale verhoog. Hou aan vlieg, Volksie! Lees meer

Landsdienskamp 2025

Landsdienskamp 2025

Karoo Volksies stap vorentoe! Van 30 Junie tot 4 Julie het 190 leerders en personeel ’n onvergeetlike week in Burgersdorp deurgebring as deel van die Landsdiens Provinsiale Kamp. Hoogtepunte van die week: – Murder Mystery – Handvaardigheid – Selfverdediging – Staproetes Daguitstappie na Gariep: – Ferry-rit – Toer deur die damwal en hidrokragstasie Kinders het nuwe vriende gemaak, leierskap geleer en die vier liefdes van Landsdiens uitgeleef – liefde vir God, die natuur, jou medemens en jou omgewing. Baie geluk aan Luandré Rademan, wat gekies is om die Nasionale Kamp in Desember by te woon! ’n Spesiale vermelding aan Lisa...

Interskole Aandfunksie

Interskole Aandfunksie

Ons begin die slapies (of dalk skapies🐑) tel!Nog net 56 dae voor ons jaarlikse Interskole teen Union, Graaff-Reinet – en soos tradisie dit vereis, skop ons dié spesiale naweek af met ’n aandfunksie op die Vrydagaand! 🎉 Ouers en vriende van Laer- en Hoër Volksool, Weppie Preppie en reüniegroepe word hartlik uitgenooi om saam te kom kuier en die gees behoorlik aan te wakker. ☎️ Bespreek jou tafel by Bettie – plekke is beperk en raak vinnig vol, so moenie uitmis nie! Kom wees deel van ‘n aan van herinneringe, kameraderie en ware Volkskool-gees.