Boogskiet sukses in Uitenhage

Boogskiet sukses in Uitenhage

Volkskool se skuts het uitstekend presteer by die kompetisie by Corkwood Mall. Hoogtepunte: – Karli van Rooyen skiet haar eerste én tweede 50 op 10m! – Rikus Kleyn skiet sy eerste 50 op 15m na 8 jaar – welgedaan! – Conrad Kleyn neem goud en silwer huis toe, sowel as – Conrad Kleyn is ook as die Beste Hoërskool Skut aangewys. – Danel de Koker – goud – Michyle Mostert – silwer – Karli van Rooyen – twee keer brons Baie geluk aan al ons skuts – Volkskool is trots op julle akkuraatheid en deursettingsvermoë!

Roof of Africa – Mother of hard enduro

Roof of Africa – Mother of hard enduro

Matsieng, Lesotho | 28–30 November 2024 Erik Swanepoel, Gr. 11-leerder van Hoër Volkskool, het ’n ongelooflike 5de plek behaal uit 290 deelnemers in die Brons Afdeling van die internasionale Roof of Africa motorfietsresies! Hy het die 3-dae roete van 127 km in ’n totale tyd van 8 uur 49-minute voltooi – ’n bewys van sy uithouvermoë, fiksheid en tegniek in van die mees uitmergelende terrein in die wêreld. Dag-tellings: • Dag 1: 27 km (Tydtoets) • Dag 2: 80 km in 5 ure 20 minute • Dag 3: 47 km in 3 ure 28 minute Internasionale deelname van lande soos...

Gevegkuns: Raptors maak golwe!

Gevegkuns: Raptors maak golwe!

Raptors gevegkuns het hul staal gewys by die Oos-Kaap MASA (Mixed Martial Arts South Africa) kampioenskappe op 10 Mei in Despatch – en ons is ongelooflik trots op die uitmuntende prestasies van ons leerders! Drie van ons eie Hoër Volkskool-leerders het uitstekend gevaar en is gekies om die Oos-Kaap Provinsie te verteenwoordig by die Nasionale MASA Kampioenskappe op 14 & 15 Junie in Pretoria. Wat ’n ongelooflike eer! Baie geluk aan: Jean van Wyngaard – Silwer vir “Points” én Silwer vir “Continuous” Renaldo van der Westhuizen – Dubbel Goud vir “Points” Reaglin Maarman – Goud vir “Points”, Goud vir “Grappling”...

ATKV Debat – Oos-Kaap Proewe

ATKV Debat – Oos-Kaap Proewe

Twee spanne van Hoër Volkskool het op 14 April aan die ATKV-debatproewe deelgeneem by Ooskus Gimnasium. Hulle het teen sterk opponerende spanne van Hoërskool Nico Malan en Hoërskool Despatch te staan gekom en het al drie debatsgesprekke gewen!Beide van Hoër Volkskool se spanne eindig derde in hul onderskeie groepe – ’n puik prestasie teen sterk opposisie.Spanne:

ATKV Redenaars semi-finaal

ATKV Redenaars semi-finaal

Volksies praat hul pad oop na die ATKV Redenaars semi-finaal. Na weke se asem ophou is Hoër Volkskool verlig en opgewonde om aan te kondig dat vier Volksies deur kon dring na die ATKV Redenaarskompetisie se semi-finaal wat Saterdag, 31 Mei op Humansdorp aangebied word. Hier kompeteer die room van ons provinsie se sprekers om ‘n plek in die landswye finaal wat op 5 Augustus by die ATKV Goudini Spa aangebied word.Baie geluk aan Hestri Pearson (gr.9), Pieter Fourie (gr.😎, Drian Gildenhuys (gr.😎 en Mikha Enslin (gr.11) met die uitsonderlike prestasie en word elkeen sterkte toegewens met die voorbereiding wat...

Ontmoet me. Julia Siebrits

Ontmoet me. Julia Siebrits

‘n Passievolle onderwyseres by Hoër Volkskool Ons is opgewonde om me. Julia Siebrits as deel van die Hoër Volkskool-span te hê! Sy bied die volgende vakke aan:Landbouwetenskappe vir Graad 10, 11 en 12Natuurwetenskap vir Graad 8Lewensoriëntering vir Graad 9Me. Siebrits het ‘n BSc-graad in Veekunde en is tans besig met haar Nagraadse Onderwys Sertifikaat – ‘n bewys van haar toewyding aan leer en ontwikkeling.Haar gunsteling aanhaling is:“Jy moet die dood van ‘n eenling ervaar om die geboorte van ‘n tweeling te waardeer.”Hierdie aanhaling weerspieël haar waardering vir groei, lewenslesse en die krag van perspektief.Toe sy klein was, het sy daarvan...

Uitsonderlike prestasie in perdry

Uitsonderlike prestasie in perdry

Ons is ongelooflik trots op Tiaan Fourie, Marli Fourie en Philip Ehlers, wat in Februarie aan die Saddleseat Nasionale Protea Proewe in Victoria-Wes deelgeneem het. Al drie het die Oos-Kaap verteenwoordig in HEAT 1 en daarmee hul OP Provinsiale Ruiterkuns-klere verwerf – ’n besonderse prestasie! ’n Spesiale geluk aan: Tiaan Fourie, wat gekies is vir die Saddleseat Senior Protea 5-Gang Span en Suid-Afrika gaan verteenwoordig in Junie by ’n internasionale kompetisie in New Orleans, VSA! Marli Fourie, wat nie net een nie, maar twee keer erkenning ontvang het – sy is gekies vir beide die 3-Gang en 5-Gang Saddleseat Prospective...

Kate-Lynn Kruger blink uit in die swembad

Kate-Lynn Kruger blink uit in die swembad

Ons is ongelooflik trots op Kate-Lynn, wat erekleure vir swem by die skool ontvang het ná haar uitstaande prestasie by die SA National Junior Age Group Championships wat van 25 tot 29 April by UWC in Kaapstad plaasgevind het. Sy het ‘n brons medalje verower in die 200m borsslag – ’n puik prestasie op nasionale vlak! Kate-Lynn se deursettingsvermoë, harde werk en toewyding aan haar sport is ’n inspirasie. Baie geluk, Kate-Lynn – jou skool en gemeenskap is trots op jou!

Volkskool se gees bly onbreekbaar

Volkskool se gees bly onbreekbaar

Die naweek se rugbywedstryde teen Marlow was ‘n ware toets van karakter vir Hoër Volkskool se spanne. Al het die uitslae nie in ons guns getel nie, het ons spelers elke oomblik van elke wedstryd met moed en trots gespeel.Wat regtig uitgestaan het, was hul deursettingsvermoë. In sekere wedstryde het spanne selfs met net 13 spelers klaar gespeel weens beserings. Hulle het vir mekaar, vir hul skool en vir elke ondersteuner gespeel. Dít is die ware Volkskool-gees! Ons is trots op elke speler wat hul hart op die veld gelos het. ’n Spesiale woord van dank aan Hoër Landbouskool Marlow...

Afrikaans het onder die Karoo-sterre geskitter!

Afrikaans het onder die Karoo-sterre geskitter!

Volkskool het met trots deelgeneem aan die viering van Afrikaans se 100ste bestaansjaar – met ’n buitelugvertoning gevul met sang, dans en digkuns. Elke optrede het ’n huldeblyk gebring aan die taal wat ons lewens, harte en stories vorm. ’n Opregte dank aan ons ouers, personeel, leerders en gemeenskap wat hierdie aand onvergeetlik gemaak het. Julle teenwoordigheid en ondersteuning het gewys:Afrikaans lééf – in elke woord, elke beweging, en elke klop van ons Volksie-harte.Afrikaans is 100 jaar oud en hier by Volkskool, springlewendig!