Ons is ongelooflik trots op die 58 dapper Volkskool-leerders wat hul moue opgerol en bloed geskenk het by die South African National Blood Service. Elke sakkie bloed het die potensiaal om tot drie lewens te red – dis nie net ’n daad van moed nie, maar ook van liefde en hoop. Dankie dat julle wys hoe groot julle harte is!

Baie dankie aan ons ruim borge
Ons Mnr. en Mej. Volkskool wenners is behoorlik bederf – en dis alles te danke aan julle, ons lojale en vrygewige borge. Elke geskenk, elke bydrae en elke mooi gebaar het hierdie ervaring ekstra spesiaal gemaak vir ons leerders.Ons as Volkskool wil opreg dankie sê vir die hand van ondersteuning wat julle na ons uitgesteek het. Julle betrokkenheid en bereidwilligheid om in ons kinders te belê, spreek boekdele.Dankie dat julle ‘n verskil maak. Ons waardeer dit méér as woorde kan sê!

Kultuur vs Hoër Landbouskool Marlow
Vandag het ons kultuurleerders die naweek se aktiwiteite afgeskop met skitterende prestasies in redenaars – en Volkskool het behoorlik skoonskip gemaak! Junior afdeling: 1ste – Pieter Fourie 2de – Hestri Pearson Senior afdeling: 1ste – Mikha Enslin 2de – Mia Prinsloo Baie geluk aan elke spreker wat met selfvertroue en styl opgetree het. Julle maak ons ongelooflik trots! Ons vasvra-spanne het ook hul deel gedoen en dapper meegeding. Die seniors het hul wedstryd met slegs 2 punte verloor, en die juniors het hard geveg teen sterk kompetisie. Dankie aan elke leerder en afrigter wat vandag se kultuurdeelname moontlik gemaak het.

Mnr en Mej Volkskool – ALCHEMY
Vanoggend het die Mnr. en Mej. Volkskool-wenners ’n draai gemaak by Alchemy Skin & Body, een van ons hoofborge vir die jaar.’n Spesiale dankie aan Mia du Plessis, een van Alchemy se terapeute én ’n voormalige hoofmeisie van Hoër Volkskool, wat ook die aand bygewoon het en gehelp het met die oorhandiging. Dit is altyd lekker om oud-Volksies weer betrokke te hê.Baie dankie aan Alchemy vir julle gasvryheid en betrokkenheid by ons skool, asook die lekker pryse!

Boogskietklub
Die Hoër Volkskool Boogskietklub het Saterdag, 26 Mei, ’n baie suksesvolle kompetisie aangebied – en ons eie skuts het behoorlik gewys wat in hulle steek! Hier’s hoe hulle gevaar het: Laerskool Meisies: Helen Grobbelaar vat twee goud! Sy skiet ’n persoonlike beste van 283 – tweede hoogste telling van die dag! Net een skut was beter… en hy’s in die SA span! Mia Lategan vat twee keer brons – mooi so! Laerskool Seuns: Christiaan Marais met twee brons! Hoërskool Meisies: Danél de Koker vat twee goud, Karli van Rooyen bring twee brons huis toe! Senior Vroue: Carol Cronje neem ook...

HVS blink uit by Bloemskou 2025
Die Bloemskou, gasheer van die grootste buitelug-saalperdskou ter wêreld, het vanjaar bykans 1000 perde verwelkom – insluitend internasionale deelnemers uit die VSA.Hoër Volkskool het met trots vier talentvolle leerders gehad wat aan hierdie prestigegeleentheid deelgeneem het, met uitstekende uitslae:Tiaan Fourie:5de – 3-Gang Plesierperd Ruiters 18 jaar en onderPhilip Ehlers:4de – 5-Gang Kinderryperd Ruiters 14 jaar en onder5de – 3-Gang Plesierperd Ruiterkuns Ruiters 14 jaar en onder6de – Groot Kampioen 5-Gang Kinderryperd Ruiters 14 jaar en onderMarli Fourie:🏆 SA Kampioen – 3-Gang Ruiterkuns Ruiters 14 jaar en onder (vir die 2de opeenvolgende jaar!)🏅 Reserwe SA Kampioen – 5-Gang Plesierperd Ruiterkuns Ruiters...

Kate-Lynn derde vinnigste in Suid-Afrika
SA National Junior Age Group Championships – UWC Swembad, Kaapstad | 25 – 29 April 2025 Kate-Lynn Kruger het aan 8 items deelgeneem en daarin geslaag om 5 persoonlike beste tye te swem. Sy het in 4 finale gekwalifiseer en haar ongelooflike talent ten toon gestel. Kate-Lynn is tans die derde vinnigste 200m borsslagswemmer in haar ouderdomsgroep in Suid-Afrika. Baie geluk, Kate-Lynn – ons is ongelooflik trots op jou prestasie!

Atletiek-krulle
Baie geluk aan die volgende leerders wat aan die Oos-Kaapbyeenkoms deelgeneem het en ‘n krultoekenning vir hul puik prestasies verdien het:Tristan Lodewyk – 400mJarrod Gerber – 800m én 1500mVincent Pienaar (afwesig op die dag) – 100mOns is trots op julle almal! Hou aan hard werk – julle maak ons trots!

ATKV Redenaars
Hierdie 7 raakpraters het Hoër Volkskool met trots verteenwoordig by die eerste rondte van die ATKV Redenaarskompetisie by Hoërskool Nico Malan in Humansdorp!Elke spreker het hul staal gewys en die beoordelaars het net goeie dinge gehad om te sê. Nou hou ons almal ons asem op vir die volgende 8 werksdae – dis wanneer ons hoor wie deur is na die semi-finaal op 31 Mei (weer in Humansdorp). Ons spog-span:Voor: Zoe Campher, Hestri Pearson, Drian GildenhuysMiddel: Mia Prinsloo, Mnr Pieter Pienaar (afrigter)Agter: Mikha Enslin, Lisa du Toit, Pieter FourieOns hou styf duim vas vir goeie nuus!

Tarkastad Perdry
GROOT geluk aan Gaby Hall wat aan die Tarkastad Skou deelgeneem het en ALGEHEEL EERSTE gekom het in die 3-gang Kinderryperdklas! Hier is sy op haar pragtige perd, Gifted Looks – wat ’n span! Ons is so trots op jou, Gaby!
