SUKSESVOLLE DRIEËDRUKDAG VIR HVS

SUKSESVOLLE DRIEËDRUKDAG VIR HVS

Hoër Volkskool se jaarlikse drieëdrukdag het op Vrydag, 21 Februarie 2025 plaasgevind en was ‘n reuse sukses. Die skool se rugbyspanne het puik vertonings teen Spandau Secondary School, Asherville Secondary School en Muir College Boys’ High School, Kariega gelewer. Die o.14A- en o.15A-spanne het albei hul twee wedstryde teen Spandau en Asherville gewen. Die o.16-span het Asherville geklop en gelykop teen Spandau gespeel.Hoër Volkskool se 1ste span het hul uitstekende vorm voortgesit deur al drie hul wedstryde teen Spandau, Asherville en Muir te wen. Ondersteuners was vol lof oor die spelers se toewyding en sportmangees. Die dag was nie net...

Tweekamp

Tweekamp

Rudolph-Hein van Eeden het op 23 Februarie aan die OP Tweekamp Kampioenskappe deelgeneem. Hy het in beide die swem en hardloop persoonlike beste tye vir die seisoen aangeteken en het algeheel vierde geëindig. Na afloop van die OP Kampioenskappe is die OP-span vir die SA Kampioenskappe aangekondig. Rudolph-Hein is in hierdie span vir seuns o.19 ingesluit. Carla van Tonder is as ‘n reserwe vir die dogters o.19-span aangewys. Die SA Kampioenskappe vind op 21 & 22 Maart in Oudtshoorn plaas. Sterkte met die voorbereidings vir die kampioenskappe.

Sarah Baartman Atletiek

Sarah Baartman Atletiek

Die Sarah Baartman Atletiekbyeenkoms het op 14 Februarie 2025 in Port Elizabeth plaasgevind en Hoër Volkskool se atlete het weereens puik prestasies behaal.Prestasie van die atlete: Gekose atlete vir die OP-Kampioenskappe in Queenstown (13-15 Maart): Baie sterkte aan hierdie atlete met hul deelname aan die OP-Kampioenskappe! Mag hulle voortgaan om hul skool met trots te verteenwoordig. FOTO: Vincent Pienaar, Tristan Lodewyk, AW Lambrecht en Jarrod Gerber

Karoogala

Karoogala

Die afgelope week het Hoër Volkskool die jaarlikse Karoogala op tuisbodem aangebied. Tydens die byeenkoms in die swembadkompleks, was die gees baie opwindend, met verskillende skole wat in taai stryd gewikkel was! Hoër Volkskool het baie goed in die gala gevaar. Die uitsale is as volg: Dogters:Derde plek: Gill College: 92 punteTweede plek: Union High School, Graaff-Reinet: 149 punteEerste plek: Hoër Volkskool: 176 punte Seuns:Derde plek: Hoër Landbouskool Marlow: 101 punteTweede plek: Union High School, Graaff-Reinet: 102 punteEerste plek: Hoër Volkskool Graaff-Reinet: 198 punte. Die Victor Ludorumbeker word deur AW Lambrecht van HVS en Ben Lemke van UHS gedeel.Die Victrix...

Volksies vier Valentynsdag

Volksies vier Valentynsdag

Die graad 11’s het op Donderdagaand, 13 Februarie, die liefdesvlamme by Hoër Volkskool hoog laat brand deur ñ sokkie ter viering van Valentynsdag aan te bied. Dit was ñ graad 11-fondsinsameling vir die matriekafskeid wat later vanjaar deur hulle aangebied word. Dit was ñ heerlike aand en leerders het dit in groot getalle bygewoon. HVS se drie “Cupid’s” was op Valentynsdag baie bedrywig en het talle liefdespyle afgevuur.

Camdeboo Atletiekbyeenkoms

Camdeboo Atletiekbyeenkoms

Die Camdeboo Atletiekbyeenkoms het op 8 Februarie plaasgevind en was ‘n reuse sukses vir Hoër Volkskool. Die atlete het met uitstekende prestasies gespog en ‘n totaal van 25 eerste plekke en 22 tweede plekke behaal.Uitblinker-atlete:

Interskole Swemgala

Interskole Swemgala

Verlede Dinsdagmiddag om 17:00 het Laer- en Hoër Volkskool kragte teen Union High in die swembad gemeet. Dit was ‘n baie lekker middag-aand swemgala en ons swemmers het uitstekend gevaar.In die hoërskool afdeling het Hoër Volkskool ‘n totaal van 395 punte bymekaar gemaak terwyl Union High slegs 318 punte gekry het.Hannes van der Merwe het die volgende rekords verbeter:50m borsslagKate-Lynn Kruger het die volgende rekords verbeter:4 x 25m individuele wisselslag, 50m vlinderslag, 50m rugslag, 100m vryslag, 50m borsslag en die 50m vryslag.Kate-Lynn het in al 6 items waaraan sy deelgeneem het, die rekords verbeter. Dit is ‘n besondere prestasie!! Met...

HVS Rugby – Drieëdrukdag

HVS Rugby – Drieëdrukdag

Op Vrydag 21 Februarie 2025, neem Laer Volkskool Graaff-Reinet en Hoër Volkskool Graaff-Reinet aan ‘n drieëdrukdag teen spanne van ander plaaslike skole deel.Toeskouers kan uitsien na: ★ Rugby★ Snoepie★ Heerlike sosaties, pasteie en slap tjips Plek: Hoër VolkskoolDatum: Vrydag 21 Februarie 2025Tyd: 13:30 Drostdy Toyota-Graaff-Reinet | Boomsticks Graaff Reinet | Supa Quick Graaff-Reinet | ISU Rommel | Saverite Mark vir die Huisvrou | Fouries Vervoer | GRT Hardware