Hokkie

Hokkie

Maandag, 3 Maart, was die nuwe wedstryddrag aan ons hokkie se eerstespan oorhandig. Dankie aan elke borg wat ‘n bydra gemaak het. Die dogters gaan dit met trots in elke wedstryd dra. Die dogters speel hulle eerste ‘Open Weekend’-proewe die naweek. Baie sterkte! Ons borge vir 2025/26 is: Suzuki Graaff-Reinet Graaff-Reinet Hardware & Building Supplies cc Fouries Vervoer MVD Kalahari

Gill Sportdag Sportuitslae

Gill Sportdag Sportuitslae

Hierdie afgelope naweek het die Volksies aan die Gill Sportdag in Somerset-Oos gaan deelneem. Hierdie toernooi bring verskillende skole bymekaar.Volksies se uitslae vir die toernooi is as volg: Rugby:o.14A speel teen WG Olivier en verloor 5 – 22.o.15A speel teen Aeroville Sekondêre Skool en wen 22 – 0.o.16A speel teen Andrew Rabie en verloor 0 – 17.Die eerste span speel teen Winterberg en wen 34 -5. Netbal:Die eerste span se wedstryde is as volg:HVS wen 10 – 7 teen Adelaide.HVS wen 15 – 11 teen Burgersdorp.HVS verloor 15 – 21 teen Hangklip.HVS wen 16 -14 Gill College. Hokkie:o.16A speel teen...

Tennis

Tennis

HVS vs HOËRSKOOL KIRKWOOD Hoër Volkskool se tennisspelers het op Woensdag, 26 Februarie 2025, teen Hoërskool Kirkwood kragte gemeet. Daar was heeldag ‘n bedreidiging van misreën maar ten spyte van ligte reën, kon spel steeds voortgaan. Uitslae is as volg:Dubbelspel: Seuns speel gelyk 2- 2Dogters wen gemaklik 4 – 0Gemengde dubbelspel eindig 4 – 0 in Kirkwood se guns.Ongelukkig kon die wedstryde nie voltooi word nie, omdat hulle die spel laatmiddag moes staak.

Boogskiet

Boogskiet

Na lekker reën op Vrydag was dit ‘n pragtige Karoo Saterdag, 22 Februarie, wat ons vir die eerste boogskiet kompetisies van 2025 gegroet het. Twee wedstryde het tussen Hoër Volkskool, HTS Daniel Pienaar en Kwagga klub plaasgevind. In die Bullseye-kompetisie verwerf die volgende skuts medaljes. Hoërskole Dogters-afdeling: Mikha Enslin: Silwer 271/300 Danel de Koker: Brons 265/300 Hoërskole Seuns-afdeling: Michyle Mostert: Silwer 274/300 John Read: Brons 272/300 John Read en Wian Lötter het elkeen ‘n voltal (50) in een van die drie 10 m rondtes geskiet. In die 2D/3D-kompetisie is die uitslae as volg: Hoërskole Seuns-afdeling: Michyle Mostert: Silwer 267/300 Wian...

Nasionale Melktertdag

Nasionale Melktertdag

Op Donderdag, 27 Februarie het die ATKV Volksmond-tak by Hoër Volkskool ons erfenis gevier, deur melktert kolwyntjies ter viering van Melktertdag te verkoop. Almal het heerlik aan hulle soetigheid gesmul en sien alweer uit na die volgende keer. Hier is dit lekker!

Hokkie

Hokkie

Verlede Donderdag se hokkie oefening het vir groot opwinding gesorg, toe die o.16-span teen die eerste span geoefen het. Spelers moes volgens ‘n tema by die astro hokkieveld opdaag. Die opdrag was dat almal met ‘n hoed moes aanmeld, maar die hoed mag nie ‘n hoed wees nie!Heelpartye spelers het met interessante “hoede” opgedaag. HVS – hier wil jy wees!

Uithourit

Uithourit

Lehan de Beer oorwin 80km uithourit en voltooi “Novice”-afdeling. Op Saterdag, 22 Februarie, het Hoër Volkskool se graad 11-leerder, Lehan De Beer, weereens sy deursettingsvermoë en vaardigheid ten toon gestel, toe hy aan ‘n veeleisende uithourit deelgeneem het. Lehan het die 80 kilometer roete, wat op die Waterlea-plaas in die Hofmeyr-distrik gehou is, suksesvol voltooi. Die nat en modderige toestande het ekstra uitdagings tot die rit bygevoeg. Hierdie prestasie is ‘n opwindende mylpaal vir Lehan, aangesien hy en sy perd die “Novice”-afdeling suksesvol voltooi het. Dit beteken dat hy nou amptelik teen ander jong ruiters kan meeding, wat nuwe geleenthede...

Tennis

Tennis

Hoër Volkskool se tennisspanne het op 24 Februarie 2025 teen Hoërskool Middelburg op ons bane meegeding. Die seuns het teen tyd gespeel en moes soveel as moontlik punte in die toegelate tyd opstapel. Vier enkelspel en een dubbelspel wedstryd is beslis en HSV wen 3 – 2.Die dogters het daarna in enkelspel wedstryde meegeding en in totaal 3 – 2 verloor. Foto’s:Dogters: Alecia Louw, Sarah van Eeden, Saré Viljoen, Cara Nel en Janeske BesterSeuns: Louwen Wolfaardt, Kian Keyser, Hannes van der Merwe en Cobus Viljoen

Graad 10 Landbou Uitstappie

Graad 10 Landbou Uitstappie

Die Landbouwetenskap se graad 10-leerders het die Camdeboo Privaat Natuurreservaat besoek, waar hulle hartlik ontvang is. Baanbreker herlewing- en bewaringspesialis, Johan Bouwer, het die leerders aan sy lippe laat hang, tydens die interaktiewe opleidingsessie in veldrehabilitasie en veldbestuur. Sarah Cromhout, ook ‘n spesialis in veldrehabilitasie, het die leerders in die reservaat uitgeneem en gewys hoe die rehabilitasiestrategiëe prakties uitgevoer word. Johan en Sarah se herlewingsbenadering tot veldbestuur, het ‘n streng fokus geplaas hoe die impak hiervan ‘n direkte invloed op die produksiewaarde van boerdery in die geheel het. Die kundigheid en gasvryheid waarmee HVS se leerders ontvang was, word opreg...