Oos-Kaap Atletiek:Vier van Hoër Volkskool se atlete het die afgelope naweek deelgeneem aan die Oos-Kaap Provinsiale Atletiekbyeenkoms in Komani. AW Lambrecht o.15 behaal ‘n uitmuntende eerste plek in spiesgooi met ‘n indrukwekkende 49,3m. Hy is opgeneem in die Oos-Kaapspan wat aan die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe gaan deelneem. Die span neem van 2 – 6 April deel in Bloemfontein. Baie sterkte en geluk aan al ons atlete!Foto: Van links af – Vincent Pienaar, Tristan Lodewyk, AW Lambrect en Jarrod Gerber.

Personeel
Hoër Volkskool Onderwysers woon STEM-kursus by. Op 7 Maart 2025 het twee van Hoër Volkskool se onderwysers ‘n kursus bygewoon. Die “STEM in Action Natural Science Course” is by die NMU Missionvale Kampus aangebied en het hoofsaaklik gefokus op Graad 8 Natuurwetenskap, met spesifieke klem op Chemie en die praktiese aanbieding daarvan. Dit was ‘n baie leersame en waardevolle ervaring vir me. Gene Erasmus en mnr. Pieter Kleynhans, ons skool se Natuurwetenskap-onderwysers.

Hokkieproewe
o.14 Hokkieproewe Uné Groenewald het deelgeneem aan die proewe wat by Union High School se Astro aangebied is. Sy is opgeneem in die Karoospan en sal aan die volgende rondte proewe deelneem. Baie geluk! o.16 Hokkieproewe Die o.16’s het ook aan die hokkieproewe by Union High School deelgeneem. Deirdré Alberts en Alécia Louw is opgeneem in die Karoospan en sal aan die volgende rondte proewe deelneem. Sterkte en baie geluk!

Sportuitslae
Rugby teen Muir Hoër Volkskool se rugbyspanne het na Muir College gereis vir ‘n reeks uitdagende wedstryde. Dit was harde kompetisie, maar ons sien uit na die seisoen wat voorlê! Uitslae: Hokkie teen Framesby Hoër Volkskool het die naweek na Framesby gereis vir hokkie. Baie dankie aan Framesby vir julle gasvryheid! Uitslae: Sterkte aan al ons spanne vir die volgende wedstryde! Ons sál handhaaf!

Skaak
Op Saterdag, 15 Februarie 2025, het vyf van Hoër Volkskool se skaakspelers aan die derde rondte Sarah Baartman skaak proewe te Graaff-Reinet deelgeneem. Hulle moes kragte meet teen spelers in die Sarah Baartman asook die Oos – Kaap spanne.Michyle Maarman behaal ‘n algehele 5e plek en Layton Meshilinie verower ‘n silwer medalje. Baie geluk aan al die spelers! Ons is trots op julle!Foto: Van links af Layton Meshilinie en Michyle Maarman

Tennis
Chenoa Jeffrey het van 14 tot 16 Februarie deelgeneem aan ‘n interprovinsiale tennistoernooi. Sy het die o.15 OP Olifante verteenwoordig en het teen die Vrystaat- en die Noord-Kaap se spanne in Bloemfontein gespeel. Sy ontvang ‘n krul vir hierdie goeie prestasie in tennis. Baie geluk! Span foto: Saam haar span in Bloemfontein.

Krieket met Gary Kirsten
Dinsdag, 4 Maart, het mnr Pieter Kleynhans ‘n geleentheid by Union High School bygewoon waar oud-Protea krieketspeler en internasionale krieketafrigter, Gary Kirsten, gepraat het. Dit was ‘n baie insiggewende gesprek met Gary wat sy kennis gedeel het rakende die afrigting van krieket. Wat veral interessant was, was hoe belangrik dit is om die liefde vir die sport vanaf ‘n jong ouderdom te kweek.Gary het ook gesels oor die psigiese gedeelte van die sport en hoe belangrik dit is om spelers se koppe reg te kry vir wedstryde. Met Gary wat ‘n Wêreldbeker as afrigter vir Indië agter sy naam het,...

Sport teen Kingswood
Die naweek het Hoër Volkskool ons eerste tuis wedstryde aangebied. Ons uitslae is soos volg: Rugby: Netbal: Hokkie:

Boogskietkompetisie
Die tweede boogskietkompetisie was sommer kort op ons hakke van die eerste. Op Uitenhage is daar meegeding in twee ‘Bull’s Eye’ kompetisies. Twee wedstryde is geskiet tussen Hoër Volkskool, HTS Daniel Pienaar, Soulpoint, Van Kerwel skool (George) en Kwaggaklub. In die eerste ‘Bull’s Eye’ kompetisie verwerf die volgende skuts medaljes: Hoërskole Dogters afdeling: Hoërskole Seuns afdeling: Die kompetisie was weer eens baie sterk, die telling is reeds vroeg in die jaar baie goed.

HVS BESOEK HUIS VAN DE GRAAFF
Hoër Volkskool se ATKV-leerders het vir twee agtereenvolgende Donderdae ‘n draai by Huis van de Graaff gemaak.Op 20 Februarie is daar saam gesing en gediggies voorgedra.Op 27 Februarie het die leerders saam met die inwoners Bingo gespeel.Die interaksie was betekenisvol vir beide die inwoners en die leerders en natuurlik is stories uit die verlede met die studente gedeel.
