Matrieks 2024

Matrieks 2024

Baie geluk aan die matrieks wat gister klaargemaak het met matriek. Dit is ‘n reuse mylpaal en ‘n tyd om hul harde werk en toewyding te kon vier. Die gr 12 ouers het voor die skool aangetree met sjampanje en ‘n erewag gestaan vir die klas van 2024. Die matrieks het met gemengde gevoelens deurgestap, van opwinding oor die toekoms en die eindelose moontlikhede wat vir hul voorlê, tot ‘n traan van hartseer om die bekendheid van 12 jaar en goeie vriende te moet groet. Baie sterkte aan die klas van 2024. Ons glo jul uitslae sal ons trots maak....

Tweekamp

Tweekamp

Rudolph-Hein van Eeden het op 26 Oktober aan die OP Interprovinsiale Tweekamp Byeenkoms te Gqerberha deelgeneem. Eden, Grens, Suid-Vrystaat en OP het deelgeneem. Hy het algeheel 11de geëindig, maar sy swemtyd met 2 sekondes verbeter. Carla van Tonder het op 10 November, ook te Gqerberha, aan haar eerste tweekampbyeenkoms deelgeneem. Sy het ‘n baie goeie swemtyd gehad en goeie mikpunte gestel vir die res van die seisoen.Haar deelname het pa Thys aangemoedig om ook deel te neem. Hy neem in die 50+ kategorie deel en het goeie kompeterende tye gedoen vir ‘n eerste deelname.

Swem

Swem

Chris de Wet en Kate-Lynn Kruger het aan die vyfde A Groep gala van die seisoen te Gqerberha deelgeneem. Dit het baie goed gegaan met die twee swemmers. Chris behaal twee tweede plekke en vier eerste plekke by die gala.  Kate-Lynn behaal een derde plek, een tweede plek en drie eerste plekke. Baie geluk! 

Alicia Louw presteer in hokkie

Alicia Louw presteer in hokkie

Ons is opgewonde om aan te kondig dat Alicia Louw gekies is vir die Oos-Kaap Hokkiespan wat in 2025 na Duitsland sal toer.Ons wil graag vir Alicia baie geluk se met hierdie wonderlike prestasie en glo sy sal die geleentheid met albei hande aangryp.

Netbalkursus

Netbalkursus

Die afgelope twee dae het ‘n groep plaaslike afrigters ‘n NSA Netbal-afrigtingskursus bygewoon. Die kursus is aangebied deur Lana Krige. Lana is tans die hoofafrigter van die NMU Madibaz-span en het al groot hoogtes in Netbal Suid Afrika bereik, as speler en afrigter.  Die kursus was baie leersaam en ons sien uit na die nuwe seisoen! Baie dankie ook aan die leerlinge van die Volkskole wat hul tyd opgeoffer het om te demonstreer.  Drie van HVS se afrigters het die kursus bygewoon. Foto: vlnra: Me Lykita Koeberg, Me Suliza van Wyk, Lana Krige, me Sunet Gildenhuys en Me Estene Coetzee. 

Herinneringsdag

Herinneringsdag

Op Sondag, 10 November het Hoër Volkskool se hoofleiers die jaarlikse Herinneringsdagdiens bygewoon. Die diens is by die St James the Great-kerk gehou. Jaarliks woon ons hoofleiers hierdie gewyde geleentheid by, om gevalle helde te herdenk. Die geleentheid herdenk die Wapenstilstanddag, wat aan die einde van die Eerste Wêreldoorlog in 1918, plaasgevind het. Foto: Saré Viljoen en Rikus Kleyn met HVS se krans vir die kranslegging.

HVS se hoofseun sing

HVS se hoofseun sing

Rikus Kleyn het verlede kwartaal aan Huisgenoot Eisteddfod deelgeneem. Elke deelnemer het toegang gekry tot ’n spesiale, eksklusiewe meesterklas, waarin ’n professionele vermaakkunstenaar praktiese raad deel en jou help om vir jou optrede voor te berei. Beoordeling was deur sterre in die kunste- en vermaakbedryf gedoen.  Vir die sang afdeling, waaraan Rikus deelgeneem het, kon jy enige Afrikaanse liedjie van jou keuse sing en kon jy van begeleiding gebruik maak as jy sou wou. ‘n Video opname van 3 minute is opgeneem en aan Huisgenoot gestuur. Rikus het gekies om Joshua na die Reën se liedjie, Lig op die Horison,...

HVS Dans-Eksamen

HVS Dans-Eksamen

1 en 2 November het dansers van die Chinelle School of Dance deelgeneem aan ‘n dans-eksamen, gebasseer op die danssillabus wat hul die jaar voltooi het.Die eksaminator Me. René Ferreira, wie ook ‘n dansstudio het en self meer as 30 jaar ondervinding het in dansafrigting in die ‘Modern,Tap & Contemporary’ afdelings Die volgende dansers van Hoër Volkskool het deelgeneem en uitstekend gevaar: Monique Nell 95% Tap (Eervolle Vermelding)Monique Nell 100% Modern (Eervolle Vermelding) Kate-Lyn Kruger 95% Modern (Eervolle Vermelding) Baie geluk! Harde werk is beloon!