Geloofsbelydenis

Geloofsbelydenis

Vyf van Hoër Volkskool se leerders het die afgelope naweek húl geloofsbelydenis in die pragtige NG Kerk Graaff-Reinet afgelê. Dit was ‘n baie spesiale geleentheid vir hierdie nuwe lidmate.Baie geluk. FotoVoor: Micayla Williamson, ds. Johan Ekkerd, Casper BekkerAgter: Tiaan Fourie, Malan Meyer, Jean-Pierre Theron en Jayden Odendaal (UHS)

Weppie Preppie Konsert

Weppie Preppie Konsert

Weppie Preppie bied binnekort ‘n konsert aan. Die voorbereidings het ‘n ekstra hupstoot gekry, danksy ‘n oud-Weppie Preppie-leerder wat help met die konsert.Temzynne Juries se skooldae het jare gelede in Weppie Preppie begin. Sy hou baie van toneelopvoerings en het tydens haar skoolloopbaan aan talle Eisteddfodd kompetisies deelgeneem. Tussen die studies vir haar eindeksamen en eksamen skryf, maak sy tyd om met hierdie konsert te help. Kom kyk gerus saam op 14 November 2024.

Vakature – Bemarker

Vakature – Bemarker

Volkskool Graaff-Reinet benodig die kundigheid van ‘n dinamiese en toegewysde BEMARKER. Hier is jou kans om deel te word van dié top Afrikaanse, plattelandse skole in Graaff-Reinet:

Graaff-Reinet Camdeboo Uithourit

Graaff-Reinet Camdeboo Uithourit

Lehan De Beer, ‘n graad 10-leerder van Hoër Volkskool, het verlede naweek aan die uithourit wat in die Camdeboo SANParks in Graaff-Reinet gehou is, deelgeneem. Al die roetes is in die park, tussen die wild, gery.Daar was verskeie afstande, vanaf 26 km tot 120 km. Lehan moes 40 km onderskeidelik op Vrydag en Saterdag, op die perd, Kasan Desert Storm, aflê. Die perd behoort aan ‘n oud-Volksie en Springbok Ruiter, Antoinette Birch (nee van Zyl).Antoinette is Lehan se mentor en ons hoop dat hy in haar voetspore sal volg en Hoër Volkskool se naam hoog hou, met sy loopbaan wat...

Perdry

Perdry

Drie ruiters van Hoër Volkskool het die afgelope naweek aan die Vrystaat Saalperd Streekskou wat te Philippolis aangebied is, deelgeneem.Die ruiters het teen die Vrystaat Subuniespan aan ‘n Saddle Seat ruiterkunskompetisie deelgeneem.Uitslae is as volg:Driegang:

Jaarafsluiting Rugby

Jaarafsluiting Rugby

2024 se rugbyseisoen het op ‘n hoogtepunt geëindig, toe die eerste rugbyspan verlede week tydens ‘n heerlike kuieraand by The Coldstream Restaurant, die jaar kon afsluit. Vanjaar se eerste rugbyspan het van die staanspoor af gewys wat dit is om as ‘n SPAN te speel. Spanlede het mekaar vertrou, mekaar ondersteun en bo alles as ‘n eenheid gefunksioneer. Hulle het die afgelope jaar die volgende behaal: 16 wedstryde gespeel, waarvan hulle 14 gewen het. ‘n Onoorwonne Oakdale rugbytoer. Drie 7’s rugbytoernooie gewen. Gemiddelde telling vir HVS tydens ‘n wedstryd is 31 punte. Gemiddelde aantal punte in ‘n wedstryd teen HVS...

Hokkie

Hokkie

Op 11 – 12 Oktober het Hoër Volkskool se o.16 hokkiespan na Burgersdorp gereis en aan hul 6-aan-‘n-kant hokkietoernooi deelgeneem. Die toernooi was vir eerste hokkiespanne. Ons o.16’s het nie een oomblik vir die ouer spanne terug gestaan nie en het hul pad tot in die semi-finale oop gespeel. In die semi-finale rondte het hulle teen Hoërskool Hangklip te staan gekom en die wedstryd 2- 1 gewen. Te danke aan die wen, het hulle na die finale deurgedring.In die finaal het hulle teen Burgersdorp Hoërskool gespeel en ongelukkig die wedstryd 1 – 3 verloor. HVS se o.16 het algeheel algeheel...

HVS Prysuitdeling 2024

HVS Prysuitdeling 2024

Hoër Volkskool se jaarlikse, spoggerige prysuitdeling is onlangs aangebied. Tydens hierdie geleentheid is ons leerlinge wat goeie en top prestasies gedurende die jaar, beloon vir hul opoffering, harde werk en toewyding. Baie geluk aan elkee wat pryse ontvang het, en ook top pryse gewen het. Ons is trots op elkeen se prestasies.

Kankerbewusmaking

Kankerbewusmaking

Oktober is Kankerbewusmakingsmaand. Hoër Volkskool het hierdie jaar weer baie moeite gedoen om mense in en om ons gemeenskap meer bewus te maak van die siekte. Die leerders kon gedurende die maand pienk linte en haarrekkies by hul skoolklere dra. Die seuns kon hul swart skoeneveters met pienk veters vervang en hul was meer as bereid om pienk veters te dra! Die maand is afgesluit met ‘n Jol vir Kanker wat op Vrydag, 25 Oktober ten bate van die Graaff-Reinet Kankervereniging by die skool aangebied is. Die publiek kon ballonne koop en ‘n geliefde wat tans teen kanker stry, iemand...

Ruiterkuns

Ruiterkuns

Tiaan en Marli Fourie, albei leerlinge van Hoër Volkskool, het aan die Somerset-Oos Landbouskou deelgeneem. Hulle het hulself uitstekend van hul taak gekwyt. Hul behaal die volgende prestasies: Tiaan Fourie 1ste SASH kinder Parkperd Ruiter 18 jaar en onder2de SASH kinder Parkperd Kampioenskap Marli Fourie 1ste in 5 gang Ruiterkuns Ruiters 14 jaar en onder.Baie geluk met hierdie uitsonderlike prestasies!