Erekleure

Erekleure

Die volgende leerlinge het erekleure ontvang vir hul uitstaande prestasies wat hulle in verskeie afdelings behaal het. Mia Prinsloo verdien erekleure vir kultuur Mikha Enslin vir kultuur Ilze Vorster vir kultuur Saré Viljoen vir leierskap. Baie geluk!

Hoofleiers

Hoofleiers

Tydens die afgelope prysuitdeling van Hoër Volkskool, is die volgende leerlingraadslede as hoofleiers aangekondig: Saré Viljoen – hoofdogter, Rikus Kleyn – hoofseun, Chris de Wet – onderhoofseun en Anna-May Hayes – onderhoofdogter. Ons is baie trots op hierdie leiers en glo dat hulle ‘n baie suksesvolle termyn sal hê.

JOL vir kanker

JOL vir kanker

Kom neem aan ons POTJIEKOS KOMPETISIE deel!! Voorbereiding vir die potjie kan vooraf gedoen word. Daar sal kole vanaf 14:00 by die Volksie wees. Bring jou eie pot as jy het en genoeg in die pot vir so 10 tot 15 mense. Rys en stampmielies sal klaar gaar wees. Etekaartjies vir die potjiekos gaan verkoop word. Persone bring dan ‘n etekaartjie vir jou en jy skep ‘n porsie in. Beoordeling vind om 18:45 plaas. Lekker pryse om te wen! Kontak Paula by 0825567647 as jy wil inskryf. Inskrywingsfooi: R200.00 per pot. Sien julle die 25ste Oktober by HVS vir ‘n...

Rugby Speler blink uit

Rugby Speler blink uit

AJ de Jager is vroeër vanjaar by die Bokkieweek se o.19 rugbyspan ingesluit wat tydens die Septembervakansie na Romenië getoer het. Hy is as die onderkaptein van die span aangewys.In Brasov het die span hulle eerste wedstryd teen Cristain gespeel en die wedstryd oortuigend 101 – 5 gewen. AJ was as die Speler van dié wedstryd aangewys.Die volgende dag is die span na Bucharest toe, waar hulle teen ‘n span met die naam, Soimii, gespeel het en die wedstryd 19 – 15 gewen het.Die volgende wedstryd het hul teen ‘n ope internasionale span, Rapid Rugby, gespeel. Die o.19’s moes sterk...

Gholf

Gholf

Johndré Ludick het die Dimension Data Seuns o.19 Kompetisie deelgeneem. Die kompetisie het te George, in die Wes-Kaap plaasgevind. Hy het tellings van 66 by die George Gholfklub, 74 by Kingswood Gholfklub en weer 70 by George Gholfklub behaal, met ‘n totaal van -6. Dit is ‘n baie goeie telling! Baie geluk, Johndré!

Krieket

Krieket

Die o.15 krieketspan Gill College (Somerset-Oos) het op ons tuisveld teen HVS se o.15-span kragte gemeet. Die kaptein van Gill College het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Die besoekers kon slegs 68 lopies aanteken.Die kolwers van HVS het goed gevaar en die beste kolwer op die dag was AW Lambrechts wat 35 lopies aangeteken het. Die beste bouler was Joshua Horn. Joshua is ook die Speler van die Wedstryd aangekondig. Hy neem 4 paaltjies en staan slegs 26 lopies af. Joshua het ook 26 lopies van 28 balle aangeteken. Baie geluk aan Hoër Volkskool se span...

Volkskool gee om

Volkskool gee om

Op 16 Oktober was die personeel van SANBS by die Volksie. Soos elke keer tydens hulle besoek, het baie van HVS se leerders en personeel gaan bloed skenk, om so ‘n groot verskil in mense se lewens te maak.Baie dankie aan elkeen wat keer op keer die SANBS ondersteun.

Rugbyspelers presteer

Rugbyspelers presteer

Tydens die vakansie het vier van HVS se rugbyspelers as deel van die Griekwa’s se o.14 7’s rugbyspan aan die Bokkieweek se Somerweek deelgeneem.Die spanlede is Arno Slabbert, Cobus Viljoen, AW Lambrechts en Armand Nell. Hulle het elf wedstryde in ‘n rondomtalietoernooi gewen. Die span eindig in die semi-finaal teen Wes-Transvaal en speel gelyk 12-12. Omdat hul span die eerste drie van die wedstryd gedruk het, dring hulle na die finaal teen Noord-Transvaal deur en wen die wedstryd 24-19.Die spelers is geloof vir hul ongelooflike uithouvermoë en hulle wil om tydens die toernooi te speel. Na afloop van die toernooi...

Boogskiet

Boogskiet

Leerders van Hoër Volkskool het onlangs aan die 2024 AGA Suid-Afrikaanse Nasionale boogskiettoernooi deelgeneem. Die kompetisie het uit twee afdelings bestaan, naamlik die Interprovinsiale Bullseye-kompetisie en die Nasionale Interskole bullseye- en 3D-kompetisie. HVS se 3D-span het ‘n algehele 20ste plek behaal.Leerders wat erekleure vir boogskiet ontvang, is as volg:Foto: Agter: Danel de Koker, John Read, Mikha EnslinVoor: Talon Cronje, Conrad Kleyn en Karli van Rooyen.Baie geluk!