Eerste Theo Dörfling Aflosbyeenkoms ‘n groot sukses

Eerste Theo Dörfling Aflosbyeenkoms ‘n groot sukses

Wat ’n heerlike begin! Volkskool het vanjaar met trots die heel eerste Theo Dörfling Aflosbyeenkoms aangebied – en dit was ’n reuse sukses. Die veld was gevul met energie, gees en sportmangees soos atlete van verskeie skole mekaar uitgedaag het in spannende aflositems. Volkskool het die aand afgesluit deur die trofee huis toe te neem. ‘n Belonging vir harde werk, spanpoging en ware Volksie-gees! ’n Groot dankie aan Union, Asherville, Spandau en Gill wat saam met hul entoesiastiese atlete deel was van hierdie besondere aand. Julle deelname het hierdie nuwe Volkskool-tradisie ’n warm en feestelike begin gegee. Met sulke geesdriftige...

‘n Bederf uit die hart uit

‘n Bederf uit die hart uit

Vandag het die personeel ’n heerlike verrassing beleef toe die Leerlingraad van 2025 hulle met liefde en dankbaarheid bederf het. Dit was ’n klein gebaar, maar een wat groot uit die hart van ons Karoo-volksies gekom het. Die dag heriiner ona aan die mooi verhouding tussen leerders en personeel – ‘n ware teken van respek en waardering. ’n Groot dankie aan die Leerlingraad van 2025 vir hierdie spesiale oomblik. Julle wys weer: by Volkskool klop die hart van dankbaarheid sterk.

Geestelike groei

Geestelike groei

Met die einde van nog ’n skooljaar wat vinnig nader kom, het die 2026-kringleiers die afgelope naweek hul kamp saam met die belydenisgroep van die NG Gemeente Graaff-Reinet gehou. Op die kamp is 2026 se aktiwiteite deeglik beplan en saam in geloof oorweeg. Die naweek is by die pragtige Camdeboo Nasionale Park aangebied, waar verskeie temas bespreek is, inspirerende video’s gekyk is en daar tyd gemaak is vir stilte en nadenke in die natuur. Elke jongmens het die geleentheid gehad om geestelik te groei en toegerus te word vir hul groot en verantwoordelike taak as jong gelowiges — om die...

‘n Glimlag voor die eksamentyd

‘n Glimlag voor die eksamentyd

Woensdag, 15 Oktober, was dit Lentebal. ’n Aand vol styl, musiek en heerlike saamwees. Die skool het vir een aand in ’n dansvloer verander waar vasdans en losdans sorg vir lag, energie en onvergeetlike oomblikke. Van begin tot einde was die gees lig en vrolik, almal het saam gedans en die jaar op die mooiste manier afgesluit voordat die eksamenstres begin. ‘n Aand om te onthou, en ‘n herinnering dat Volksies altyd tyd maak om te glimlag, selfs voor die boeke roep.

Volksies spog by Burgersdorp se Somerfees

Volksies spog by Burgersdorp se Somerfees

Volkskool se hokkie- en netbalspanne het hierdie naweek met trots aan Burgersdorp se Somerfees deelgeneem, waar beide sportsoorte in die Fats 5 Formaat gespeel is. By die hokkie het Volkskool Lightning (wit span) uitstekende spel getoon en die eerste plek verower ná ’n reeks oorwinnings teen Hangklip en Burgersdorp. Volkskool Thunder (swart span) het sterk deurgedruk tot in die semi-finaal, waar hulle met groot gees en deursettingsvermoë gespeel het. Ons netbalspan het ook puik vertoon en met entoesiasme deur die wedstryde beweeg om hul plek in die finaal te verdien. Al het hulle daar net kort gekom, was die gees...

Volkskool help by Tri the Karoo se ‘Colour Run’!

Volkskool help by Tri the Karoo se ‘Colour Run’!

Vrydag, 17 Oktober, het Volkskool met trots nie net deelgeneem nie, maar ook gehelp by die opwindende Tri the Karoo ‘Colour run’! Ons leerders het vol energie en gees saamgewerk en bewys weer eens hoe saamhorig en toegewyd ons Volkskool-familie is. ’n Groot dankie aan die organiseerder van Tri the Karoo vir die wonderlike geleentheid om deel te wees van so ’n kleurvolle en inspirerende dag. Julle het vir ons die kans gegee om nie net saam te geniet nie, maar ook iets terug te gee aan die gemeenskap.

Huis Cronjé sluit die jaar met trots af

Huis Cronjé sluit die jaar met trots af

Donderdag, 16 Oktober het Huis Cronjé saam teruggekyk op ’n jaar vol gees, groei en mooi herinneringe. Dit was ’n spesiale geleentheid waar ons met trots van ons matrieks afskeid geneem het — leerders wat deur hul betrokkenheid en lojaliteit ’n blywende merk op die huis gelaat het. Tydens die aand is die nuwe Huiskomitee vir 2026 aangekondig. Baie geluk aan Inke-Lirie Ferreira, Gaby Hall, Mienke Janse van Rensburg, Leone Lategan, Cara Nel, Pieter Nel, Aiden Thiart, Hannes van der Merwe, Matthews van der Merwe en Louwen Wolfaart. Die nuwe hoofleiers van Huis Cronjé sal Maandagaand, 20 Oktober, tydens die...

Afskeid vir Volkskool se matriekgroep van 2025

Afskeid vir Volkskool se matriekgroep van 2025

Die matrieks van 2025 is op gepaste wyse gegroet tydens ’n waardige afskeidseremonie. ’n Oggend vol dankbaarheid, trots en mooi herinneringe aan hul tyd by Volkskool. Dominee C. Rossouw het die leerders herinner om met doelgerigtheid te leef, om altyd iets te hê waarvoor hulle werk, en iets waarin hulle glo. Sy boodskap het diep weerklank gevind by ’n groep jong volwassenes wat nou hul volgende hoofstuk begin skryf. Oudskolier Oom Don van Wyk van die klas van 1970 het die oggend besonders gemaak met sy woorde van wysheid en trots. Hy het die Volkskool- en Union se skool leuse...

Handtekeninge vol herinneringe

Handtekeninge vol herinneringe

Vandag het die matriekklas van 2025 hulle merk gemaak — letterlik! Met ons nuwe hekkie-tradisie was die matrieks die eerstes wat deur die hek stap na die buitewêreld toe — ’n simbool van nuwe avonture wat wag. Opgewondenheid, trane en laggies het elke leerder hul handtekening op ‘n lap van herinneringe gesit. Dit is nie net ink op ’n lap nie, dit is ’n viering van jare se vriendskap, harde werk en onvergeetlike oomblikke.

‘n Drukkie sê meer as woorde

‘n Drukkie sê meer as woorde

Vandag het die matriekklas van 2025 hul laaste bladsy by Volkskool omgeslaan. Trane is gestort, herinneringe gedeel en drukkies gegee wat meer sê as enige woorde kon. Dit was ’n dag vol trots, dankbaarheid en die besef dat elke stap in die gange, elke glimlag en elke uitdaging deel was van iets groter — deel van die Volkskoolverhaal. Terwyl hierdie groep nou hul volgende hoofstuk aanpak, dra hulle iets van Volkskool saam: die gees van saamstaan, deurdruk en handhaaf. Vandag groet ons – met trane, trots en dankbaarheid.