Vandag het die matrieks van Volkskool hul laaste tradisionele skooldag gevier, en dit was beslis ’n dag om nie te vergeet nie. Tradisioneel is dit rokke vir die meisies en broeke vir die seuns… maar vandag het die rolle omgedraai! Die seuns het trots hul skoolrokke aangetrek en die meisies het die broeke met oortuiging gedra. Die laaste dag het vir almal ’n glimlag op die gesig gesorg en bewys dat die einde van ’n hoofstuk dikwels die begin van die mooiste herinneringe is.

Volkskool vereer ons sterre met Erekleure
Volkskool is trots om vyf van ons leerders te vereer met erekleure vir hul uitsonderlike prestasies in kultuur en sport. Lisa du Toit en Pieter Fourie het erekleure ontvang vir kultuur. Hulle toewyding, harde werk en entoesiasme dra jaar na jaar by tot die ryk kultuurlewe van Volkskool. In boogskiet het Gerhard Coetzee, Nushaan Beyers en Michyle Mostert erekleure ontvang vir hul uitstekende deelname en prestasies tydens die vakansie se byeenkomste. Hulle het Volkskool met trots verteenwoordig en het altyd hul beste gelewer. Volkskool sê baie geluk aan hierdie vyf leerders. Julle toon wat dit beteken om met trots, karakter...

Hokkie Besigheidsliga
Dag 2 van die Hokkie Besigheidsliga het vandag op Volkskool se astro plaasgevind en weer vir opwinding gesorg! Die spanne het alles gegee en elke wedstryd was vol energie, vaardigheid en spanwerk. Daarby het die dag ’n skaars gesig gebring – Dentists at Health Graaff-Reinet se feesdier, ’n vrolike hoender, het vir glimlagte en lag gesorg. ’n Gesig wat jy so skaars kry soos hoendertande! Dankie aan almal wat vandag deelgeneem en ondersteun het. Ons sien uit na die volgende wedstryddae!

Volkskool wys solidariteit tydens Borskanker-bewusmakingsmaand
Oktober word wêreldwyd erken as Borskankerbewusmakingsmaand – ’n maand wat herinner aan die belangrikheid van gesondheid, vroeë opsporing en gemeenskapsamewerking. By Volkskool het ons leerders besluit om hul steun op ’n simboliese manier te wys deur die bome by die kampusingang met pienk lap te versier. Hierdie kleurvolle vertoning dien as teken van hoop en medelye met almal wat deur borskanker geraak is – die vegters, oorwinnaars en geliefdes wat saam hul pad stap. Volkskool dra met trots pienk – vir bewusmaking, vir hoop, vir mekaar.

Volksies wys hulle uithouvermoë!
Verskeie personeellede en leerders het die naweek met groot entoesiasme aan die Meringspoort-race deelgeneem. Die pragtige roete deur die poort en die opwinding van die dag het vir almal ’n onvergeetlike ervaring geskep. Volkskool is trots op elke deelnemer wat met deursettingsvermoë en glimlagte die eindstreep oorgesteek het – ‘n ware teken van Volkskoolgees!

Junior Boerbok-kursus voltooi
Die Graad 10- en 11-leerders in Landbouwetenskap het vandag die Junior Boerbok-kursus voltooi – ’n dag vol leer, insig en praktiese ervaring. .Die leerder het kennis opgedoen oor rasstandaarde en prakties geoefen op ooie en ramme. Hulle moes positiewe en negatiewe eienskappe uitwys en leer onderskei tussen ‘n stoet, kudde en prul. Die kursus is afgesluit met ‘n teorie-eksamen. ‘n Ware toets van hul nuwe kundigheid ’n Groot dankie aan oom Pieter Nel, ’n gesiene boerbokboer en kursusaanbieder, vir sy tyd, kennis en passie wat hy met ons gedeel het. ’n Spesiale woord van waardering ook aan Magdel Nel, wat...

Arno Slabbert skitter in Nasionale EBW-Olimpiade
Met ’n uitsonderlike 85% het Arno Slabbert as Volkskool se toppresteerder in die Nasionale EBW-olimpiade uitgeblink. Sy afsonderlike punte was Ekonomie 80%, Rekeningkunde 80% en Besigheidstudies 95% – ’n merkwaardige prestasie wat sy toewyding en harde werk weerspieël. Volkskool is uiters trots op Arno se prestasie, wat nie net sy eie potensiaal uitlig nie, maar ook ’n bewys is van die gehalte onderrig en begeleiding wat ons leerders bemagtig om nasionaal uit te blink.

Volkskool blink uit in Proverto Nasional Olimpiade
Hoër Volkskool se jong ekonome en rekenmeesters het weer eens hul staal gewys in die jaarlikse Proverto Nasionale Olimpiade. Drie van ons senior Rekeningkunde-kandidate het tot die gesogte finale rondte deurgedring: Charl Conradie (gr. 11), Jayde Minnies (gr. 10) en Elné Viljoen (gr. 10). Uit die 1 908 graad 10-deelnemers landswyd het slegs 724 leerders die tweede rondte gehaal – ’n prestasie op sy eie. Jayde en Elné het boonop bo die nasionale gemiddeld van 62% presteer. Vir die eerste keer in 2025 is daar ook ‘n graad 9 – EBW Nasionale Olimpiade aangebied, waaraan 1671 leerders landwyd deelgeneem het....

Karoo Dans
Op Vrydag, 24 Oktober 2025 nooi Volkskool die hele gemeenskap na ’n feestelike Karoo-dans – ’n aand vol musiek, geselligheid en lekker kuier onder die sterre. Kom dans saam, bring jou vriende en familie, en wees deel van ons groot gemeenskapsafsluiting vir 2025. Hierdie is meer as net ’n dans – dit is ’n viering van saamwees, van ons dorp en van die Karoo-gees wat ons verbind. Laat ons die jaar afsluit op die beste manier moontlik: saam op die dansvloer, saam as ‘n gemeenskap!

Geslaag op die see!
’n Groot gelukwensing aan Rudolph-Hein van Eeden wat sy SAMSA Skipperslisensie Kategorie C verwerf het! Hierdie lisensie maak dit vir hom moontlik om ’n enjinaangedrewe boot van minder as 9 meter vir 15 seemyl te vaar, met die ekstra vaardigheid om dit vanaf die strand te laat te water (surf launch). Daarby het hy ook sy ICASA-radio-operateurslisensie suksesvol verwerf. Om hierdie prestasie te bereik, het Rudolph-Hein drie geskrewe en drie praktiese eksamens geslaag, 30 ure se praktiese ervaring op die see opgedoen en 12 uitdagende “surf launches” in verskillende see- en strandtoestande voltooi. ’n Ware getuienis van deursettingsvermoë, vaardigheid en...
