Gisteraand is die dames van Volkskool se personeel bederf met ’n heerlike kuier by The Coldstream Restaurant, waar die bekende pretspreker Elsabé Aldrich die verhoog betree het. Met haar unieke tema ” Die lekkerte en gekkerte van vrouwees”, het sy die gehoor laat lag, luister en weer besef hoe kosbaar en mooi vrouwees is. Die aand was ‘n kombinasie van ligte oomblikke, waardevolle insigte en ‘n atmosfeer van saamwees. ’n Onvergeetlike ervaring vir ons personeel en ’n herinnering dat dit goed is om soms net lekker te lag en die lewe te vier.

Van Volkskool tot Springbok – Ceano gee terug aan sy skool
Ceano Everson, wat van graad 1 tot graad 10 by Volkskool was, het vandag ’n besondere oomblik met ons gemeenskap gedeel. Hy het vanjaar ons land verteenwoordig by die o.20 Wêreldbeker-rugbyspan en sy vaardighede op internasionale vlak ten toon gestel. In ’n teken van trots en waardering het Ceano ’n Springbok-hemp aan die skool geskenk. ’n Simbool van harde werk, toewyding en die begin van ’n indrukwekkende rugbyloopbaan. Ons is ongelooflik trots op jou, Ceano, en dankbaar dat jy jou prestasies met die skoolgemeenskap deel. Jou pad bevestig dat “Eenmaal Volksie, altyd Volksie”nie net ’n sê ding is nie, maar...

Volkskool Gholfdag 2025
Moenie dit misloop nie! ✨⛳️Merk jou kalender: 25 Oktober is dit weer tyd vir Volkskool se ‘American Scramble’ Gholfdag op die pragtige Graaff-Reinet-gholfbaan. 👉 Besprekings kan op twee maniere gedoen word: Hierdie dag is nie net vir gholfspelers nie – nie-gholfers is ook welkom om die dag saam te geniet!Daar wag baie pret, geselligheid en ’n paar verrassings vir die hele gesin. Volkskool speel saam – op én van die baan af!

‘n Rugby Erfenis
Uit die Trui van 1965 tot Vandag: ‘n Rugby-erfenis. Die klasmaats van die 1965-matriekklas het vanjaar hul 60-jaar reünie gevier. Die rugbykaptein van daardie jaar was deel van die groep. Vrydagaand, 15 Aug, het die eerste rugbyspan die voorreg gehad om hierdie eertydse kaptein te ontmoet en met ñ stewige handdruk is hulle voorspoed toegewens. Deel van die onthou is dat mnr. GT Ferreira, 60 jaar gelede as kaptein in die nommer 13-trui met sy span op die Union rugbyveld uitgedraf het. Die eindfluitjie het geblaas met die telling 6 elk. Vanjaar se kaptein, Hannes van der Merwe, het ook...

Sanlam Wow-Spelfees
Drie van ons leerders – Elgemayne Solomons, Kayden Job en Chaendré Damons – het hulle taalvernuf gewys en deurgedring na die Provinsiale uitdunne wat op 30 Augustus by Hoërskool Cillié in Port Elizabeth plaasgevind het.Alhoewel geen van hulle vanjaar tot die finale rondte deurgedring het nie, het hulle met groot ywer, trots en waardigheid deelgeneem. Hulle het die Volkskool-gees sterk laat blyk en ons naam hoog gehou. Ons sê dankie en baie geluk aan Elgemayne, Kayden en Chaendré – julle is ware Volksies!

Blink uitslae by Camdeboo Eisteddfod
Van kontemporêre dans tot klassieke ballet, van poësie tot klaviersolo ’s – ons leerders het nie net vaardigheid nie, maar ook hart en kultuur in elke prestasie gebring. 🎭 Voordrag 🎹 Musiek 💃 Dans Baie geluk aan al ons leerders – julle harde werk, talent en kultuurliefde maak ons ongelooflik trots.

Nuwe leiers vir 2026
Met groot trots is die Leerlingraad vir 2026 vandag aangekondig. Hierdie groep leerders gaan in die komende jaar die leiding neem en saam bou aan ’n skoolgemeenskap waar gees, samewerking en trots die hartklop vorm. Die aanwysing van Volkskool se hoofseun en hoofdogter vir 2026 sal tydens ons jaarlikse prysuitdeling bekend gemaak word. Dit is ‘n besonderse oomblik waarna ons almal met opgewondenheid uitsien. Baie geluk aan elke nuwe lid van die Leerlingraad. Julle dra nou die fakkel van leierskap en ons weet dat julle met trots, waardes en passie sal lei.

Boer Ding dans
Ons Landbou Graad 11 seuns daag vandag Langenhoven Gimnasium uit om die Boer Ding te dans! Kan julle die ritme en gees opneem en die uitdaging volg? Kom wys ons julle moves – die Boer Ding wag!

ATKV en Landsdiens bring vreugde by Huis van der Graaff
Ons ATKV- en Landsdiens lede het vandag vir groot opwinding by Huis van der Graaff gesorg toe hulle saam met die inwoners ’n heerlike BINGO-sessie gespeel het. Die atmosfeer was vrolik en gesellig – elke nommer wat uitgeroep is, is met afwagting gevolg en daar was groot vreugde wanneer iemand ’n wen lyn voltooi het. Vir die leerders was dit ’n spesiale geleentheid om tyd, aandag en warmte met die inwoners te deel. Vir die inwoners was dit ’n dag vol laggies, stories en geselskap wat lank onthou gaan word.By Volkskool glo ons dat diensbaarheid en saamwees waardevolle lesse is...

Swellendam SuperSpar Tennis
Verlede Donderdag het Volkskool se top vier seuns en dogters tennisspelers koers gekies na Swellendam vir die jaarlikse Superspar Tennistoernooi. Die spelers het hul staal gewys teen skole soos Swellendam, Drostdy, Langenhoven, Montagu, Bredasdorp, Worcester Gim en Vredendal. Daar was groot hoogtepunte: Louwen Wolfaardt en AW Lamprecht was onoorwonne in hul enkels, met AW wat ‘n goue medalje ontvang het as die beste nr 4 speler van die toernooi. Rudolph Hein van Eeden en Kian Keyser het sterk vertonings gelewer. Ons dogters Alecia Louw, Sarah van Eeden, Janeske Bester en Chenoa Jeffrey het dapper vasgebyt teen taai teenstanders en waardevolle...
