Karnaval

Karnaval

Volkskool is trots gasheer van die Fun4U Fun Fair! 🎠Die Fun4u FunFair kom weer na Graaff-Reinet, maar hierdie keer op Hoër Volkskool se skoolgronde! Ons is trots om gasheer te wees vir hierdie kleurvolle karnaval op 12 en 13 September 2025. Dis ’n naweek wat beloof om vol lag, gees en gesinsplesier te wees: van heerlike kos- en kunsvlyt stalletjies tot adrenalien-gevulde ritte wat groot en klein gaan laat glimlag. Tye: Meer besonderhede oor pryse en roetes Kom kuier saam, ondersteun die skool, en geniet ‘n feesatmosfeer soos net Volkskool kan bied!

Gideon Scheepers Staproete

Gideon Scheepers Staproete

Ons Volksies het die pragtige Gideon Scheepers Trail, ’n 3 km roete net buite die dorp, gaan verken. Hierdie uitstappie het nie net vir heerlike saamwees gesorg nie, maar ons ook herinner aan die belangrikheid van natuur en omgewing.’n Waardige koppelvlak met Landsdiens en die ATKV. Tussen al die uitreike is dit kosbaar om soms stil te raak en net be besef: die natuur rondom ons is ongelooflik mooi, en ons is bevoorreg om dit te kan ervaar.

Strale van goud by die Camdeboo Eisteddfod

Strale van goud by die Camdeboo Eisteddfod

Tussen 20 en 22 Augustus het ons Volkskool-leerders by die Camdeboo Eisteddfod gewys dat talent en harde werk hand aan hand loop. Hulle het met trots die verhoog en kunsvloer betree en pragtige resultate behaal: Kuns – Karli van Rooyen – Goud – Mikha Enslin – Goud Voordrag & Drama – Jean van Wyngaard – Goud vir Drama & Goud vir Poësie – Mia Prinsloo – Goud Plus vir Drama & Goud Plus vir Poësie – Mieke Erasmus – Silwer vir Poësie – Zoë Campher – Goud Plus vir Poësie Baie geluk aan elke deelnemer – julle het nie net...

Oos-Kaap Boogskietspan

Oos-Kaap Boogskietspan

Met die pyle wat reguit mik en ’n blink pad vorentoe, ontvang ons Volksies wat die Oos-Kaap Boogskietspan gehaal het, hul besondere toekennings. 📸 Op die foto verskyn:Voor: Nushaan Beyers, Danel de Koker, Karli van Rooyen, Mikha Enslin. Agter:Conrad Kleyn, Michyle Mostert, John Read, Rikus Kleyn en Gerhard Coetzee.

Diens met hart

Diens met hart

Ons vier vandag die leerders wat tydens die Junie/Julie-vakansie deelgeneem het aan Landsdiens. Julle het gewys wat dit beteken om leiers te wees en die gemeenskap te dien. Elke daad van hulp en betrokkenheid maak ‘n verskil. 📸 Toekennings vir Landsdiens: bywoning van Streekskamp te Burgersdorp. Lisa du Toit, Luandre Rademan en Melanie van der Walt

Afrikaans 100 jaar

Afrikaans 100 jaar

‘n Taal wat leef by Volkskool ✨📖 By Hoër Volkskool is Afrikaans meer as net ’n vak – dit is deel van ons storie, ons erfenis en ons identiteit. Daarom is dit vir ons ’n groot vreugde dat die twee Afrikaanse klasse onlangs opgegradeer is, juis in die jaar waarin Afrikaans sy 100ste bestaansjaar vier. Die eerste klas bring hulde aan die ontstaan van Afrikaans. Hier kan leerders die taal se pad naspeur – van die taalmonument in Paarl, tot die woorde en gesigte van bekende Afrikaanse skrywers wat die taal se ryk skat laat groei het. Alles wat eg...

Senior redenaarswenner

Senior redenaarswenner

By vanjaar se Interskole het Anna-May Hayes, Volkskool se senior redenaarswenner, die gehoor diep geraak met haar toespraak. Sy het die unieke balans in Graaff-Reinet so mooi vasgevang: twee skole wat kragtig kompeteer, maar wat ook sáám die geleentheid skep vir ontwikkeling, groei en trots. Met opregte woorde het sy herinner dat Volkskool en Union mekaar nodig het – nie net op die sportveld en verhoog nie, maar ook in die vorming van jong mense. Hierdie gesonde kompetisie laat kinders hul beste gee, maar die groter wen is dat hulle sáám groei en mekaar se suksesse vier. ☀️ ‘n Spesiale...

WOW Spelfees

WOW Spelfees

Ons woordkampioene is deur na die volgende rondte van die WOW Spelfees. Hulle wys weer op 21 Augustus by Kroonvale Primêr, Graaff-Reinet dat Volksies trots kan spel! Op die foto verskyn: Elgemayne Solomons (Afrikaans), Chandre Damons (Afrikaans), Chelsea Hendricks (Afrikaans), Lenarsha Saku (Engels), Merlise Jaftha (Afrikaans), Kayden Job (Afrikaans), Veruschka Meshilinie (Afrikaans) en Amor Loff (Engels). Afwesig: Xavier Hafit (Engels)

Erekleure

Erekleure

Gemengde Gevegskuns, Hokkie en Ruiterkuns Ons vier die leerders wat hul Erekleure verdien het in gemengde gevegskuns, hokkie en ruiterkuns! Julle harde werk, fokus en toewyding word mooi erken. Julle wys wat dit beteken om toewyding, deursettingsvermoë en fokus te hê. Foto een: Erekleure vir Gemengde Gevegskuns Renaldo van der Westhuizen en Jean van Wyngaard. Afwesig: Reaglin Maarman Foto twee: Erekleure vir Hokkie Uné Groenewald en Alecia Louw Foto drie: Erekleure toekenning vir Ruiterkuns Phillip Ehlers, Tiaan Fourie en Marlie Fourie