Volkskool is op 30 Januarie 1922 ingewy. Op Woensdag, 23 Februarie 2022, het Volkskool sy verjaarsdag gevier. Feestelike dekor in die Kewertjie het bygedra tot ‘n heerlike aand, asook die viering van Volkskool se Eeufeesjaar. Die personeel van Weppie Preppie, Hoër Volkskool en Laer Volkskool het die kans benut om heerlik saam te kuier. Lesley-Ann van Heerden, voorsitter van die Eeufeeskomitee asook Kosie van Schalkwyk, voorsitter van die Oudskoliere het ook die aand saam gekuier. Dit is ‘n bedrywige jaar wat voorlê, maar as daar nou ‘n span is wat kan, dan is dit die Volkskoolspan! Foto’s: Matty van Rensburg

100 Jaar se Guns en Genade
Kom sê saam met ons dankie tydens ‘n Lofprysingsaand op Donderdag, 28 April 2022, in NG Grootkerk, Graaff Reinet. Retief Burger, ‘n Afrikaanse sanger van geestelike liedere, gaan die geleentheid lei. Sy debuutalbum, Luidkeels is in 2005 uitgereik. Leerlinge van Weppie Preppie sowel as Laer en Hoër Volkskool gaan die aand deel vorm van ‘n massakoor wat twee lofprysingsliedere saam met Retief gaan sing. Die geleentheid word gratis aangebied, maar ‘n vrywillige donasie sal gedurende die Lofprysingsaand opgeneem word. Die opbrengs sal aangewend word vir die bevordering van die geestelike programme wat daar tans in die drie skole aangebied word....

Nasionale Boogskietspan
Annelie Pieterse (graad 12) is ingesluit in die NASP SA Nasionale span wat vanaf 1 tot 3 Julie 2022 aan die “ALL AFRICA CHAMPIONSHIPS” te Kimberley gaan deelneem. Annelie neem aan die Hoërskool-afdeling deel en is een van sestien skuts in die span. Spanne van Namibië, Zimbabwe en Botswana gaan teen Suid-Afrika deelneem.

Netbal
Die eerste netbalspan is amptelik aangekondig en hulle eeufees sportklere is aan hulle oorhandig. Dit het tydens ‘n heerlike geselligheid saam met hulle ouers plaasgevind. Mag julle ‘n goeie sportjaar beleef.

Perdry
Tiaan Fourie het verlede naweek aan die perdeskou op Tarkastad deelgeneem. Hy het die volgende plasings in die saalperdafdeling behaal: 1ste: Driegang parkperd, ruiters 18 jaar en onder 1ste: Vyfgang plesierperd, ruiters 18 jaar en onder 1ste: Driegang ruiterkuns, ruiters 18 jaar en onderTiaan is ook aangewys as die Vyfgang Plesierperd Kampioen. Baie geluk, Tiaan.

Portuurleiers verkies
Bloedskenkgeleenthede is een van die hoogtepunte by Hoër Volkskool. Ons bied elke kwartaal hierdie geleentheid aan ons leerders om ontbaatsugtig van hulself te gee. Om hierdie geleentheid glad te laat verloop, verg dit baie goeie beplanning. Daarom kies ons elke jaar ‘n paar leerders wat as portuurleiers optree. Sodoende kan ons seker maak dat elkeen die geleentheid benut en dit help om bloedskenk ‘n positiewe ervaring te maak. FOTO: Ons portuurleiers vir 2022 is Jana Neethling, Zenke Enslin, Melandré Kombani, Sophia Louw, Elaine van Rensburg, Chequin Koopman, Suemari Burger en Megan Hendrikse (afwesig).Baie sterkte met julle werksaamhede vir 2022.

Tennis
Petrie van der Merwe (o.19 A-span) en Louwen Wolfaardt (o.15 B-span) neem hierdie naweek in Pretoria aan die Nasionale Interprovinsiale Toernooi vir SA Skole deel. Ons wens julle baie sterkte toe vir julle deelname!

Atletiek
Lliam van Heerden (graad 12) neem vandag in Germiston aan die o.19 driesprong tydens die SA Atletiekbyeenkoms deel. Baie sterkte, Lliam.

Swem
Izak Hattingh (graad 12), neem hierdie naweek aan die SA Vlak 3 Kampioenskappe te Port Elizabeth deel. Izak het goeie tye aangeteken tydens die interskole- en karoogala en selfs nuwe rekords opgestel. Baie sterkte vir die naweek, Izak!

Gill Sportfees – Sportuitslae
Hoër Volkskool se rugby-, hokkie- en netbalspanne het die afgelope naweek aan die Gill-Sportfees te Somerset Oos deelgeneem. Dit was regtig ‘n baie lekker dag en ons spelers het hul baie goed van hul taak gekwyt. Uitslae is as volg: Tweede hokkiespan: Speel teen Hoërskool Burgersdorp se eerste span: 0 – 3 Victoria Girls High se eerste span: 0 – 1 Hoërskool Brandwag se tweede span: 2 – 0 Netbal: Winterberg Landbouskool: 11 – 14 Hoërskool Hangklip: 15 – 7 Humansdorp Sekondere Skool: 11 – 17 Rugby: 0.14 speel teen Gill College: 22 – 12 0.15 speel teen Michausdal Sekondere...
