Tennis

Tennis

Petrie van der Merwe is Hoër Volkskool se tennis-fanatikus! As iemand na Petrie soek, kan jy maar verseker weet om instruksies tot by die skool se tennisbane te gee. Jy sal hom daar aantref – besig om, enigeen wat ‘n behoefte aan ekstra oefening het, ‘n bietjie rond te jaag met sy puik terughou plasings of die aanmoediging van sy tennismaat na ‘n goeie hou. Tennis is sy lewe en hy neem gereeld aan toernooie deel. Die SA Tennis Ope Mini-toernooi te Gqeberha het gedurende die naweek van 5 – 6 Maart 2022 plaasgevind. Hierdie toernooie lok belowende spelers van...

Atletiek

Atletiek

Die volgende atlete het wonderlik presteer in die afgelope atletiekseisoen. Hierdie vyf het deurgedring na die Oos-Kaap Kampioenskappe te Port Elizabeth en het die volgende plekke behaal: Ben-Lee Jooste: behaal ‘n algehele vyfde plek in seuns o.15 hoogspring met ‘n persoonlike beste van 1,5 meter. Valentino Johannes behaal ‘n algehele vyfde plek in die seuns o.15 800 meter met ‘n persoonlike beste van 2:09:72. Aiden Thiart behaal ‘n algehele vierde plek in die seuns o.14 hoogspring met ‘n hoogte van 1,4 meter. Annelie Viljoen behaal ‘n algehele vierde plek in die dogters o.19 gewigstoot met ‘n afstand van 8,75 meter....

HVS Hokkie

HVS Hokkie

HVS se eerste hokkiespan het Sondag, 6 Maart 2022, aan die Spar Hokkietoernooi te Grahamstad, deelgeneem. Hulle het hul eerste wedstryd teen Hoërskool Brandwag gespeel en 8 – 1 gewen. Hulle tweede wedstryd was teen Kingswood High en het 0 – 2 verloor. Hulle moes uitspeel vir die derde en vierde plek en het teen Victoria Girls High gespeel en die wedstryd 4 – 1 gewen. HVS eindig algeheel derde uit ses skole wat aan die kompetisie deelgeneem het.

Landsdiensbestuur

Landsdiensbestuur

Daar is ‘n groot oplewing in Landsdiens se deelname sedert die verligting van die streng Covid-19 regulasies en die ledetal het weer 50 lede oorskry.  Ingeskrewe lede het die geleentheid gehad om die bestuur te verkies en die volgende lede is verkies om die graad te verteenwoordig: Graad 8:  Inké Ferreira en Johan Jansen Graad 9:  Saré Viljoen Graad 10:  Darion Jooste Graad 12:  Annelie Viljoen  Foto:  Inké Ferreira, Darion Jooste, Annelie Viljoen, Saré Viljoen en Johan Jansen

Karoogala aangebied deur HVS

Karoogala aangebied deur HVS

22 Februarie het die jaarlikse Karoogala weer na Covid hervat.  Die skole wat aan die Hoërskole-kompetisie deelgeneem het, was Hoër Volkskool, Union High, Cradock Hoërskool, Gill College en Marlow. Die totale punte was: Meisies: 1 Union High 190 2 Hoër Volkskool 168 3 Gill College 17 4 Hoërskool Cradock 15 Seuns: 1 Hoër Volkskool 224 2 Union High 101 3 Marlow 59 4 Gill College 19 Algeheel wen Hoër Volkskool met 392 2 Union High 291 3e Marlow 59 4e Gill College met 36 5e Cradock Hoërskool 15 Daar is slegs een rekord verbeter deur Marlien Crewe-Brown in die 50m Borsslag-item....

Boogskiet

Boogskiet

Die skuts van Hoër Volkskool het die naweek deelgeneem aan ‘n boogskiet-kompetisie, wat deur Hoër Volkskool aangebied is. Ons skuts het baie goed gevaar.  Die uitslae was as volg:  Bullseye Dogters: Goud:Annelie Pieterse, Silwer: Zulaine Moster, Brons: Anna-May Hayes Seuns: Goud: Freddei van der Mescht, Brons: MAthys Oberholzer. 3D-afdeling: Dogters: Goud: Annelie Pieterse, Silwer: Anna-May Hayes Seuns: Goud: Lieben Bekker, Silwer: Mathys Oberholser. Van links na regs: Anna-May Hayes, Zulaine Mostert, Lieben Bekker,  Freddie van Der Mescht, Annelie Pieterse en Mathys Oberholzer.

Erekleure

Erekleure

Die volgende twee leerlinge het gekwalifiseer vir erekleure vir hul prestasies in hul onderskeie dissiplines: Tiaan Fourie:  Hy het die OP span verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse Nasionale Saalperd Kampioenskapp in Somerset-Oos.  Hier het hy gevorder tot by die finale rondte.  Johndre Ludick: Hy is gekies vir die OP 0.19 gholfspan wat in Kimberley gespeel het. Hier behaal hy ‘n algehele vierde plek. Hy het aan die  Johannesburg Ope deelgeneem en ‘n algehele sewende plek behaal.  Hy neem ook deel aan die Benoni Lake Toernooi, ook in Johannesburg, waar hy ‘n algehele vierde plek behaal het.  

Visvang

Visvang

Nico Coetzee het vroeer vanjaar deelgeneem aan die Nasionale Varswater Hengelkompetisie en het die President A Juniorspan verteenwoordig.  Die kompeitise het in Bloemhof plaasgevind. 

Krieket

Krieket

HVS se o.15-krieketspan het gister teen Gill College te Somerset Oos ‘n krieketwedstryd gespeel. Ons span het die wedstryd met tien paaltjies gewen. Martyn van der Walt is as die beste bouler en Louwen Wolfaardt as die beste kolwer vir die dag aangewys. Foto: Mia van Eeden