Boogskiet

Boogskiet

Gedurende 2020 het HVS se skuts aan ‘n deurlopende boogskietkompetisie deelgeneem, waarvan sommige byeenkomste virtueel was en ander byeenkomste wel aangebied is. Tydens die Nasionale Boogskietkompetisie wat in 2021 by Daniel Pienaar te Uitenhage gehou is, het Freddie van der Mescht en Annelie Pieterse deurgedring na die top 60 skuts in Suid-Afrika. Twee van HVS se boogskietafrigters, Mnr. Beyers Cronje en sy vrou, Carol, is ook ingesluit in die groep van die top 60 skuts. Die skuts neem op 12 Februarie aan ‘n kompetisie te Uitenhage deel om te kwalifiseer vir die Nasionale Span.

OP Tweekamp

OP Tweekamp

Hoër Volkskool het die afgelope naweek ‘n offisiële tweekampbyeenkoms op ons sportgronde en swemfasiliteit aangebied. Daar was heelwat deelnemers wat van Port-Elizabeth af gery het om aan die byeenkoms in die Karoo, deel te neem. Twee van HVS se leerders is tydens die byeenkoms in die OP spanne opgeneem: Hannes van der Merwe Seuns 0.15A Marlien Crewe-Brown Dogters 0.19A Hierdie twee atlete gaan aan die Interprovinsiale byeenkoms op 5 Februarie 2022 deelneem.

Swem

Swem

Marlien Crewe-Brown en Izak Hattingh het die afgelope vakansie aan ‘n A-groep gala te Port-Elizabeth deelgeneem. Beide leerders het aan die ope-afdeling deelgeneem en goed gevaar. Marlien het twee brons medaljes verower deur derde in die 200m borsslag en die 50m borsslag te eindig. Sy was ook vierde in die 100m borsslag en sesde in die 200m Individuele wisselslag.Izak was sesde in die 50m vlinderslag en sewende in beide die 100m en 200m vryslag. Hy was tiende in die 200m individuele wisselslag.Marlien is gekies om die OP by die Interprovinsiale gale te Oudtshoorn in borsslag te verteenwoordig. Albei hierdie swemmers...

Matrieks 2021

Matrieks 2021

Vrydag die 21ste Januarie het gesorg vir groot opgewondenheid met die bekendstelling van die Matriek 2021 finale uitslae. Hoër Volkskool Graaff-Reinet spog met 38 Vak A’s, 65% leerders wat kwalifiseer vir Baccalaureus grade en 28% leerders wat kwalifiseer vir Diplomas. Ons algehele slaagsyfer is 98.3% Ons Top 10: BAIE GELUK aan al die matrikulante van 2021.

Nasionale Jeugweek

Nasionale Jeugweek

Die Departement van Onderwys bied elke jaar ‘n jeugkamp aan en kies slegs ‘n paar skole om daaraan deel te neem. Ag van Hoër Volkskool se leerders het verlede week die voorreg gehad om vanjaar se jeugkamp te Jeffreysbaai by te woon. Venonique de Pearce vertel: Die jeugkamp het van 4 tot 10 Desember 2021 gestrek. Ons wou eers net hê dit moet al Vrydag wees sodat ons kan terug gaan huis toe, maar dinge het vinnig verander. Daar was verskeie mense van verskillende agtergrond en niemand het jou op die basis van jou geslag, ras, kultuur of geloof geoordeel...

Opwindende nuus

Opwindende nuus

Volkskool het 2 splinternuwe bussies oppad te danke aan ‘n ongelooflike borg. Dit bring die totaal van ons mini-busse na 4 wat ons in staat stel om busdienste aan koshuiskinders van omliggende dorpe te voorsien.

Kranslegging by St James Kerk

Kranslegging by St James Kerk

Op Sondag 14 November 2021, het die St James Kerk te Graaff-Reinet ‘n diens gehou ter herinnering aan soldate wat in die wêreldoorloë gesterf het. Hoër Volkskool se hoofleiers, Ruan Deysel en Chloé Stannard het die kranslegging by die St James Kerk bygewoon.

VCSV UITREIK:  “Volksies-gee-om”

VCSV UITREIK: “Volksies-gee-om”

Meneer en Mevrou Gorden en Wendy Stewart het ‘n nie winsgewende organisasie, genaamd “SonShine Care Group” wat daarop gemik is om na die behoeftes van kinders om te sien. Hulle help nie net kos en klere versprei in die gemeenskap van Aberdeen nie, maar maak dit ook moontlik vir ‘n paar leerders om in Hoër Volkskool te kan groei en presteer deur hulle skoolfonds en koshuisgelde te betaal en na hul algehele versorging en welstand om te sien. Op 9 November 2021 sê Hoër Volkskool dankie met die “Volksies-gee-om” projek van die VCSV. HVS en personeel het ‘n groot klomp,...

Prysuitdeling

Prysuitdeling

Hoër Volkskool het verlede Donderdag, 21 Oktober, ons jaarlikse prysuitdeling aangebied. Dit was die eerste keer in twee jaar wat ons ‘n relatiewe normale prysuitdeling kon hou. Leerders het gedurende die jaar baie hard gewerk om hierdie top toekennings te behaal. Die hoofleiers van die skool is aangewys en die leerlingraad en Huiskomitee van die koshuis is ingehuldig.  Top toekennings van die aand